Wat beplan Rassie vir die Australasiese toetse?

Damian de Allende – hy toer glo ook saam.. (Foto: Inus Grobler)

Oorweeg Rassie Erasmus ʼn nuwe senterpaar teen die Wallabies?

Dié vraag volg nadat Jesse Kriel uit die Blou Bulle se span gelaat is vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Goue Leeus op Loftus en dit in die Bulle se spanaankondiging genoem word dat hy op “Springbokdiens” is. Die Westelike Provinsie se Curriebekerwedstryd Vrydagaand teen die Pumas in die Mbombela-stadion is klaarblyklik ook ʼn proeflopie vir Damian de Allende.

De Allende maak in Nelspruit sy terugkeer ná ʼn besering. Ook hý is glo terug in die Bokgroep wat Saterdag na Australasië vertrek.

♦ In ʼn derde verrassing is die Lions (en nou die Goue Leeus) se skrumskakel Ross Cronjé ook nie in die span wat teen die Blou Bulle speel nie. Hy toer saam met die Bokke vir die twee toetse teen Australië (8 September) en Nieu-Seeland (15 September).

♦ Wilco Louw draf Vrydagaand saam met De Allende vir die WP in Nelspruit uit. ʼn Mens moet aanvaar dis om hom bietjie wedstrydtyd te gee nadat hy die afgelope tyd maar min op die veld was. Hy het Saterdag teen die Poemas die skrum in die laaste 18 minute aansienlik versterk en moet ongetwyfeld deel van Erasmus se planne vir Australasië wees.

♦ Ivan van Zyl (wat die volle 80 minute teen Wallis gespeel het en sewe minute in die eerste toets teen Engeland en ook vyf minute in die tweede toets teen die Engelse as plaasvervanger-skrumskakel) is klaarblyklik weggelaat uit die groep. Hy sit op die bank vir die Bulle se wedstryd Saterdag met André Warner wat as skrumskakel sal opdraf.

♦ Lionel Mapoe is insgelyks in die Goue Leeus se span vir die Loftus-wedstryd nadat hy weggelaat is uit die groep vir die twee toetse in Australasië.

Kriel was nie deel van die groep vir verlede naweek se toets teen Argentinië nie. Lukhanyo Am se gesukkel in die tweede toets teen die Poemas ná ʼn redelike, maar nie veel beter vertoning as in die eerste nie, het Kriel dalk weer in guns gebring.

Of sal hy dalk vleuel speel in die beseerde Makazole Mapimpi se plek?

Of miskien word Willie le Roux na vleuel geskuif – waar hy dikwels vir sy klub speel – om plek op heelagter vir Damian Williams te maak, sou Handré Pollard weer met sy skopwerk sukkel.

Volgende Donderdag sal die finale antwoord op ʼn aantal vrae oor die spankeuses bring, hoewel die oefeninge vroeër in die week al ʼn aanduiding mag gee van hoe Erasmus dink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Julle kan nie vir Rassie al die vrae vra nie? Die span word in die parlement gekies………hy rig hom net af!!

Tommie ·

Kan nie glo dat daar nog steeds nie plek is vir Combrinck en Kwagga nie

JC ·

Stem saam, lyk my hy wil nie leer om die regte spelers te kies nie. Gelukkig sy probleem, as hy so aangaan sal hy ook nie lank bly nie.

Garath ·

En Cheslin Colbe kom van Toulouse terug vir die toer, Kwagga en Combrinck sal groot geld in die buiteland verdien.

Anoniem ·

Rassie moet ophou beplan en eerder begin afrig. Op die oomblik beplan hy die Bokke in hulle peetjie in.

Garath ·

My gevoel ook dat Rassie rond tas. dan is de Allende uit dan is hy, so ook Ross Cronje en so ook andere. Ek verstaan Rassie het nie die spelers geken toe hy hier aangeland het nie. Maar op die oomblik skommel hy teveel rond veral in die agterlyn.

Buffel ·

Hy maak sy beste planne om die bontebokke met < 30 punte teen die Aussies en < 60 punte teen die All Blacks te laat verloor.

Chris Noordkus ·

Die blinde lei die blinde, tas nogsteeds in die donker rond, eintlik is dit tydmors om oor SA Rugby in debat te tree of te praat , kry einlik die spelers jammer, “here today gone tomorrow”

Goofy ·

Ek is baie bly om te sien dat Cheslin Kolbe uiteindelik in die Springbok toerspan is. Hy speel kookwater rugby in Frankryk en verdien om in die span te wees. Ek hoop net hy kry hierdie keer speelkans en toer nie net saam soos in 2016 nie.

Buffel ·

Jy kan eerder jou tuindwerg speel hy sal groter impak maak as Kolbe in toetsrugby.

LHS ·

Nee, Rassie word betaal deur die parlement om die regte keuses vir hulle te maak.

Wonder ·

Beste span as ek een moet kies 15 Willie le Roux, 14 Ruan Combrink13Ruan Nel12Damien Willemse11Amphiwe Dianthi10Handre Pollard9Faf De Klerk8Duane Vermeulen7Siya Kollisi6Jaco Kriel5RG Snyman4Eben Edzebeth3Wilco Louw2Malcholm Marx1Beast Mtwarira 16Stephan Kitshoff17Mbonambi18Trevor Nyakane19Papier20Kolbe21Peter-Steph du Toit22Franco Mosterdt23Jan Serfontein

LHS ·

Voor sekere spelers in die Leeuspan wat hulself nou al vir die afgelope 3 jaar teen direkte opponente wat in hulle lande se nasionale spanne is, deur en deur bewys het in die super 15 reeks, nie gekies word op grond van hulle spelpeil nie, sal die bokspan voortploeter en elke jaar maar net nog verder terugval op die ranglys. Dit en die diskriminasie teen goeie spelers a.g.v. kwotas is maar net die finale vernietiging van S.A. as krag in wereldrugby.

Chris du preez ·

Ons kort n goeie senter paar. Die vorige toets was daar geen planmaker op senter en die vleuels word elke keer teen die kantlyn vasgedruk.

Callie ·

Dis om van te lag. Cheslin Kolby, is dit die klein outjie wat vir wp gespeel het. Onthou nog hoe het teenstanders so in die hardloop hom met een hand uit die pad gegooi om te gaan druk. Aswin Willemse en Kobus Wiese het hom een naweek gekies vir hul bokspan en dan weer vir twee weke nie van hom gepraat na van daai verdeding van hom nie. Dan weer gekies en so het patroon hom herhaal. Daar is egter ook geen ander persoon in die agterste driehoek wat kan verdedig nie. Spelers weet hulle is n kwotaspan wat na slagpale gelei word met volgende 4 games. Gelukkig is daar nie meer baie trots oor nie, so die ouens vat pakslaes goed. Hulle raak regtig lekker op hul gemak daarmee. Moet erken my tuin begin goed lyk. Probleem is ek het nog trots so kan nie na daai spul kyk nie. Sterkte vir die wat nog probeer. Julle het baie uithouvermoe maar manne erens moet n ou besef om n windjie teen donderweer te los is so bietjie lagwekkend.

Johan ·

Rassie bou aan die span. Vol planne. Jul sal nie regkom nie. All Blacks gaan jul trap hahahaha kry vir julle

Niklaas ·

As die erg vernielde Bokspan terugkeer van Australasië sal ek nie graag al die kritiek teen Rassie wil lees nie. En daar sal baie wees. Feit is, ons kan nie meer saamgesels met Allblacks en Wallabies nie. Groot vernederende pakke slae wag op ons. Eina.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.