Wallis se sege vererger Bokke se hoofpyne

wallis-draakWallis se oorwinning oor Ierland  in Vrydagaand se Sesnasieswedstryd in Cardiff kan verreikende gevolge vir Engeland én die Springbokke inhou.

Wallis het oplaas met nuwe vuur gespeel en met  22-9 geseëvier nadat die Rooi Drake rustyd met 8-6 voorgeloop het.

Die uitslag pas Engeland soos ʼn handskoen, want as die Rose Saterdagmiddag op Twickenham vir Skotland klop, is hulle vanjaar se Sesnasieskampioen, hoewel Engeland aanstaande Saterdag nog teen Ierland moet speel.

Die Engelse kan die Sesnasies wen selfs al verloor  hulle teen die Skotte en Iere, mits hulle twee bonuspunte insamel.

Vir die Bokke is dit Wallis se oorwinning oor Ierland  in Vrydagaand die Sesnasieswedstryd in Cardiff, kan verreikende gevolge vir Engeland én die Springbokke inhou.

Die Walliesers sal op Wêreldrugby se ranglys klim en die Bokke kan selfs tot sewende  afskuif. Dit kan pynlik vir Bokke wees en hul loting vir die 2019-Wêreldbekertoernooi  beïnvloed.

Wallis was met die rug teen die muur nadat die span, en hul spelpatroon, deur verskeie oudspelers gekritiseer is. Dit was net die regte medisyne, want Wallis het al 11 hul lynstane gewen, van Ierland s’n gesteel, stewig geskrum, en die losvoorspelers Sam Warburton, Justin Tipuric en Ross Moriarty het baie goed teen CJ Stander, Sean O’Brien en Jamie Heaslip meegeding.

Agterlangs het Leigh Halfpenny, George North en Rhys Webb straks hul plekke in die Britse en Ierse Leeus se toerspan na Nieu-Seeland bespreek.

Die Iere se welslae draai om die skakelpaar, Conor Murray en Jonny Sexton. As hulle vasgeknoop word en onder druk geplaas word, is die stryd halfpad gewonne …  en dis presies wat gebeur het.

Murray en Sexton het ʼn paar keer gelê en is vervang, maar dit was te laat. 

Puntemakers –

Wallis (8) 22: Drieë: George North 2, Jamie Roberts. Doelskoppe: Leigh Halfpenny 2. Strafdoel: Halfpenny.
Ierland (6) 9: Strafdoele: Jonny Sexton 2. Paddy Jackson 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Siestog! ·

Bwa hahaa haahhhaaaa ha..dankie Ac ,mbalula,en pietser wat ook al…Ai ha ja nee mooi boys jul weet wat jul doen en se dis duidelik..nr sewe is seker nie Te bad vir jul kwalifikasies nie…gigigi hehe..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.