Wallis-toets: Bokskande met die intrapslag

Daar is dieperliggende probleme in Suid-Afrikaanse rugby as om elke paar jaar net van afrigter te verander.

Ja, dinge kon nie so voortgaan onder Allister Coetzee nie, en ja, ʼn mens kan nie vir Rassie Erasmus op net een vertoning oordeel nie.

Maar Erasmus se termyn het met die intrapslag die wind van voor gekry toe die Rooi Drake die Springbokke Saterdagaand in Washington met 22-20 geklop het.

Is dit nie ʼn skande nie wanneer jy drie keer agtereenvolgens verloor teen ʼn span wat swakker as jy op die wêreldranglys is?

Jinne, mense, dit was boonop teen een van die mees uitgedunde Walliese spanne nóg. Wallis se beste spelers toer nie saam nie, is óf beseer óf nie beskikbaar nie, maar hul tweede- en derdevlakspelers is steeds goed genoeg om die Bokke bloedneus te gee.

Hoe is dit moontlik, met hul beperkte spelersgetalle?

Onthou gerus dat Walliesers ook eers ʼn paar dae gelede in Washington aangekom en dat hulle ook in die reën en op die nat veld met ʼn glibberige bal gespeel het.

Die Rooi Drake het boonop ʼn geelkaart gekry nadat die senter Owen Watkins die bal oor die doellyn geklap het. Een of twee van hul sleutelspelers is vroeg beseer, maar steeds kon die Bokke dit nie uitbuit nie.

Verskonings?

Die Bokke kon net twee of drie keer saamoefen; die nat veld het hulle gekortwiek; dit was ʼn span vol nuwelinge.

Nee, mense, daar is maande gelede al gekla oor die onsinnige besluit om die toets in Amerika te speel. Wie se besluit was dit?

Hoeveel oefenkampe is daar tydens die Superreeks gehou? Daar is wel belyningskampe gehou waar die spelers drie dae lank agter geslote deure ingelig is wat van hulle verwag word, maar van saamoefen was daar geen sprake nie. Daar was, soos voorsien kon word, nie die tyd daarvoor nie.

Ligpunte?

Die vertoning van André Esterhuizen was byna die enigste opflikkering, maar kom ons laat die res maar daar.

Nou wag Engeland.

Erasmus gaan die oorsese Bokke inspan, dit gaan droog op Ellispark wees, hy sal ʼn ervare span kies … maar ai, dit maak darem baie seer om te sien hoe Springbokrugby al hoe verder deur die modder gesleep word en daar links en regs kleure uitgedeel word.

Puntemakers ‒

Wallis (14) 22: Drieë: Hallos Amos, Tomos Williams, Elias Jenkins. Doelskoppe: Gareth Anscombe (2). Strafdoel: Anscombe.
Suid-Afrika (3) 20: Drieë: Travis Ismaiel, Makazole Mapimpi.  Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies, Robert du Preez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

jakes ·

Alhoewel die punteverskil net 2 was, is die algemene spel van die Bokke nie op standaard nie. Ten minste helfte van gisteraand se span gaan volgende saterdag in aksie wees teen England en as die Bokke nie n paar trappies beter gaan speel nie sien ek moeilikheid n myl ver aankom. Rugby is n span sport en gisteraand wou te veel spelers op eie houtjie probeer om die wedstryd te wen.

Niklaas ·

Ek het lanklaas so n vervelige wedstryd aanskou. Dan het ek die indruk gekry dat die afgewaterde sukkel Bokke bang is vir beserings. Ek sien maar swarigheid vir Bokke as dinge nie drasties verbeter betreffende aanval asook verdediging nie. Daar was min sterre aan SA kant op die veld . Gelukkig speel weinig van hulle teen Engeland komende Saterdag !

·

Haal asb die Spingbok af hulle verneder hom!!!! Sit n Donkie in sy plek want dit is waar julle ons Springbok nou het!

Ben ·

Stem, Tyd vir die springbokkie om verwyder te word. Die swak swak spel is deur onkunde en 1) tekort aan tegniese kennis van die afrigters en die spelers is nie op standaard nie. 2) Die skakelpare word nie so gekies nie en het nie die nodige vaardighede nie. 3) Die spelers kan nie skop nie, 4) verdedig nie, 5) Het nie Bal vaardighede 6) Skrum nie.
Gaan leer by die ouers Spelers – Begin by Paul Bayvel – Gerald Bosch.

Haan ·

Hierdie probleem kom nie van gister af nie. Hy kom al van ‘viereneentig af. Die twee wêreldbekers was goed, maar dis nou tyd om vrede te maak met die einde van n era. Tyd om die kassie af te sit en ons te wend tot belangriker dinge

Nico ·

Die probleem is daar was nog steeds te min ANC keuses in die span. Boet jy wat by Monnas die skool verlaat om in Frankryk te gaan speel doen die regte besluit. Ek doen al vir die afgelope 3 of 4 jaar ‘n beroep op ons skole spelers dat hulle na graad 12 oorsee moet gaan want hul geleenthede word net minner en ons rugby alhoe swakker. Die Le Roux seun van Monnas het nou die ys gebreek. As dit nou net momentum kan kry klop die europese lande ons met ons eie spelers oor so ‘n jaar of 10 van nou af.
Maroela gaan julle ook hierdie kommentaar nou afkeur?

Allan ·

Die “Springbok” word verneder, en die wonderlike geskiedenis en trots daarmee saam. Asb, ek stem saam met Ne’, haal hom af, maak dit nou maar “Zebras” of “Proteas”

Willem ·

En as hulle die naam na Boerbok toe sou verander, sal dit ‘n vernedering vir die boere wees.

Springbok liefhebber ·

Dis n jong span. Hou op kerm en kritiseer.
Gee hulle n kans!

Willem ·

Rassie wou met nuwe spelers die taak aanpak, hy het bykans alle “ou” hout uitgesny, hy wou nie bagasie van die verlede saam neem nie, maar nou het ons net donkies in die land wat oorgebly het na als getransformeer is, selfs die perd is na ‘n donkie transformeer. Jy kan van ‘n donkie ‘n beter donkie maak, maar jy kan nie van hom ‘n perd maak nie.

Vergeet nou maar van kwotas, dis nie meer die probleem nie, maar die donkie is.

AP JNR ·

Jy is absoluut in ontkenning. Jou tipe verskoning is al holrug gery. Probeer ‘n nuwe een.

What a joke! ·

Hoe lank al Springbok Liefhebber hoe lank sukkel hul en weer eens verskonings en nog maals verskonings en jy se ander moet ophou kerm…. You are in denial my friend just like AC en snorre ….kan die feit en probleem net nie sien vir wat dit is nie! Miskien moet jy eerder niks se nie!

DHK ·

@Springbok liefhebber,
As ons Japan was het jou kommentaar sin gemaak. Ons is egter Suid-Afrika – ‘n Land wat in die ou bedeling die enigste rugbyland was wat meer toetse teen enige land gewen het as wat ons verloor het. Selfs net ‘n skamele 11 jaar gelede was ons die wêreldkampioene. Dit het drasties verander weens die kwotastelsel. So moenie vir ons vertel ons moet ophou kerm en kritiseer nie.

bolla ·

DHK – Jy is verkeerd. NS het ‘n beter rekord teen alle ander spanne gehad (behalwe teen SA) en hul algehele wenpersentasie was ook baie beter as SA s’n. SA kan roem dat hy ‘n beter rekord teen NS gehad het maar dis ook al. Dis eintlik ‘n mite dat SA rugby so verskriklik sterk was, ons wenpersentasie was nie eers 70% nie.

DHK ·

Ag ou Bolla, die punt wat ek gemaak het is dat die Springbokke teen elke erkende rugbyland ‘n beter toetsrekord gehad het. In kort, selfs die All Blacks het in die ou bedeling meer toetse teen die Springbokke verloor as wat hulle gewen het. Ek het nêrens gesê dat die Springbokke ‘n groter algehele wenpersentasie as die All Blacks gehad het nie. Geen rugbyland kon voor 1994 daarop roem dat hulle meer toetse teen die Springbokke gewen het as wat hulle verloor het nie. En dis geen mite dat SA Rugby in daardie era sterk was nie, dis ‘n feit. Die rekordboeke getuig daarvan. En dis geen mite dat SA Rugby na 1994 tot nou die bespotting van wêreldrugby geraak het nie…

bolla ·

DHK – Dit het nogal gehelp dat SA geweier het om teen ander spanne se swart toetsspelers te speel né? Ons het verlang periodes nie teen NS se sterkste span gespeel nie as gevolg van die uitsluiting van Maori’s wat te donker van kleur was.

DHK ·

Nee wat Bolla, in 1928 is George Nepia nie gekies vir die toer na SA nie weens die feit dat hy ‘n Maori was. Maak een swaeltjie ‘n somer? In 1949 kort na die 2de wêreldoorlog was geen Maori in elk geval goed genoeg deur NS geag vir die All Black trui nie. In 1960 was hoogstens drie nie gekies vir die toer nie en in 1970 was vier goed genoeg en hulle het wel in SA kom toer. Slegs twee, Bryan Williams en Sid Going het die toetsspan gehaal. Die reeks was nogtans 3-1 deur die Bokke gewen – Maoris en al. So sluk dit maar, transformasie en kwotas is die ondergang van die eens trotse Springbok.

Willem ·

Jip, en dan moet Kolisi ook nog speel, dalk dra hy as kaptein die wa deur die drif. Wat ‘n nagmerrie sal dit wees as die”Bokke” daardie wedstryd moet verloor.

kolle ·

Engeland is baie sterker as Wallis C en ook tweede op die wereldranglys. Dis ‘n skande dat ons teen Wallis C verloor het.

Willem ·

En hoekom het Rassie dan nou met die klomp jongelinge in die span nie vir kaptein Kolisi gespeel nie? Ek het ‘n idee hy gaan ‘n haas uit die hoed trek die dag as kaptein Kolisi speel en die heel beste spelers beskikbaar kies, oorsee of te not. As hy die land se eerste swart Springbok kaptein moet ‘drop’ wil ek die kritiek nie beleef nie. Ons het al reeds ‘n Ashwin beleef, ons het nog nog een nodig nie, dit sal die doodskoot wees.

Michael ·

Ek stem saam haal dit af dit is mos n apartheids simbool so nou is die regte tyd om dit te doen terloops ek ken nie sokker so goed nie ek sien die sokker wereld beker begin oor tien dae hoekom speel die SA span dan nie daar nie?

Fred ·

Verander asb die naam na iets wat pas by die die land se brandende beeld. Kom ons bere die naam Springbok sodat ons dit met trots as deel van ons geskiedenis kan onthou. Ook nie die naam Protea nie – die blom verdien beslis beter.

LS ·

Dit het wallis amper 100 jaar gevat om die springbokke virdie eerste keer te klop. Nou het hulle dit al reggekry om die bokke 3 keer in 3 jaar te klop. Drie in ‘n ry…..

mirrie ·

asb ons is almal teleurgesteld maar gee die man n regverdige kans. sy pogings mag nie sin maak nie maar ek wil glo dat ons weer sal regkom.

@ Wesley en Rollie ·

Waar is WESLEY EN ROLLIE nou???? Hul se mos dit is n sterk span en dit is al hoe ons diepte gaan kry!!!! So wat se jul nou??? Beter om stil te bly VERAL as jy nie weet waarvan jy praat nie ne!
Ja nee ou Rassie kry vir jou!!! Jy is mos n BEE man nes ou rollie en weezley , transformasie voor meriete ne nes liberation before education….ai en die mense wonder hoekom RSA rugby so swak en opgedons is!!!!
SO jy het nou n lekker lat vir jou eie alie gepluk ou Rassie aangesien die druk nou net groter gaan word en op intrap slag te verloor …..

rollie ·

Kwota Du Preez het ons die game gekos. Hoekom blameer jy net die nie-blanke spelers?

What a joke! ·

Solank jul bly kies op n kwota sisteem en jul verloor dan moet jul kwota ondersteuners maar kritiek verwag veral as jul teen n span speel wat die Springbokke eens maklik kaf gedraf het en nou nie eens teen hul derde bestes kan wen nie!!!!Al die talent word oorsee gejaag oor nogmaals kwotas en mense wat in posisies sit en nie weet wat hul maak nie en die ekonomie verwoes…maar geld soek hul! Kies op meriete soos die Habanas en Chesters waar hul waardig in posisies gesit is omdat hul die bestes was…kwotas is n belediging vir sport en die spelers! Daar kom nog baie trane vir julle oor jul sisteem!Maar solank jul jul kwotas net bereik ne….Niks meer trots niks meer kwaliteit..

DHK ·

Want die afdwing van kwotas vanaf skolevlak regdeur tot by nasionale vlak het SA rugby onbereken- en onherstelbare skade berokken. Wie dit nie kan insien nie moet hul oë laat toets.

Callie ·

Dit is wat geld doen. Rassie weet voor sy siel hy kan nie met kwotas enige iets van belang wen nie. Hoekom doen hy dit dan. Hoekom sit hy openlik en verkondig dat hy glo hy kan wen en dat hy regtig eerlikwaar die beste spelers kies. Net vir geld glo my. Hoe verval integriteit so maklik. Hoe gooi jy jou naam so maklik weg. Net as geld jou koning is en jy een van die is wat polities korrek wil wees. Die wat die kultus aanhang dat alles wat wit is onaanvaarbaar is en dat swart moet seevier

Paul ·

Die geldkoek moet verdeel word, in al kleiner stukkies, maar verdeel sal hulle hom verdeel, vandaar dat die Springbokbaadjie aan ieder en elk in ongekende getalle uitgedeel word.

@Rollie ·

Jy wil n verswakte span insit wat ek twyfel of hul eintlik eers die derde bestes in die land is, wat swak begin en swak eindig en dan alles op een man op die einde blameer …So tipies wat jy wat van rugby af weet spreek boekdele oor jou kommentaar!!! Jul soort wat net fokus op transformasie en politieke inmenging in sport het bok rugby verwoes en tot op die standaard wat jul ken gebring en geniet….power!,Gee nie om oor kwaliteit net kwantieit…..Nog n ding hoekom is sokker dan so eenkleurig MAAR NOGSTEEDS DOER ONDER OP DIE WERELD RANGLYS HUH ,hul kan eers kwalifiseer vir die wereldbeker nie hehehe! Die treurmare ag askuus treur jare gaan nog lank voort duur so lank jul nie fokus op die bestes nie en hul almal oorsee toe verjaag! Ek stem 100% saam sit eerder n donkie op as die embleem….

Frans C ·

‘n Mens kan nie spelers bymekaar plaas en goeie rugby verwag nie.Rugby wentel om kombinasies en dit neem gewoonlik ‘n seisoen of twee vir kombinasies om te ontwikkel.

Om die rede kon ek nie Rassie se samestelling van die span verstaan nie.Dit is duidelik uit die spel dat spelers absoluut vreemd vir mekaar was,dikwels net gestaan en kyk het by veral die afbreekpunte wat gebeur.

As jy Esterhuizen speel ,speel hom dan met sy gereelde sentermaat ens.Dit was nog ‘n groter fout om Robert Du Preez laat in die wedstryd in te bring.Dit was sy skoppogings wat afgestorm is en tot ‘n drie gelei het wat die Bokke die wedstryd gekos het.

Suid Afrika begin alhoemeer die prys betaal vir die feit dat daar geen eenvormige rugbypatroon is Suid Afrika beoefenword nie,want dit is duidelik dat spelers net goed speel in die patrone waaraan hul gewoond is.

Haal hul daar uit en hul spartel soos visse op dooie grond en kom by tye lomp en onbeholpe voor.Die tye wat Suid Afrika oor ‘n dominante span soos die Bulle in Superrugby beskik het wat die kern van ‘n Springbokspan kon uitmaak is verby.

Ander lande het Suid Afrika ingehaal en verby gesteek en dit het niks met kleur te doen nie.Spelers van kleur speel uistekend onder ander afrigters.Kyk maar na Europese spanne.

Veritas ·

Die fout lê nie by die Bokafrigtingspan nie. Die probleem strek veel wyer. Dit begin by trots. Toe die Springbok op sy sterkste was, was die eer, om vir die span te speel, die dryfkrag agter die sukses. Vandag gaan dit oor geld en aansien. Geen Springbok kan trots wees op die gehalte spel wat aan die ondersteuners opgedis word nie maar môre loop al wat speler is weer breëbors met sy Bokbaadjie aan. Trots het plek gemaak vir aansien. Die einde van die, eens magtige en gevreesde Bokke, het aangebreek en daarmee saam, die einde van ‘n ondersteunerskorps wat deur dik en dun agter hul span gestaan het. Die negatiewe kommentare hier, is ‘n sprekende bewys hiervan.

Paul ·

Die geldkoek moet verdeel word, in al kleiner stukkies, maar verdeel sal hulle hom verdeel, vandaar dat die Springbokbaadjie aan ieder en elk in ongekende getalle uitgedeel word.

Stephanus ·

Ons moet doodeenvoudig begin gewoond raak aan verloor want dit gaan nog baie gebeur.

Josua Keys ·

Ek het ook na die wedsrtyd gekyk en moet ek sê dit was nie alles sleg nie maar om die verskoning te gebruik dat dit n jong span is-is bul!!!! Rassie het spelers gekies “wat volgens hom die beste in die land is ” dan moet hulle mos saam kan “Click” nie waar nie???? Ons het teen ‘n verswakte Walliese span verloor mense, een wat ons normaalweg met n groot telling sou wen. As ek die wedsrtyd moet ontleed is daar een groot probleem in SA se rugby en dit is dat ons spelers ‘n toetaal onkunde in bal hantering het, skole rugby is tans ver beter wat dit aanbetref. Andre Esterhuizen storm bv binne in die spelers in en gee skielik n aangee na Jantjies nog voor hy behoorlik die verdediger intrek, Jantjies probeer soos Barret speel en tik skop soos sy #@#@, spelers wat die bal aangee sonder om te kyk waar die man langs hulle is, spelers wat nie gapings kan skep nie ek praat nie van dood hardloop en dink dit is gaping skep nie maar om spelers in te trek en die bal op kritieke tye te offload dit ongelukkig mense is “skills” en kan nie vir ‘n speler geleer word nie dit moet vanself kom en hier is ek jammer om te sê is Europa ons ver voor. Jammer ou Rassie maar ek dink daar lê ‘n moielike pad vir jou voor!!!! Wie weet dalk is die “skills” verroes en kort bietjie aanwakker.

king kong . ·

Jantjies kan nie onder druk speel nie,as sy voorry op die agtervoet is disintegreer sy spel…is hy die beste of selfs tweede beste in Suid Afrika nee ek dink nie so nie!

Andries ·

Nope, nie ‘n Sebra nie, dit was die ou Suidwes se wapen en kan hulle geskiedenis nie so minag om dit aan die morsjorse te kpoppel nie.

Ralph ·

Andries, was die twee sebras nie op die ou Natal rugby embleem nie?

Paul ·

Ongeag, is dit tverblydend om te sien hoeveel mense werklik omgee, die aantal wat die berig lees, die kommentare.

Oom Piet ·

Kom gee vir Rassie ‘n kans om sy voete te vind . Hoeveel besigheidsmanne het bankrot gespeel en nie moed op gegee nie maar ‘n sukses van hulle besighde gemaak deur aan te hou . Ek is seker oor ‘n tydperk sal daar positiewe veranderinge in ons rugby wees en ons weer trots sal wees op ons rugby.

Paul ·

Mens oefen nie as die toppos aan jou toegeken is nie, dan moet jy uit die wegspringblokke kom en presteer!

Frans C ·

Dit is nie Rassie wat sy voete moet vind nie.Dit is die spelers wat hul voete moet vind.
As jy by enige werkgewer sulke swak prestasies lewer kan jy maar ‘n bonus en verhoging
op jou maag skryf en met jou hemp afvee.

Oom Piet ·

Kom gee vir Rassie ‘n kans om sy voete te vind . Hoeveel besigheidsmanne het bankrot gespeel en nie moed op gegee nie maar ‘n sukses van hulle besighde gemaak deur aan te hou . Ek is seker oor ‘n tydperk sal daar positiewe veranderinge in ons rugby wees en ons weer trots sal wees op ons rugby.

Jo ·

Wragtag Piet en Pieter feitlik al julle beriggewing oor SA rugby (Bokke & Supersport reeks) en SA spelers in ander ruby (Top 14) is negatief! En natuurlik hardloop al julle negatiewe “kenners” lekker saam. Die realiste besef daar is harde werk voor maar ook dat elkeen geregtig is op ‘n kans om homself te bewys. Dan word ras en politiek ook WEER bygesleep! SIES!

Lourens ·

Springbok rugby word ‘n verleentheid.. ek het werklik gehoop Rassie sal wegbeweeg van stampkar en opskop rugby.. heelaas nie.. dit sal sekerlik voortgaan tot die wederkoms.

Lourens ·

Springbok rugby word ‘n verleentheid.. ek het werklik gehoop Rassie sal wegbeweeg van stampkar en opskop rugby.. heelaas nie.. dit sal sekerlik voortgaan tot die wederkoms.

Willem ·

Die uitdeel van Springbokbaadjies is soos die toekenning van grond.

Ook realisties ·

So van galbrakery het ek nog nie gehoor nie? Is ook nie heeltemal tevrede met wat ek gesien het nie, maar alles was nie sleg nie? Daar lê beslis harde werk voor. Mooi teruggekom in 2e helfte. 15 splinternuwe kombinasies, nat veld, have a heart? Hou op met “moan” asb tog?

Koos1 ·

Speel maar al julle wedstryde in die VSA asb. Dit gee my rede om nie te kyk nie, en meer tyd te bestee aan iets wat nader aan die hart lê. #niemeerrugbykyker.

Brannas ·

Ek was te geblaas by die tyd wat die game gespeel is dat ek nie veel kan onthou nie. Gelukkig het ek dit gerecord. Of ongelukkig. Vanoggend moes ek vinnig kyk om te onthou wat gebeur het en iemand vra my wat ek van die game gedink het. Die game het goed gelyk in fast forward, maar in normale tyd was dit maar droewig. Die enigste positiewe ding waaraan ek kon dink was Rassie se uithou vermoee. Ek meen hy sit nou al agter die coach pos vir jare. Tot snorre en toetie het hom geklop as baas breier. Maar vas klou kan ons Rassie. Go Despatch. My raad is gee die man sy ligte terug dat die spannetjie ten minste kan sien in watter rigting hulle moet hardloop. Vriendelike groete. Met ys ja….

SjN ·

Cheers Brannas, laat hy val waar hy wil, net nie op die grond nie.

Sam ·

Die waarheid is nou maar so: Nes ons geliefde, vooruitstrewende land iets van die verlede is, is dit ook ikabod met ons eens geliefde Springbok rugby wat ‘n trots en warmte in ons harte gebring het.

Dis nou maar net ‘n leë wind van verandering en vernietiging wat oorbly …

Paul ·

Dit was tradisie, Saterdae na rugby het ons bymekaargekom, gebraai, ‘n glasie geskink., lekker lang stories gesels.

Frans C ·

Die eerste helfte van die junior Bokke se wedstryd is verby en na talle waarskuwings kry Bokkies geelkaart,Die junior Bokke sukkel,met Willemse wat ‘n strafskop kantlyn toe verbrou en die bal agter die hoekvlag uitskop.

Junior Iere se vaardighede is baie beter as junior Bokke en as hul nie drasties verbeter nie gaan ons saam met hulle trane huil.Hoekom lyk ons skole en Varsitie rugby goed,maar sukkel dit op internasionale vlak.

As daar op junior internasionale vlak gesukkel word-hoe kan dit dan beter op senior vlak gaan?

bolla ·

Ons skole en varsity spanne speel ook maar teen locals, moeilik om die kwaliteit te bepaal as hulle nie internasionaal speel nie.

bolla ·

Ek het nie die wedstryd gesien nie maar na wat ek verneem, is mense nie so seer ongelukkig oor die verloor nie maar meer oor die spelpatroon. Blykbaar is dit nou terug na up and under en hoop van die beste en doellose skoppery oor die algemeen. Klink nie goed nie.

Dereck Le Roux. ·

Dit gaan nog baie baie jare vat om springbokrugby te probeer regruk, dit het te maklik geword om ‘n springbok te word en jammer vir al die rugby fanatici, Rassie Erasmus en die hele Saru gaan dit nie regkry nie so moenie julle tyd en geld mors deur dasrna te kyk nie, daar is baie beter dinge om te doen as om na ‘n politieke getjommel met springboktruie op ‘n Saterdag na te kyk.

Willem ·

Amen, net, dit sal nooit in der ewigheid reggeruk kan word nie.

Eugene ·

Die probleem is die spelers! Geen trots meer nie. Betaal hulle die helfte minder vir n verloor.

Peter ·

Ek stem @Eugene, dis omdat elke 2de speler n Bok word, sonder om dit te verdien (ek praat nie van kwotas nie) was altyd n eer om Bok te word, maar nou lyk dit die manne dink dis n reg.

Ruan ·

Ek stem saam, Ek dink dit was ‘n goeie game gewees. Ja ons het simpel voute gemaak maar in enige game gaan dit so. Gee hulle kans op bietjie saam te bou. Kry als die jaar reg, jou span en spel patroon en veral spelers om die beker volgende jaar huis toe te bring.

Petrus ·

Haha, ek hou van al die klagtes omtrent die Bokke! Ek persoonlik dink die jong span en proefnemings was ‘n goeie idee. Vir jare al kla mense omdat daar nie meer proef wedstryde voor die kies van ‘n Bokspan is nie. Nou het ons Super 14 en geleenthede soos die. Gebruik ‘n speler sy kans, goed vir hom. Spelers nie op een wedstryd geoordeel word nie. Ook kan Rassie nie oor een wedstryd gekruisig word nie.
Hy het Spelers met min tot geen selfvertoue oorgeneem en het baie werk om te doen voor ons oor sukses kan juig. Dit gaan nie in een wedtryd gebeur nie! Verloor is nie die einde nie, dit is die begin van ‘n hopenlik beter toekoms in SA rugby. Daar is genoeg bruin, wit en swart spelers in SA om ‘n goeie span te kies. Gee Rassie en die spelers kans. Hy moet net nie soos ons vorige afrigters beseerde spelers kies wat maande lank beseer was nie, en ook nie witbroodjies kies nie. Jy kies die beste en fikste, dan sal ons nie kan kla. Spelers wat nie met trots speel en nie hul werk soos verdedig en ander doen nie, moet hul plek verloor. Indien dit nie gebeur, kan ons begin kla.
HOU ook asseblief op om politiek te veroordeel en van kwota spelers te praat. Dit bemoedig niemand nie, en beslis nie die spelers nie. Gee positiewe kritiek en wees ‘n sportman af van die veld met jou kritiek…Opgevoed!

ne ·

Ja! Groot asseblief!!! Verander die naam Springbokke. Julle doen die arme diere ‘n onreg aan. Laat hulle liewer ‘n ander naam kry wat by die span pas. Wat van “sitbokke”????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.