Wat sal gebeur as Allister nie meer kan afrig?

Mzwandile Stick? (Foto: NMMU)

Mzwandile Stick? (Foto: NMMU)

Ordentlike beplanning, of eerder `n gebrek daaraan, is een van die remskoene van Suid-Afrikaanse rugby.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het Woensdag aangekodig dat twee gewese All Blacks, Tana Umaga en Carl Hoeft, as hulpafrigters aangestel is van die Maori-rugbyspan wat aan die einde van die jaar teen die Amerikaanse Eagles (op 4 November in Chicago), teen Munster (op 11 November in Limerick) en Harlequins (op 16 November in Londen) speel.

Hulle sal Colin Cooper bystaan en vanselfsprekend sal een van die Maori-spelers binne `n paar ure nader getrek word wanneer die All Blacks deur Brittanje toer en `n speler beseer sou raak.

Wat baie belangrik is, is dat die Nieu-Seelandse afrigterspoel verbreed word.

Kom ons maak vinnig sommetjies: veronderstel Steve Hansen kan van more af om die een of ander rede nie meer die All Blacks afrig nie. Wie staan in die ry?

Matt Proudfoot? (Foto: Twitter)

Matt Proudfoot? (Foto: Twitter)

Enige een van die twee hulparigters, Ian Foster of Wayne Smith kan oorneem. Jamie Joseph, wat Japan afrig, word as `n toekomstige All Black-afrigter beskou, so ook Umaga, wat die leisels vanjaar by die Blues in die Superreeks geneem het.

Wat van Chris Boyd en John Plumtree (Hurricanes), Dave Rennie (Glasgow Warriors), Scott Roberston (Crusaders), Todd Blackadder (Bath), Vern Cotter (gewese Skotse afrigter) en Joe Schmidt (Ierland)?

Wat sou gebeur as Allister Coetzee nie meer kan afrig nie?

Mzwandile Stick, Matt Proudfoot, Chean Roux?

Ja, Johan Ackermann en Swys de Bruin kan maklik oorneem, Franco Smith kan nader getrek word en Robbie Fleck of Nollis Marais kan ook help. En daarna?

Die Suid-Afrikaanse A-span het in Junie vanjaar twee wedstryde teen Engeland se Saxons gespeel (en albei kere verloor). Ackermann het welverdiend sy kans as afrigter gekry met Chumani Booi en Abe Davids sy hulpafrigters. Is dit `n aanduiding dat hulle volgende in die ry staan?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jakkalas ·

Oe eh eh. Daars baie beter afrigters wat uit die sisteem gehaal is omdat hulle nie stilbly en ja en amen vir alles nie. Hulle word nie eens genoem in die skrewe nie.

Anoniem ·

Die spreekwoord lui: “‘n Vis vrot van sy kop af” Ons bevind onsself in hierdie bootjie, so raak eers ontslae van alle politieke inmengery, kies spanne op meriete, hou ons beste spelers in SA en stel bekwame keurders en afrigters aan. Daarsonder kan ons rugby in SA vaarwel roep en sal ons nooit ooit weer met die bestes op gelyke voet kan meeding nie.

Rugby Liefhebber ·

Daar is niks fout met Alistair Coetzee se afrigting nie.
Dit is politieke inmengery wat hom dwing om sekere keuses te maak.
Stem saam daar is wêreldklas afrigters in ons Superspanne.
Hulle sal ook nie hondaf maak nie,want as gevolg van politiek in sport kan geen afrigter self die beste spelers kies nie.
Australia en Neu Zealand het nie die probleem met politiek in sport nie.

Jakkalas ·

Duidelik is een van die groot redes Alister. Hy kies spelers wat nie op form is nie en sy spel patroon indien daar so iets by hom bestaan maak geensin sin nie.

Arie ·

Ek stem, afrigting is nie ons grootste probleem nie, dit begin bo heel bo

ook n liefhebber ·

Jammer rugbyliefhebber ek kan nie met jou saamstem nie.Het Allister ooit iets bewys met n ster belaaide WP en Stormers span. nee. Kyk na ons springbokspan en kyk na ons currie beker spanne. Daar is skole wat beter rugby speel.. Ek was nooit n Lions ondersteuner nie maar na dese ondersteun ek hulle sterk. Hoekom? 3 jaar gelede het ons nie n speler in daardie Lions span geken nie, en vandag.
Johan Ackerman is n yster. Jy kan hom n afrigter noem. Jammer om te se hy alleen staan kop en skouers bo alle afrigters in S A uit . Ek stem wel saam dat inmengenging van die regering n baie nadelige efffek op ons rugby ook het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.