Wat sou die Kiwi’s hiervan gedink het?

Daar word in Nieu-Seeland subtiel “ja, maar…” verwys na die aanstelling van Jaco Peyper vir Saterdag se Superrugby-eindstryd tussen die Lions en Crusaders op Ellispark, maar ek wonder hoe die Kiwi’s die destydse aanstellings van HH Castens, Vincent Cartwright en Mark Morrison sou verteer het.

Herbert Hayton Castens was een die grootste baanbrekers van Suid-Afrikaanse sport.

Die eerste Suid-Afrikaanse rugby- en krieketkaptein, ʼn befaamde atleet en ook ʼn toetsrugbyskeidsregter – die enigste persoon wat tot nog toe in ʼn reeks gespeel het en later die skeidsregter in dieselfde reeks was. Hy was ook sover bekend die eerste aktiewe rugby-afrigter, ongehoord vir daardie dae.

Hy was ook aanvangskolwer en paaltjiewagter van die nasionale krieketspan en is in 1894 vir die toer na die Verenigde Koninkryk ingesluit nadat hy onder meer in 1890, op Kersdag, 165 lopies vir die Westelike Provinsie teen die Oostelike Provinsie gemoker het.

Castens, ʼn voorryman, het in 1891 in die eerste toets (sy enigste) gespeel. Die Britte het met 4-0 gewen nadat hulle twee drieë gedruk het. Castens is weggelaat vir die oorblywende twee toetse, maar hy het vir WP teen die toerspan gespeel. Hy was toevallig ook die WP se spanbestuurder.

Hy het daarna in ʼn paar toerwedstryde as skeidsregter opgetree en is aangewys vir die derde toets op Nuweland, wat die toerspan ook met 4-0 gewen het nadat hulle weer twee drieë gedruk het.

En wat van Cartwright, wat in 1903 sy debuut vir Engeland teen Ierland gemaak het Hy het ná die toets uitgetree, was skeidsregter in die volgende toets, weer tussen Ierland en Engeland, maar het toe besluit om sy rugbyskoene weer nader te trek. Hy is vir die laaste toets teen Skotland gekies en het voortgegaan om in 14 toetse te speel.

Gepraat van neutraliteit: Morrison, ʼn Skot, was in 1903 kaptein van die Britse toerspan na Suid-Afrika.

ʼn Tweede Skot, Alex Frew (ʼn dokter wat na Suid-Afrika geïmmigreer het) was in die eerste toets op die Wanderers Suid-Afrika se kaptein. Hy het in 1901 vir Skotland gespeel en ook vir Brittanje (onder Morrison), voordat hy na Suid-Afrika verhuis het

En wie blaas in die toets? ’n Derde Skot, Bill Donaldson, wat ook vir die Skotte gespeel het.

Die eindtelling was 10-elk nadat Frew en Uncle Dobbin drieë gedruk en Fairie Heatlie met twee doelskoppe geslaag het.

In die tweede en derde toetse was twee Suid-Afrikaners, Percy Day en Biddy Sanderson, in beheer. Die tweede toets met 0-0 gelykop geëindig en die Britte het die reeks beklink toe hulle die derde toets met 8-0 gewen het.

Bron: Firsts, lasts and only, deur Paul Donnelley

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christo ·

Was sportspanne van destyds verteenwoordigend van die huidige SA of net die kolonies?

Johan Viljoen ·

Die name van die springbokke was redelik”Brits” en dit was sover ek weet was dit in daardie tyd meestal engelstaliges wat rugby gespeel het in Suid-Afrika. Dit was egter Suid-Afrikaanse burgers wat die springbokke verteenwoordig het.

Johan Viljoen ·

Die volgende verkyn in Wikipedia:

The first-ever tour of the British Isles by a team from southern Africa (drawing on players from the then independent republics of the Transvaal and the Orange Free State, and the British colonies of the Cape and Natal) took place in 1891, with the trip financially underwritten by (the British arch imperialist) Cecil Rhodes of the Cape and (the resolutely Boer) President Kruger of the Transvaal Republic. Seven years later Britain was at war with the Boer republics, and during the Boer war British troops would play a key role in entrenching the game throughout the country, and games amongst the Boer population in prisoner of war camps popularised the game further

Groete
Blou-Bul ondersteuner

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.