Watter baat is daar by die Wallis-toets gevind?

Saterdag se eenmalige rugbytoets tussen die Springbokke en Wallis in Washington mag dalk die beursie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie laat bult, maar is dít al waaroor Springbokrugby gaan?

Het die nederlaag van 20-22 teen Wallis al by die rugbybase ingesink? Is daar werklik kommer omdat Springbokkleure verder afgewater is?

Kom ons neem die vertoning in oënskou.

Die eerste toets tussen die twee lande is in 1906 gespeel en dit het Wallis 93 jaar geneem om die Bokke die eerste keer in 1999 (in Cardiff) met 29-19 te klop.

Om te verloor, gebeur met enige span, ook met die All Blacks. Maar om darem sedert 2014 vier uit vyf toetswedstryde teen Wallis te verloor?

Maak die laaste vier neerlae van 2014 (6-12), 2016 (13-27), 2017 (22-24) en Saterdag se 20-22 dan nie seer nie? En dít boonop teen ʼn span met beperkte spelersgetalle en wat laer as jy op die wêreldranglys is?

Kom ons kyk na die getalle.

Wallis het net 250 klubs en 50 557 spelers en die span word basies uit net vier streekspanne gekies: Die Scarlets, Cardiff Blues, Newport Dragons en Ospreys.

Suid-Afrika spog glo met 1 526 klubs en 651 146 geregistreerde spelers.

Die spelers is Saterdag vir die wolwe gegooi, want die span het eers verlede Woensdag na die VSA gevlieg. Ja, daar wás nie genoeg tyd om voor te berei nie (wat almal maande gelede besef het) en dit hét gereën (die weervoorspelling vir donderbuie was ʼn week lank bekend).

Maar was die Walliesers nie in dieselfde bootjie nie?

Die eindstryd van diePro14-reeks is eers op 26 Mei tussen Leinster en die Scarlets beslis en net twee van die 11 Scarlets-toerspelers was in Saterdag se opdrafspan. Hulle moes net soos die Bokke na Washington vlieg en kon ook net een of twee keer saam oefen.

Dit sal baie interessant wees om te sien hoeveel van die 12 nuwelinge wat Saterdag Springbokkleure gekry het, verder ontplooi sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henk

Die Bok embleem gaan gepaard met legendes. Dis nou dalk tyd om die embleem en die legendes te vereer en die Springbok te vervang met die Protea

JJ

Ag eks al siek vir Saffas se verskonings, “eers Woensdag gevlieg” EN dit hét gereen – o en SA kan nie in nat weer speel nie?? Pateties. Kom ons kyk hoe wen die Britte 2-1 weg van die huis af.

Nettie

TRANSFORMASIE, transformasie, transformasie …….. Maak nie saak hóé goed ‘n bepaalde speler speel nie, as sy kleur nie reg is nie, kry hy nie plek in die span nie, want rugby moet getransformeer word. Hoekom word Bafana-Bafana dan nie getransformeer nie> Kyk hoe lyk húlle sogenaamde ‘prestasie’ – dié naweek al weer uitgeval met die COSAFA beker. En kon nie eens kwalifiseer vir die Sokker Wêreldbeker nou in Rusland nie. Om eerlik te wees – ek het lekker gekry tot in my tone toe die Bokke Saterdag verloor het. Dit was maar ‘n sleg begin vir ou Rassie; hiervandaan kan… Lees meer »

bloues

Rassie en die nuwe “game plan” van skrumskakels wat skop gaan nerens die mas opkom nie. ‘n Skoppende 9 en ‘n uiterste swak 10 en daar lê ding.
Swak pateties vrot

Wesley

Dit maak nie eintlik veel saak oor die uitkoms op die veld vir Erasmus en kie nie (hoegenaamd nie eers werd n woordjie nie, maar nou ja), maar die spel is wereldwyd behoorlik deur die modder gesleep, wat snaaks niks met die reen te doene gehad het nie. Die TV uitsending was amateur, die toeskouers was daar maar min van en die hele gedoente n flop. Tot die Walliese skrywers het niks goed om te se nie, en hul span het gewen en baie beter as die Bokke gespeel. Niemand praat eers meer oor die rugby nie, maar oor die… Lees meer »