Wallis vlek óók die Bokke se leemtes oop

Die erosie wat plaasgevind het, het jare gelede al gans te veel van Springbokrugby se onoorwinlikheid weggekalwe.

Nou word dit heeltemal deur die teenstanders uitgebuit, want dit is nie meer ʼn verrassing om die Bokke te klop nie.

Wallis het Saterdagaand in Cardiff (ook) die Springbokke ook bloedneus gegee en die toetswedstryd met 20-11 gewen nadat die Rooi Drake rustyd met 14-3 voor was.

Die Springbokke se jaareindtoer het dus op ʼn laagtepunt geëindig ‒ en met ʼn wenpersentasie van slegs 50% in die seisoen se 12 wedstryde wag daar kwaai kopkrap en baie vrae op die Springbokafrigter, Rassie Erasmus.

Was dit die beste Springbokspan wat gekies is? ʼn Mens kan onomwonde sê ja, want daar is nie baie beter spelers in Suid-Afrika nie.

Is die regte taktiek teen Wallis (en wat ook teen die Franse gebruik is) gevolg?

Nee. Kom ons wees eerlik, Suid-Afrikaanse rugby het lankal nie meer taktiese losskakels soos ʼn Gerald Bosch en Naas Botha om te oorheers nie.

Die Bokke se huidige skrumskakels kan ook nie een kers vashou by iemand soos ʼn Fourie du Preez nie.

Dit laat die vraag: Waarom word daar so gespeel?

Ja, ’n mens kan verskonings soek en jy kan positief probeer bly. Maar die vraag bly of daar lig in die tonnel is, al is Wallis derde op die wêreldranglys en nou in hul laaste nege wedstryde onoorwonne?.

Die Bokke is slegs vyfde, maar jinne, om darem nou vier keer agtereenvolgens en vyf keer in die laaste ses kragmetings teen Wallis te verloor, is mos geen getuigskrif nie.

Wat óók al weke lank krap, is Erasmus-hulle se besluit om die spelers net ná rustyd te verander, soos met Malcolm Marx gedoen is.

Baie ander internasionale spanne doen dit ook, maar verbreek dit nie kontinuïteit nie? Verloor ʼn span nie daardeur te veel momentum nie?

Ook is daar die ou-ou sêding in rugby wat ʼn mens laat kopkrap. Wanneer jy (veral kort voor of net ná rustyd) kans kry om pale toe te skop, dan doen jy dit.

Het die Bokke enigsins verdien om te wen?

Nee, al het hulle meer besit gehad, verder met die bal gevorder en meer aangeë gemaak. Hulle het ook meer foute gemaak en kanse verspeel.

Wallis was slimmer, en dít maak die neerlaag so seer.

Puntemakers ‒

Wallis (14) 20: Drieë: Tomas Francis, Liam Williams. Doelskoppe: Gareth Anscombe (2). Strafdoele: Dan Biggar (2).
Suid-Afrika (3) 11: Drie: Jesse Kriel. Strafdoele: Handré Pollard, Elton Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

H.A. ·

Verander die Springbok naam nou eenmaal na Dooie Hout… hie hie !

kallie ·

AC verloor net 4 wedstryde die hele jaar en word soos ‘n hond weggejaag. Rassie verloor 7 en bly ‘n hero. Ek het gedink AC se wedstrydplan is konserwatief maar Rassie vat die koek. Useless afrigter.

Miskien so Kallie.. ·

Maar lanklaas as ooit is die Bokke 57-0 afgeslag en nog n klomp ander rekord nederlae onder dieselfde afrigter..
Pos daai Stick ou wat weet hy,pos kolisi pos de ellende?? As jy nie eens die basies kan reg doen soos hantering en vang nie hoe kan jy verwag om te wen??? Niks verrassings met die verloor nie…

kallie ·

Ek vat net 4 verlore teenoor 7 verlore enige dag. 4 swak dae op kantoor teenoor ‘n algemene swak tendens van 7 swak dae op kantoor. Geen vergelyking nie.

Kosie ·

Useless kaptein en flank. Verloor 7 en bly ‘n hero. Pos hom.

Boksemdaais ·

Rugby beleef soos alles in SA, die gevolge van die “brain drain” – uitmuntende spelers soek hulle heil eerder oorsee weens politieke inmenging in die sport; daarom dat Wallis ‘slimmer’ lyk. Dis glad nie meer moeilik om slimmer of sterker te wees as die Bokke nie! Miskien sal ‘n kommissie van ondersoek of beraad of werkswinkel gehou moet word – dis mos gewoonlik die antwoord op alles wat polities ineenstort in SA.

Herman Goosen ·

‘n Gepaste uitslag vir ‘n potensiele kampioen span wat ‘n verkeerde beleid volg. Swak besluitneming hoort gestraf te word en die meeste professionele opponente sal slim genoeg wees om dit te doen. Nog ‘n fantastiese instelling van die ou Suid Afrika wat wanbestuur is

All Black ·

Die Bokke kort n beter afrigtingsspan en n beter kaptein. Maar SA is mos happy met 50%.

Hendrik UAE ·

Plan A hardloop deur die opponent.
Plan B ”skop up and under”

Paul ·

En as jy die opponent met die bal in jou hand uit die grond uit hardloop is dit reg, maar o wee, laat hy jou nou net duik of in jou vashardloop sonder om sy hande te gebruik, dan het hy sommer al tien gebooie verbreek. Wat vir die een geld moet mos ook vir die ander geld?

Nico ·

Rassie moet ophou sogenaand tegnies wees en die manne laat rugby speel. Afrigters verkondig graag hoe die spel verander het. Die spel is nog altyd dieselfde. Dit is mense sois Rassie wat dit wil verander maar mirs dit dan op. Hy hou vol met Delendig wat net jyk hoeveel keer kan hy hom disnis hardloop teen oponente en wat word van daardie bal as hulle hom terug wen? Niks. Ditto die nr. 8. Ek wil vir Rassie vra gaan sit met jou soan en gaan kyk na ou video’s waar Naas, Carel en Danie gedoeel het. Kyk hoe word daar gehardloop met die bal en hoe ondersteun die spelers mekaar. Dit is mos rugby gewees sonder TEGNIESE fieterjasies.

rugbymal ·

Nogal n paar goeie moewies op Tv…op 14 – 0 ontdek. Gaan nie meer familietyd opoffer vir rugby nie. Hartseer…was altyd een van my grootste vreugdes van kindsbeen af. Onthou hoe ek en my seuntjie 4uur in die more ingeskuif het voor die tv om SA vs NZ te kyk. Helaas daardie passie het verby gegaan. Klaar met ” springbok moewies” waar die hero’s elke keer verloor. Sela

Henk ·

Werklik!!?? Daar is nie beter spelers nie!!?? Jy val die skrumskakels en die losskakels aan. Maar kom ek herinner jou na die vele berigte waar jy dieselfde lisskakels verafgod het. Bosch en Botha se tyd is al so lank terug verby ek glo nie daar is veel mense wat meer lewe en weet hoe hulle gespeel het nie. Sederdien was daar vele briljante losskakels. Wat wereldbekers gewen het. Maar wat my verstand te bowe gaan is die feit dat niemand die leemtes op senter kan sien nie. Waarom word Ruhan Nel teen n helse koste saam gery maar hy kry nooit kans om homself te bewys nie. DeAllende op die anderhand wys wedstryd vir wedstryd dat hy nie n binnesenter se gat werd is nie maar hy bly in die span. Iets soos john smit wat ten koste van die pensionaris Brits in ons bokspan gehou is. Ons het in elk geval geen agterlyn en verdediging afrigting nie. Die agterlyn is doelloos.

Smirre ·

Agterlyn is moedeloos verby. Vleuels kom in op verdediging Wallis slim gooi bal bo oor hul koppe, Kolisi en tuindwerg mis die duikslag 5 vir Wallis in die hoek. Die Ellende het die verbeelding en spasie skep vermoe van ‘n bokkom maar hy bly wedstryd na wedstryd gekies word. Dan die afrigter……lyk of ou Rassie nou ‘n “stick” for sy agterwereld gepluk het.

Posduif ·

Bokke is hulle eie grootste probleem. Rasie het geen game plan nie, geen verrasingselement nie. Hulle skop te veel, en as hulle skop is dit weggeebal.

kallie ·

Fiji klop Frankryk op ‘n drafstappie, ons skuur deur in beseringstyd. Wys jou. Verlede jaar verloor ons net-net teen Wallis. SARU kon baie geld gespaar het om maar vir AC te behou, daar is geen verbetering onder Rassie nie inteendeel……

Swartwolf ·

Die vrot het onder toetie versnel. Die span het hul waardesisteem en trots onder hom verloor. Hy is moedeloos as afrigter. Jou hom in Japan.

What a joke! ·

Kallie AC was useless en AC is verby…finish en klaar…Laat dit nou insink genade..
Bou n brug , pik n traan en kom tog daar oor asb….

Uiltjie ·

Dit gaan nou net van SWAK tot swakker! Ag nee! Waar is Jean – Luc en Dan du Preez. Ek glo hulle sou gister n verskil gemaak het. Dit lyk my hoeka Rassie get “scores to settle” met ouens wat saam met hom gespeel het! Daai balhantering van die Bokke skree ten hemele!

Spike ·

Ellende gee nie ñ bal uit nie en hardloop skuins. Hoekom is Papier vervang. Wat kan jy beter verwag van agterlynafrigter Stick en begin twyfel in Rassie ook. Sit Willemse op 10, Pollard 12. Leer Dyanti om op sy plek te verdedig, maar weer Stick kan dit nie raaksien en hom leër nie.

What a joke! ·

Stick ai ja nee wat n politiese korrektheid grap….! En dit die onbevoegheid wys….
Die Ellende sal net voort voeter met hom daar,ewige afwesige kolisi en Stick ai ou Stick hoe de #@@#@ het daai ou ooit daai pos geland!???? Wat n grap!!! Hy kan nie daai werk doen nie want hy weet nie wat hy eintlik daar moet maak nie??? Watter ondervinding het Stick?? Wat het hy al ooit vermag in afrigting dat hy goed genoeg geag word om die werfbokke af te rig!!! Ja nee die sirkus duur voort!!!

Smirre ·

Churchill het gese hoe verder jy in die verlede kyk hoe verder kan jy in die toekoms sien. Springbokke was ‘n wereld krag. Wenpersentasie neem die afgelope 10 jr af met rasse skrede. Wenpersentasies:

1891-2007: 66%
2008-2018: 60% en 2018 alleen 50%.

Die toekoms lyk maar sleg dink 50% is die nuwe realiteit. 300 SA spelers speel oorsee, met spelers wat toetsrugby vir lande speel wat die bokke klop. Heel toevallig gaan die afname in wenpersentasie hand aan hand met die afrigter se kwota doelwitte gestel deur die ANC. Die jaar moes Rassie gemiddeld 45% spelers van kleur oor die 80 min van ‘n toets op die veld he. Volgende jaar is dit 50%. Bokke hou aan met die kwota kaptein wat uiters swak lei, agterlyn afrigter Stick ? Waar het hy bewys hy is ‘n afrigter wat op toetsvlak kan afrig? Dan die spelers – baie van die 300 wat oorsee speel is stukke beter as van die in die huidige span. Selfs ‘n internasionale afrigter het in die publiek gese SA is die enigste toetsland wat NIE die sterkste moontlike span kies nie. So my sinopses is dat dinge oor die lang termyn net vrotter sal raak.

JJP ·

Ek verskil van die skrywer van die artikel. Dit is verseker nie die beste span wat gekies is nie. Dit is ook nie die beste kaptein nie, Erasmus is te gedienstig aan die ANC en dit is die rede hoekom hy n rekord het van 50% verloor toetse het.

Callie ·

Dis lekker. En volgende jaar moet daar nog meer kwotas in span wees. Rassie, die geld hoop ek is genoeg dat jy totaal uit ruby gaan uitgaan na volgende jaar se debakel wat kom

LHS ·

Nog alles wat ek die hele tyd oor Erasmus se aanstelling as direkteur van rugby en toe sy eie aanstelling as afrigter, sy uitsluiting van die top franchise spelers ten koste van onbeholpe gemiddelde spelers, word nooit deur Maroela geplaas, wie beskerm vir wie?

Nico ·

Rassie is nie regtig bekommerd oor sy job nie. Hy sit in die pond seats met sy MIDAS pakkie in die bank. Hy kan lekker op sy stoep gaan sit en aftree met sy MIDAS pakkie. Dis tyd dat afrigters en spelers betaal wird volgens resultate soos Harry Viljoen wou doen maar toe word daar gehuil want dan sou bokje weer amateurs wees soos hulke in elkgeval is. Wat het Rassie werklik as afrigter bereik? Het by Cheetahs sukses behaal as onbekende faktor en met stampkar rugby wat toe nog gewerk het maar nou uitgedien is. By WP het hy gou handdoek ingegooi omdat hy onbevoeg was en dit wys nog steeds.

Johan ·

Waar is Ruan Jansen van Rensburg?Hoe is dit moontlik dat Bok agterlyn nie weet hoe om op te gaan met verdedigingslyn nie?Elendeling drift op defence terwyl Kriel en vleuls op skiet uit die blokke wat Bolt sal skaam maak.Gedink die skop en hoop taktiek is eenmaal onder Rassie iets van die verlede maar dit wys net jou verbeeldingloosheid op die aanval.Rassie moet nou geparadeer word Soos AC om te verduidelik hoekoem hy nie gefaks moet word nie.

koos ·

SARugby plan.
1. Baklei vir die bal.
2. Skop dit terug vir jou oponente.
3. Herhaal.
4. Vertel die hele wêreld dat ons span bou.

Frans C ·

Die Bokke was swak,maar die skeidsregter in my opinie in sommige opsigte nog swakker.
Hierdie versoolde Engelsman,Wallieser van geboort het toegelaat dat sy ou landgenote met moord wegkom in die lynstane en die onkantlyn reël klokmaat oortree.

Nou help dit ook nie dat Kriel ewe lustig op ‘n geelkaart aandring en toe die skeidsregter
nog verder eenkant toe swaai.Wallis se twee drieë het nie gekom van goeie spel van hul kant af nie maar swak verdediging.

Die Bokke met Bostik (Toks se naam vir hom) de Allende kan eenvoudig nie ‘n eenvoudige verdedigingspatroon toepas nie.Die vleuels kom klokslag binneveld toe,waarskynlik agv verbroude laagvatte en los ruimtes oop so groot dat ‘n kar en perde daarin kan draai.

Nou help dit ook nie dat ons ‘n kaptein het wat nie sy mond kan oopmaak nie.Ons kort ‘n harde gat ou soos John Eales wat Watson vertel het dat as hy voortgaan om die All Blacks te begunstig,neem hy sy span van die veld af.

Snaaks en in die wedstryd blaas Watson later toe veel minder eensydig.Nouja met blompotte as assistente moet ‘n mens die een maar op die ken vat en huistoe gaan.

Christo ·

Weet nie waar kom hul aan die Stick ,geen wedstryd plan ,net swak ,en die Kaptein ?? hy sal nie eers plek kry in enige ander oorsese span nie ,dalk Klub spanne ,sy mond vol tande en geen insig ???

Smirre ·

Churchill het gese hoe verder jy in die verlede kyk hoe verder kan jy in die toekoms sien. Springbokke was ‘n wereld krag. Wenpersentasie neem die afgelope 10 jr af met rasse skrede. Wenpersentasies:

1891-2007: 66%
2008-2018: 60% en 2018 alleen 50%.

Die toekoms lyk maar sleg dink 50% is die nuwe realiteit. 300 SA spelers speel oorsee, met spelers wat toetsrugby vir lande speel wat die bokke klop. Heel toevallig gaan die afname in wenpersentasie hand aan hand met die afrigter se kwota doelwitte gestel deur die ANC. Die jaar moes Rassie gemiddeld 45% spelers van kleur oor die 80 min van ‘n toets op die veld he. Volgende jaar is dit 50%. Bokke hou aan met die kwota kaptein wat uiters swak lei, agterlyn afrigter Stick ? Waar het hy bewys hy is ‘n afrigter wat op toetsvlak kan afrig? Dan die spelers – baie van die 300 wat oorsee speel is stukke beter as van die in die huidige span. Selfs ‘n internasionale afrigter het in die publiek gese SA is die enigste toetsland wat NIE die sterkste moontlike span kies nie. So my sinopses is dat dinge oor die lang termyn net vrotter sal raak.

Allac ·

Die goue draad wat regdeur alles loop is vandat dat kwotasies in gestel is, het ons teen al die swakste spanne van die wêreld verloor.

Smirre ·

Agterlyn is moedeloos verby. Vleuels kom in op verdediging Wallis slim gooi bal bo oor hul koppe, Kolisi en tuindwerg mis die duikslag 5 vir Wallis in die hoek. Die Ellende het die verbeelding en spasie skep vermoe van ‘n bokkom maar hy bly wedstryd na wedstryd gekies word. Dan die afrigter……lyk of ou Rassie nou ‘n “stick” for sy agterwereld gepluk het.

Oppie Floppe ·

Ek hoor so in my kop daai liedjie draai….”One way ticket, one way ticket, got a one way ticket to the blues….”

Cor ·

Rassie moet Fourie du Preez vir Damian Willemse as skrumskakel laat afrig.

Mbopa ·

Pollard is in my mening nog die regte man op no 10 en ons kort net twee goeie senters wat n lyn kan breek en ook die bal meer vir ons vinnige vleuels kan gee. Los die stampkar ruby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.