Wat is die plan met Rudy Paige in die Leeukuil?

Rudy Paige – terug na die Leeus (Foto: GB Jordaan)

Rudy Paige terug in die Rooibonttrui?

Dit gaan ʼn balanseertoertjie soos min van die Goue Leeus se afrigter, Swys de Bruin, verg om Paige genoeg speelkans te gee met die nuus dat die Bokke se plaasvervanger-skrumskakel glo op pad terug Ellispark toe is om sy loopbaan in Johannesburg voort te sit.

Dit verklaar miskien waarom die Blou Bulle se afrigter, John Mitchell, voorkeur aan Ivan van Zyl en Piet van Zyl (asook André Warner) vir sy Curriebekerspan gegee het.

Ja, dalk het Paige ook nie by die Bulle se nuwe vinnige spelpatroon ingepas nie, maar Mitchell was sekerlik daarvan bewus dat Paige die pad gaan vat.

Paige is as jongeling van die SWD-Arende (hy was in 2007 die SA skolespan se kaptein en was in 2009 in die SA span vir die o.20-Wêreldkampioenskap) na die Universiteit van Johannesburg gelok.

Hy was in 2011 in die Goue Leeus se Vodacombeker-span en het ook aan die einde van die seisoen sy Curriebekerbuiging gemaak (toevallig toe Mitchell die afrigter was).

Hy het toe na Loftus Versfeld oorgeskuif waar hy 36 keer vir die Curriebekerspan en  in 34 Superrugbywedstryde gespeel het, en ook in 11 toetse vir die Bokke.

Sedert Faf de Klerk besluit het om groener weivelde in Engeland te gaan soek, was die Leeus op soek na ʼn geskikte plaasvervanger.

Maar nou is die vraag: met Ross Cronje die voorkeurkeuse, en die jong Marco van Rensburg en Dillon Smith wat goeie vordering maak, wie gaan speelkans kry?

Ja, diepte moet aangevul word en daar moet seker gemaak word  dat daar genoeg plaasvervangers is. Maar watter boodskap sal dit aan ʼn bond se jong spelers stuur as hulle vir ʼn Bok van elders moet terugstaan?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frans C ·

moet ‘n mens nie wag totdat die bestuur van die Goue Leeus kommentaar lewer nie?

Johannes ·

Ek stem spam in elk geval kan ek nie verstaan hoe die Leeus in hom belangstel nie by is ‘n bake stadige skrumskakel en nie bok gehalte nie.

Proefvlug ·

Die enigste rede hoekom hy na die Leeus gaan is geen provinsiale sokker klubspan hom wil koop nie.. ek wonder net as Nollis die voorreg gehad het om te kies of hy verhoed sou word om hom te laat gaan. Of nie..?

Dries ·

Leeus moet hom gebruik,, want hulle het altyd soos die naweek net drie ander kleuriges op die veld,, daar soos ek verstaan moet daar altyd 5 ander kleuriges wees op veld,, of is dit nie meer so nie… help asb.

Die Pyl ·

Baie Baie skerp ou Proefvlug!

Hou die blinkkant bo…Nou die Blou!

Callie ·

Voorwaar nou glo ek bulle is op die pad vorentoe. Paige seker die top kwota speler in SA. Dankie bulle, sterkte leeus

Chris du preez ·

Dankie tog. Nou kan dit nog beter gaan met die bulle.

Waghond ·

Piet van Zyl is ‘n baie beter skrumskakel as Rudi Page. Finish en klaar.

Jaybee ·

Page se skuif is die beste nuus vir ons Bul ondersteuners, voorspoed aan die Leeus. Stem saam met Waghond.

bloues ·

n Lessie wat ek geleer het is dat n mense nie besigheid en drank moet meng nie.
Soos Wors sou sê ” daar was seker drank betrokke by daardie kontrak”

Rooies ·

Die Leeus se omgewing is geneig om gemiddelde spelers te ontwikkel in baie goeie spelers in.
Die laaste paar jaar se sukses is juis grootliks gebou op ander provinsies se oortoligge spelers.

Volgende jaar die tyd behoort ons te weet of Paige `n vlak of twee op geskuif het.

bloues ·

Ou Rooies, ek hoor wat jy sê. Jy kan dalk die waarheid praat

Tande muis ·

aaaage neeeee Bulle hoe kan julle so n juweel laat gaan het………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………ha ha ha ha dankie tog hy is weg sterkte Lions en baie dankie en nie eers duur betaal vir hom nie R150 ha ha

JG ·

Ek weet wat is die geheim…Mufasa (die Leeus se mascot) is al bietjie oud…Rudi Page is gekoop om die mascot te vervang…so gaan niemand weet dit is hy nie !!

Els ·

Dis ongelukkig die forte van spelers wat in ‘n span forseer word agv beleid en nie talent nie. Dieselfde met Snorre. Ek het nie simpatie dat die klomp nie werk gaan hê nie. As jy eerbaar is en weet jy is gekies vir politieke redes, hoekom steek jy nie ‘n stokkie daarvoor soos Charl Langeveldt jare gelede gedoen het nie? Nou ry jy die gravy trein, jou tekortkominge word op die hoogste vlak exposed en niemand verder stel meer belang in jou dienste nie.
Paige kon ‘n Odwa geword het, 15 jaar provinsiaal gespeel het en niemand sou ooit kritiek gelewer het omdat hy nie die beste is nie, maar nou ja, so sorg die kanker van sport ook op ‘n ander manier vir sy spelers. Ek sien dieselfde wag vir Tuti.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.