Wat het van régte Curriebekerrugby geword?

Sbu Nkosi – krag,
vaart en voorgevoel (Facebook Sbu Nkosi – Barberton Bliss &’s photos)

Ai, waar is die dae van ware Curriebekerrugby tog!

Die oudste provinsiale kompetisie in die wêreld het Vrydagaand nog ʼn knou weg met die powere rugby wat die Sharks en Griekwas op Kingspark opgedis het.

Dit was slordig, ongestruktureerd en sou ouder garde soos Toy Dannhauser, Danie Gerber, Kevin de Klerk en Thys Lourens-hulle laat vrees het vir wat die afrigter die Maandag met hulle op die oefenveld sou aanvang.

Vir die rekord: die Sharks het met 41-3 gewen ná hulle rustyd met 17-3 voor was. Hulle het heelwat meer besit gehad, minder foute gemaak en hier en daar ʼn paar mooi bewegings aan die gang gekry en gehou. Hulle het ook vir die tweede wedstryd agtereenvolgend geen drie afgestaan nie, terwyl Griekwas se verdediging power was.

Curwin Bosch het wisselvallig pale toe geskop en was ook nie op sy beste nie; die Sharksstut Thomas du Toit en die losvoorspeler Dan du Preez was ysters en Kobus van Wyk was darem die naam Curriebekerspeler waardig, en Lukhanyo Am is op pad na sy beste.

Die groot uitblinker was egter die jong Sharksvleuel Sbu Nkosi. Hier kom ʼn werklike grote.

Die min kanse op die Superrugby-verhoog het al gewys Nkosi gaan dit tot heel bo maak, en hy het Vrydagaand indruk gemaak met sy werksoekery, het goed aangesluit en aan die ander kant gaan keer en twee drieë met sy sterk lopies gedruk.

Ondanks ʼn veel beter maar steeds middelmatige tweede helfte deur die Sharks, sal die reeds min toeskouers met dié gehalte rugby ook al hoe minder by Kingspark opdaag.

Puntemakers –

Sharks (17) 41: Drieë: Jeremy Ward, Sbu Nkosi 2, Jacques Vermeulen, Juan Schoeman, Cameron Wright . Doelskoppe: Curwin Bosch 3, Inny Radebe. Strafdoel: Bosch.
Griekwas (3) 3:  Strafdoel: George Whitehead. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Dis nie net by die Sharks wat die toeskouer getalle afgeneem het nie. Kyk maar gerus hoe dit vanaand op Loftus gaan lyk. Waar is die dae dat jy sou sukkel om ‘n kaartjie te kry vir ‘n wedstryd tussen N-Tvl en Transvaal? Hierdie eens gesogte primêre rugby kompetisie het sy glans totaal verloor. Daar is baie redes voor, maar die grootste sondebok vir hierdie jaar kan voor niemand anders as SARU se deur gelê word. Hoe beplan jy dat die eerste 3 wedstryde in die komp. saamval met die uitspeelrondtes van die Super kompetisie? Jy stuur ‘n duidelike boodskap… Lees meer »

Hennie

Toe SARU nog iemand gehad het wat omgegee het, sou dit GEENSINS gebeur dat daar ‘n finaal van die Super Kompetisie om 16:00 op Ellispark plaasvind en terwyl die wedtryd aan die gang is, word ‘n Curriebeker wedstryd tussen die Bulle en Leeus geskeduleer op Loftus. Hoe eenvoudig kan mens dan nou wees? Ek sien die CC wedstryd se geskeduleerde tyd is nou uitgestel na 19:00. Geen toeskouers sal na die Super finaal deur ry na Loftus om sy CC span dar te gaan ondersteun. Die Bulle is ook versoek om die twee CC wedstryde tussen die 2 spanne om… Lees meer »

Oom Piet

Uit die kommentare hierbo gelewer kom dit duidelik navore dat daar teveel wedstryde gedurende die seisoen plaasvind , met die gevolg die spelers en toeskouers word moeg vir die getal wedstryde en gehalte van die spel. As die wedstryde verminder word sal die kompetisie tussen die spanne verbeter en die toeskouer getalle sal drasties toeneem.

Frans C

Daar is ‘n duidelike rede waarom die Curriebeker as kompetisie in die slag gebly het na die koms van Superrugby.Dit was van die begin af duidelik dat plaaslike provinsiale spanne sou sukkel teen NZ en Aussies se streeksspanne. Dit het gelei tot die versterking van plaaslike provinsiale spanne deur aankoop en kontraktering uit voedingsbron provinsies. Nou is dit eenmaal so dat as spelers eers Superrugby gespeel het,baie van hulle traag is om na hul oorspronklike provinsie terug te keer en ontvang hul as goed is ook dikwels kontrakte van die superrugbybond wat beheer oor die span uitoefen. Toe die Superrugbyspanne… Lees meer »

Frans C

in die berig word melding gemaak van:”Die groot uitblinker was egter die jong Sharksvleuel Sbu Nkosi. Hier kom ʼn werklike grote.”. Hierdie ou is in Baberton gebore,het in Johannesburg
akool gegaan Het vir die Pumas onder 16 en Leeus onder 18 spanne gespeel.

Na hoërskool is het hy verhuis na Durban.Soos Habana ( ou Oos Transvaal )kom die toekomstige ster ook uit ‘n klein rugbybond.