Wat moet deur Pollard se kop maal?

Handré Pollard (Foto GB Jordaan)

As Handré Pollard nie vinnig genoeg by die Blou Bulle se Curriebekerspan se spelpatroon kan aanpas nie, wat soek hy dan in die Springbokspan?

Dis een van die vrae wat deur die ondersteuners se koppe sal maal wanneer die Sharks Saterdagmiddag op Kingspark in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Blou Bulle speel.

Daar was heelwat begrip vir John Mitchell se besluit om die jawoord aan Marnitz Boshoff bó Pollard te gee (Rudy Paige is glad nie eens oorweeg nie) toe sewe Bokke vrygestel is om die naweek Curriebekerrugby te speel.

Mitchell is besig om die Bulle se spelpatroon te verander: Hy laat hulle teen ʼn baie vinniger en aanhoudende tempo speel en wil kontinuïteit behou.

Marnitz pas in, Pollard (in dié stadium) nie.

Het Pollard se spel (of is dit sy fiksheid) só agteruitgegaan (vanweë sy beserings) dat hy nie kan aanpas nie?

Pollard, wat in 2012 vir die SA skolespan gespeel het en in 14 wedstryde vir die SA o.20-span tussen 2012/’14, is die logiese keuse vir die Bokspan.

Talentvol, vinnig van die merk af, goeie skopvoet en direkte rugby … baie soos Beauden Barrett.

Maar toe word hy deur beserings gery.

Sou dit nie beter gewees het om hom vroeër vir Curriebekerrugby beskikbaar te stel nie? Ek is seker dat Mitchell hom toe sou oorweeg het. Nou sit hy bloot op die bank nadat Manie Libbok skielik siek geword het en sal hy seker nie veel speelkans kry nie..

Nou plaas dit die Bokke in ʼn verdere dilemma, want Pollard kort steeds wedstrydskerpheid en sal straks nie vir die Bokke se opdrafspanne oorweeg kan word wat aanstaande week die Wallabies en die All Blacks op 7 Oktober pak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Voorlaaier ·

Beserings knip sy loobaan kort…..Moet eerder oorsee gaan speel en geld maak terwyl hy nog bietjie in staat is……Selfde het met Johan Goosen gebeur……Ek lees hy is oppad Japan toe.

LOUIS ·

Ek wonder ook maar. Hy hou potesiele spelers wat op vorm is weg vanaf die boktrui. Ek neem hom nie kwalik nie maar die springbok keurders en dan veral vir Coetzee. Die speler na ‘n besering moet beter bestuur word en stelsel matig deur sy provinsie weer terug na sy vorm bestuur word. Vir my was Lionel Cronje die opsie as ‘n losskakel wat daar MOES wees indien Jantjies beseer word. Cronje het nou padgegee want daar word nie eers na hom gekyk nie maar eerder na iemand wat glad nie op vorm is nie

Callie ·

Bogenoemde kommentare wys net weer at ons dalk nog erger as Allister kan doen. Pollard is jonk, meer potensiaal as al die ander losskakels in SA saam, John Mitchel was weggejaag by die leeus wat skielik na Ackerman oorgevat het die besste span in land geword het. As oud bul ondersteuner, sterkte met bulle en bokke. As jy sulke potensiaal nie raaksien, ek kan net jammer voel vir jou

Waarheid ·

Mitchell moes hom speelkans gegee het in opdrafspan. Soos die Bulle en Sharks nou speel is die kaans in elk geval baie skraal dat die Bulle gaan wen. Hy moet so vining as moontlik weer wedstryd fiks raak. Jantjies is nou eerste keuse maar is nie altyd konstant nie en wat as hy ‘n besering optel? Ook nie baie losskakels kan sê dat hulle al twee drië in een wedstryd teen NZ gedruk het nie.

LOUIS ·

Sy spelpatroon pas nie eers aan by oorsese spanne nie. Indien hy so vreeslike spelpatroon gehad het was hy al LANKAL weg. Die springbokspan is ook nie daar om spelers te help om op vorm te kom nie. As hy gekies word moet sy vorm 100% wees.

Callie ·

Die ou gesegde word totaal migekyk. Vorm is tydelik. Klas is vir ewig. Die Naas Bothas, Victor Matfields, Pollards ens

Piet Pille ·

Callie stem saam, selfs Naas en Victor het al onder kwaai kritiek deurgeloop in hulle loopbane. Pollard het klas gee hom kans om sy vertroue terug te kry. Vertrou Mitchell sal dit regkry.

Henk ·

Die vraag is – Is dit werklik ‘n pluspunt vir die provinsie om spelers van die Bokke af terug te verwelkom na die provinsie toe? Bok rugby is nou so swak dat spelers eerder benadeel word as hulle in die “Bokgroep” was, as wat dit hulle bevoordeel! En ek dink provinsiale afrigters en keurders besef dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.