Wat wil Ehrenreich bereik?

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

Allister Coetzee (Foto herald.ie)

ʼn Mens moet jou eintlik nie daaraan steur nie, en die gewraakte en belaglike stellings van  die sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap is nie die papier werd waarop dit staan nie.

Tog, as niemand daarop reageer en op die belaglikheid daarvan wys nie, sal dit waarskynlik as ʼn erkenning van die waarheid beskou word.

Ek is oortuig dat die minister van sport tjoepstil daaroor sal wees. Ek weet nie of Saru daarop sal reageer nie (hulle moes hom Woensdag al in die bek geruk het), maar om onwaarhede te verkondig, is nie die papier werd waarop dit staan nie. Tog het hy reeds gans te veel blootstelling daaroor gekry.

Wou hy net reaksie uitlok, wou hy die bloeddruk opjaag, ʼn wig indryf  en rugby-ondersteuners nog kwater maak?

Ehrenreich beweer dat die wit spelers in die eerste twee toetse teen Ierland die Bokke wóú laat misluk het, en dat hulle selfs “sabotasie pleeg” om die afrigter Allister Coetzee te laat misluk.

Watter spelers?  Warren Whiteley, Ruan Combrinck, Julian Redelinghuys? Wat van Lwasi Mvovu, Frans Malherbe, Beast Mtawarira, Duane Vermeulen  en Siya Kolisisi? En sommer al die ander?

Ehrenreich beweer lede van die Springbokke wat Cosatu voorheen sou genader het om transformasie in die nasionale groep te ondersoek, nou weer “aangedui” het dat  wit spelers die afrigter wil laat misluk.

Noem hulle, stel hulle dan aan kaak!

Dan moet oorsese spelers nie gekies word nie, sê hy. maar wat sou hy gesê het as Bryan Habana nie by die sewesspan betrek was nie?

M-Net moet ook nie toegelaat word om rugby te oorheers nie. Toetse moet deur die SAUK uitgesaai word (dit word reeds gedoen, al is die uitsending ʼn uur of wat later) en M-Net moet dit in oop tyd uitsaai. Watter oop tyd? En waar gaan die geld vir die SAUK-uitsendings vandaan kom?

Coetzee moet ook in staat gestel word om ʼn nuwe styl te ontwikkel soos dit in die Suidelike Halfrond gespeel word. Speel die Lions nie al jare lank so nie? Sluit hy die Wallabies en Poemas hierby in?

Agge nee wat, hoe gouer ʼn mens daarvan vergeet, des te beter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Ag Toetie kies tog asseblief vir Tony op haker sodat hy ook `n bietjie kan voel hoe voel dit in die voorry.

Knapie ·

Tony net so OMSTREDE soos Hlaudi vani SABC en Prof. J. Jansen.

At van Jaarsveld ·

Hierdie ou gaan gal af oor n rugbyspan terwyl die plekke wat deur ANC en cosatu geregeer word afbrand en mense sterf. Op watse vlak is hy. Hoekom gaan praat hy nie liewer met hierdie mense nie en probeer oplossings vind. Dis tog nie wit mense wat so breek steel en brand nie.sy eie mense

At van Jaarsveld ·

N mens moet tot hierdie ou se vllak daal om met hom te redineer

Josua Keys ·

Cosato moet eerder fokus op die mense wat skole en busse brand wat mense verhoed om geleerdheid te kry of by die werk op te daag maar nee hulle praat klomp snert van Rugby, ons witmense het geen problem wie de hel die bokke afrig nie solank die beste van die beste die werk kry en die dit geld ook vir die spelers wat gekies word. As die bokke wen en die afrigter was Chaka Zulu sou ons hom ook ondersteun het, dit wys jou net weereens wie is die werklike rassiste met sulke belaglike uitlatings soos ene Ehrenreich !!!

Koos ·

Dit is tyd dat hulle ‘n “all-black” span kies dat ons vir eens vir altyd h cosatu se nonsens kan stopsit!

Koos ·

Na die toets het Ashwin Willemse n oderonsie met Nic Mallet in die ateljee gehad. Skielik val Ehrenreich nou vir Mallet en wit kommentators ook aan. Was Mallet krities oor die afrigter en Ehrenreich se gunstelinge? Lyk of hier n skakeling is.

Henry ·

Ek wonder soms hoe mense soos Tony die nuus haal. Ons wat rugby ken en kyk, kon sien dat sekere spelers nie die mas opkom teen die Iere in die eerste helfte nie, onder andere twee swart spelers. Die Iere het inderdaad een swart speler geteiken omdat hy gesukkel het (hy het ook baie gewig opgetel). Tony het seker gaan koffie maak toe sekere wit spelers in die tweede helfte op die veld gekom het en die wedstryd vir Allistair gewen het. Allistair breek ‘n lansie vir wit spelers, want hy kies hulle immers en niemand reserveer sekere posisies vir sekere wit spelers nie, dit is absurd. Die kameradie tussen die verskillende rasse groepe op die veld is ook ‘n lansie vir die wit spelers. Tony canvas natuurlik vir ontevrede bruin spelers en noem hulle swart spelers net om nie die ontevrede swart spelers kwaad te maak nie. Ek glo nie Tony weet iets van sokker af nie, wat nog rugby.

Fred Balt ·

Ek kan nie vestaan dat Tony nie die nuwe Bok afrigter geword het nie. Met sulke insig en kennis van die spel en die spelers se toewyding tot die spel is dit ‘n skande dat hy nie die joppie gekry het nie! Sies SARU!

Margie Wilson ·

As ‘n mens niks weet nie, moet jy liewers stilbly.

Johan de Kock ·

Die “Grootbek” sal enigiets oor sy lippe uitlaat net om in die nuus te bly.

Jim ·

Is dit enige komentaar werd? Wat weet hy van rugby af? Ignoreer hom.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.