Wat is op die spel vir All Blacks op Loftus? Alles

Die Rugbykampioenskap is in die sakkie en toegeknoop, maar nou kom die All Blacks voor hul grootste toets vanjaar te staan wanneer hulle Saterdag op Loftus Versfeld teen die Springbokke speel.

Wat is nog op die spel nadat die All Blacks vroeg Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) die Argentynse Pumas met 35-17 geklop het, nadat hulle rustyd met 21-3 voor was, om hul derde opeenvolgende titel in die Rugbykampioenskap te wen – en ook hul sy sesde oorwinning in sewe jaar te behaal – met nog ʼn ronde oor?

Uit ʼn Nieu-Seelandse oogpunt? Alles.

Ondanks hul 21 ligapunte en die feit dat hulle nie meer deur die Springbokke (14), Pumas (8) en Wallabies (5) ingehaal kan word nie, sal hul seisoen op ʼn laagtepunt eindig as hulle (ʼn tweede keer) teen die Springbokke sou vasval.

Dis hoekom die All Blacks hul kaptein, Kieran Read, en die loskopstut Owen Franks laat rus het, dis hoekom hulle hul beste span (behalwe die beseerde Brodie Retallick) teen die Bokke gaan inspan. Dis hoekom hulle nie die ander wang gaan draai nie.

Daar is gans te veel trots en tradisie op die spel en dit sal `n baie groot terugslag en rooi gesigte wees slegs `n paar maande voor die Wêreldbeker-toernooi in Japan wees as hulle sou slae kry.

Dis teen hul grein.

Dis hoekom hulle genoeg teen die opgesweepte Pumas gedoen het om die aanslag af te weer, om nog ʼn titel te beklink. Hulle het vyf drieë teenoor twee gedruk, hulle het die Pumas in die skrums verfrommel, hulle het gejuig nadat Beauden Barrett weer raakgekorrel het.

Die All Blacks was in ʼn stadium met 28-3 voor en het geluier, maar toe druk die Pumas twee drieë (Tomas Cubelli en Emiliano Bofelli) wat die telling tot 28-17 laat aanskuif het.

Met 50 000 hartstogtelike ondersteuners wat die Pumas aangespoor het, moes die All Blacks diep delf, wat hulle gedoen het.

Soos dit al hoe meer in hedendaagse rugby voorkom, het die All Blacks meer duikslae uitgevoer (132 teenoor 84). Dit het daartoe gelei dat die Pumas die bal 126 keer aangegee het teenoor die All Blacks se 117.

Maar die All Blacks het hul kanse beter gebruik en dis hoekom hulle gewen het, want dit het ’n gewoonte geraak.

Die Pumas? Hulle was oorywerig en te gespanne.

Maar hou hulle maar dop, hulle kan die Wallabies in hul laaste wedstryd klop.

Puntemakers –

Nieu-Seeland 35 (21) – Drieë: Rieko Ioane (2), WaIsake Naholo, Patrick Tuipulotu, Anton Lienert-Brown. Doelskoppe: Beauden Barrett (4), Richie Mo’unga.

Argentinië 17 (3) – Drieë: Tomas Cubelli, Emiliano Bofelli. Doelskoppe: Nicolas Sanchez (2). Strafdoel: Nocolas Sanchez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Waarheid ·

Volgende week gaan dit uit en uit om eer trots en ego gaan.Hopelik het die Bokke hierdie naweek al hulle foute kon maak afgehandel.Ek hou duimvas dat ons volgende week wen indien die Bokke i n turbo ingaan soos die vorige wedstryd teen die A Blacks.

Anoniem ·

Rassie, afrigtingspan en Bokke, ‘do’nt be fooled’ die All Blacks het lekker teruggehou op hulle spel kwaliteit want hulle is besig om ‘n sielkundige spel met ons te SPEEL ! Ons bid en vertrou dat Julle die WYSHEID en INSIG en KRAG sal KRY om Hulle lekker te WEN (‘n 1 punt wen sal ook OK wees) ???????

Niklaas ·

Dit sal lekker wees as Bokke die AB s twee keer in een seisoen kan klop. Dit gebeur mos nie elke jaar nie. Ek is bevrees die gewonde AB s gaan met een meesterlike poging voorendag kom op Loftus en dalks ver wen. Iets wat ons nou nie verwag nie. Hoekom is ons gerus ? Bokke het mos gewen in NZ (en gister). Ons vergeet dat dit n vloekskoot was teen n oorgeruste NZ span. AB s hoef net te konsentreer op ons 2 vleuels wat gereeld uit posisie is , ingetrek word , probeer onderskep ,ens. Hul het in Argentinië , waar Bokke vreeslik sukkel deesdae , met gemak , ver gewen , sonder n paar staatmakers. Dis spelers wat nie net op hul tuisvelde goed speel nie. Ons moet nie erg op ons gemak voel na gister se redelike goeie Bokspel nie. Die ABs het ook daardie wedstryd op TV gekyk en hul planne word hierdie week gesmee. Laat ons hoop op oorwinning !

willem Botha ·

Die All blacks gaan die flou bokke vernietig hulle sal nie weer so gelukkig wees soos in auckland nie.

Oom Kalahari ·

@ willem Botha, ‘n goeie en regte stelling wat jy gemaak het. Die AB het nie hul beste spelers in Auckland gebruik nie, juis om beserings vir weg wedstryde te voorkom.
Die Blesbokke gaan ‘n ander wedstryd op Loftus beleef en sal maar soos “Swart Wolf” ook voorheen genoem het kyk na die tuindwergies teen Loane. Die AB’s gaan hul nederlaag herwin en is en bly die wereld se No1. Rassie sal maar moet goed oordeel vir die wereldbeker of verloor gesigwaarde vroeg in die toernooi van eliminering.

nico k ·

Al die ouens hierbo wat nou so slim probeer klink en vir ons vertel hoe goed die All Blacks is. Vertel vir ons iets wat ons nie weet nie. Almal weet die All Blacks is briljant. Dit het dit net soveel lekkerder gemaak toe ons hulle gewen het. En ons is nie naief nie. Ons weet ons kans om dit weer te doen is klein. Maar ons staan agter ons span Saterdag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.