Wat gaan Allister nou met Morné doen?

Morné Steyn (Foto: GB Jordaan)

Morné Steyn (Foto: GB Jordaan)

Daar`s sekere dinge in rugby wat `n span nie durf afskeep nie.

As `n span nie kan skrum nie, is hy gedoem. As `n span sukkel in die lynstane, sal hy probleme teëkom. As `n span nie kan verdedig nie, kan hy maar van sy drome vergeet. As `n span nie kan drieë druk nie, kan hy oorwinnings op sy maag skryf. Maar as `n span nie kan pale toe skop is, is hy heeltemal na sy peetjie.

Morné Steyn het dit Saterdag op Loftus Versfeld bewys toe hy al 18 punte van die Bokke in die Rugbykampioenskap teen Australië aangeteken het.

Nou is die vraag, sal die Bok-afrigter, Allister Coetzee sy spelpatroon om Steyn bou? Sal hy Saterdag in Durban teen die All Blacks speel? Wat gebeur die dag wanneer hy die kluts kwytraak?

Okey Geffin (Foto: springbok.webs.com)

Okey Geffin (Foto: springbok.webs.com)

Steyn het die vinnigste van enige Springbok by 100 punte (8 toetse), 200 punte (16 toetse), 300 punte (24 toetse), 400 punte (33 toetse), 500 punte (43 toetse), 600 punte (50 toetse) en 700 punte (62 toetse) uitgekom. Vinniger as Naas Botha, Percy Montgomery, Joel Stranksy, Jannie de Beer, Braam van Straaten, André Pretorius, Henry Honiball, Okey Geffin, Bennie Osler, Piet Visagie, Keith Oxlee  en Ian McCallum.

Steyn spog nou met 721 punte in 62 toetse, wat 149 strafdoele, 102 doelskoppe, tien skepdoele en agt drieë insluit.

Ian McCallum (Foto: Bidorbuy)

Ian McCallum (Foto: Bidorbuy)

Die wêreld se beste rugbyspanne het oor die jare heen stelskoppers van fomaat gehad. Dink maar aan Dan Carter (1 598 in 112 toetse vir die All Blacks), dink maar aan Jonny Wilkinson (1 246 punte vir Engeland en die Britse en Ierse Leeus in  97 toetse).

In Nieu-Seeland se rugbymuseum word daar hulde aan die oud Bok-stut Okey Geffin gebring wat die All Blacks in 1949 gekelder het. Geffin het in die eerste toets `n destydse wêreldrekord van vyf strafdoele deur die pale gejaag om die Bokke met 15-11 te laat wen. Die All Blacks se Bob Scott het skeef gekorrel en die Bokke het voortgegaan om die reeks 4-0 te beklink.

En wie het die Bokke afgerig? Dok Danie Craven.

In 1970 was dit weer sulke tyd toe McCallum 35 punte in die reeks teen die All Blacks aangeteken het om die Bokke 3-1 te laat wen. Onthou gerus dat die Bokke die All Blacks in die eerste toets op Loftus van `n wêreldrekord van 18 agtereenvolgende toetsoorwinnigs weerhou het. Prof Johan Claassen was die Bokke se afrigter, Dok Craven het glo groot inspraak gehad.

En nou staan die Bokke voor dieselfde probleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Henk ·

Die vraag is eerder – wat gaan Coetzee doen aan die feit dat hy NIE ‘n ordentlike binnesenter het nie? de Jongh se tyd is jare terug verby en hy is heeltemal te lig in die broek.
En wat gaan Coetsee doen aan die feit dat hy GEEN idee het hoe om ‘n ordentlike pak “reserwes” bymekaar te sit nie. Hoe gaan jy in ‘n toets in met net twee agterlynspelers op die bank? Teen die All Blacks en selfs Engeland op huidige vorm sou dit ‘n fatale gemors afgegee het!

Rupert Ashford ·

Se jy vir Coetzee watter binnesenter van kleur kan by de Jongh oorneem. Onthou Toetie het sy siel aan die ANC verkoop toe hy die job aanvaar het en hy moet by die kwota hou so hy kan nie sommer net enigiemand inbring nie. Dit moet pigmentasie vir pigmentasie wees. Selfde geld die reserwes.

Frans C ·

‘n Verdoelde drie is sewe punte werd. Jy moet dus drie strafskoppe of skepskoppe om ‘n kombinasie van die twee aanteken om een verdoelde drie te neutraliseer en voor te kom op die telbord.

Waar Steyn goed geskop het het die Aussies met die Bokke om 12-10 voor twee strafskoppe verbrou. Met 16-12 in hul guns was dit ‘n ander wedstryd. Die Bokke is m i nie so goed dat hul spanne soos die All Blacks gaan dwing om foute te maak en strafskoppe af te staan
wat die drieë wat hul druk te neutraliseer nie.

Ja-nee ·

Dit word klaar verkondig dat die blankes moet kom help met die afrigting as konsultante, wie gaan daarna die eer kry, die afrigter natuurlik. SA maak asb jul oe oop.

Josua Keys ·

Die probleem is dat Allister voorgesê word wie om te kies, die keurders is of was in elk geval nie van plan om die Lions spelers genoeg kans gee om te speel nie. Lionel Mapoe is in die eerste plek saam die verkeerde senter gekies dit geld vir die vlanke ook, Jaco Kriel is die beste vlank in SA en Tecklemberg die beste ball fetcher maar was nie eens raakgesien nie, Franco Mostert die beste slot en ek wil nie eens die ander noem nie, skielik is Morne die antwoord maar ons kon nie eens n drie druk nie. Hier is die regte bok span wat wat van die begin reeds moes gespeel het. Dalyn Smit, Marks, Julian, Franco,Pieter Seph Du toit, Jaco Kriel, Techlenberg, Warren(K) Faf, Jantjies, Jamba Olenga, JC Jensen Van Rensburg, Mapoe, Combrink, Jessie Kriel. Afrigting span Coetzee, hulp Afrigter Jonathan Makwena (NWU) Swys Joubert verdedegings afrigter Bank: Hougie, Kogh, Pieter Seph Du Toit, Kitshof, Etsebeth, Skosaan, Morne Steyn. Bewys my verkeerd!!!!

Huh ·

Kies jy ‘n stut op senter… tipies! Kyk liewer die game en los die “oplossings” vir die mense wat uitmaak daarvan. Eish! JC op senter heheheh jy bedoel Rohan!

Willem Cilliers ·

Ek dink die Hurricanes het jou al 2 keer verkeerd bewys, Josua.
Die Leeus is redelik goed op Supurugby-vlak maar uit hul diepte op toetsvlak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.