Watter baat is daar by die Wallis-toets gevind?

Saterdag se eenmalige rugbytoets tussen die Springbokke en Wallis in Washington mag dalk die beursie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie laat bult, maar is dít al waaroor Springbokrugby gaan?

Het die nederlaag van 20-22 teen Wallis al by die rugbybase ingesink? Is daar werklik kommer omdat Springbokkleure verder afgewater is?

Kom ons neem die vertoning in oënskou.

Die eerste toets tussen die twee lande is in 1906 gespeel en dit het Wallis 93 jaar geneem om die Bokke die eerste keer in 1999 (in Cardiff) met 29-19 te klop.

Om te verloor, gebeur met enige span, ook met die All Blacks. Maar om darem sedert 2014 vier uit vyf toetswedstryde teen Wallis te verloor?

Maak die laaste vier neerlae van 2014 (6-12), 2016 (13-27), 2017 (22-24) en Saterdag se 20-22 dan nie seer nie? En dít boonop teen ʼn span met beperkte spelersgetalle en wat laer as jy op die wêreldranglys is?

Kom ons kyk na die getalle.

Wallis het net 250 klubs en 50 557 spelers en die span word basies uit net vier streekspanne gekies: Die Scarlets, Cardiff Blues, Newport Dragons en Ospreys.

Suid-Afrika spog glo met 1 526 klubs en 651 146 geregistreerde spelers.

Die spelers is Saterdag vir die wolwe gegooi, want die span het eers verlede Woensdag na die VSA gevlieg. Ja, daar wás nie genoeg tyd om voor te berei nie (wat almal maande gelede besef het) en dit hét gereën (die weervoorspelling vir donderbuie was ʼn week lank bekend).

Maar was die Walliesers nie in dieselfde bootjie nie?

Die eindstryd van diePro14-reeks is eers op 26 Mei tussen Leinster en die Scarlets beslis en net twee van die 11 Scarlets-toerspelers was in Saterdag se opdrafspan. Hulle moes net soos die Bokke na Washington vlieg en kon ook net een of twee keer saam oefen.

Dit sal baie interessant wees om te sien hoeveel van die 12 nuwelinge wat Saterdag Springbokkleure gekry het, verder ontplooi sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henk ·

Die Bok embleem gaan gepaard met legendes. Dis nou dalk tyd om die embleem en die legendes te vereer en die Springbok te vervang met die Protea

thys swart ·

Ek stem 100% saam. Die era van springbok is verby. Baie goeie tyd en herinneringe kom ons onthou dit so.Ons leef nou in nuwe suid afrika. Dinge verander ,spanne word anders saamgestel..Hoe gouer ons die naam verander hoe beter vir ons.dan vergelyk jy met die huidige.

Ben ·

Ek stem saam. Die BOK era was vir legendes. Vervang met Protea of miskien Gizelle. Die huidige spelers en afrigters is die bokkie nie werd nie. En Ja Hoekom is die Baffana nog nie getransformeer nie? In die World Cup 2010 was geen wit speler, Indiers ens nie. Dit is nou Rasisme op die hoogste vlak. Die ANC altyd besig om te kritiseer maar sien nie die BAALK in hulle eie oe nie. Op Springbokvlak moet net die bestes gekies word. Transformasie kan op skolevlak, club plaasvind en geen Wit skool het ‘n sokker veld of afrigter nie? Ek dink dit is tyd vir self ondersoek by die ANC en bietjie eerlikheid. As gevolg van die ANC se onkunde en bedrog gaan hulle nageslag niks oor he nie. Sport is ook ‘n na uurse bedrywigheid – dit regverdig nie ‘n minister nie.

JJ ·

Ag eks al siek vir Saffas se verskonings, “eers Woensdag gevlieg” EN dit hét gereen – o en SA kan nie in nat weer speel nie?? Pateties. Kom ons kyk hoe wen die Britte 2-1 weg van die huis af.

Nettie ·

TRANSFORMASIE, transformasie, transformasie ……..

Maak nie saak hóé goed ‘n bepaalde speler speel nie, as sy kleur nie reg is nie, kry hy nie plek in die span nie, want rugby moet getransformeer word. Hoekom word Bafana-Bafana dan nie getransformeer nie> Kyk hoe lyk húlle sogenaamde ‘prestasie’ – dié naweek al weer uitgeval met die COSAFA beker. En kon nie eens kwalifiseer vir die Sokker Wêreldbeker nou in Rusland nie.

Om eerlik te wees – ek het lekker gekry tot in my tone toe die Bokke Saterdag verloor het. Dit was maar ‘n sleg begin vir ou Rassie; hiervandaan kan dit net doller as kop-af gaan. Ek dink hy is ‘n swakker keuse vir breier as Snorre én Allister Coetzee saam.

Wesley ·

Gou n vraag… Het ons almal nie die Springbokke ondersteun in die jare van politiese inmenging voor ’92 nie? Dit was nes soos vandag, net omgedraai. Nou pluk ons maar die vrugte van ons foute. En weer lei die spelers onder dit met die fatcats wat profiteer…

What a joke! @Wesley ·

Dankie Wesley, so jy erken nou maar dit is tog maar net omgekeerde rassisme ne!!! Dog nooit ek sou ooit so iets uit jou hoor nie!
En mense wonder hoekom ding so beroerd gaan in Bok rugby,transformasie dit transformasie dat …BWAAAHAHAAAA….
Go NEEEWWWWW ZEEALAND TRAP DAAI SONDEBOK TRANSFORMASIE SPANNETJIE EN WYS HUL WORD RUGBY GESPEEL!

Wesley ·

@ what a joke. Ja dit is so, nooit het ek gese dit is reg om so te maak met spelers bo ander te kies baseer op hul velkleur nie. Maar het dit nie gebeur voor ’92 ook nie? Maar almal jubel en juig oor die verlede se glorie en dat NET vandag se dae n skande is, sonder om die skandes van die verlede te oordeel. Nie die spelers se skuld nie. Maar hul word uitgekryt as swak kwotas. Kan ons dan maar nie ook se, soos Ashwin gedoen het in studio, dat die verlede spelers soos Naas en Mallett ook “kwotas” was nie? Dis hoekom ek liewer nie die transformasie en kwotas gebruik as skelwoorde en verskonings nie. Nog altyd was politiek in die rugby gemeng. Van die begin af tot nou toe. Maar ek se weer, nie die spelers se skuld nie.

bloues ·

Rassie en die nuwe “game plan” van skrumskakels wat skop gaan nerens die mas opkom nie. ‘n Skoppende 9 en ‘n uiterste swak 10 en daar lê ding.
Swak pateties vrot

Wesley ·

Dit maak nie eintlik veel saak oor die uitkoms op die veld vir Erasmus en kie nie (hoegenaamd nie eers werd n woordjie nie, maar nou ja), maar die spel is wereldwyd behoorlik deur die modder gesleep, wat snaaks niks met die reen te doene gehad het nie. Die TV uitsending was amateur, die toeskouers was daar maar min van en die hele gedoente n flop. Tot die Walliese skrywers het niks goed om te se nie, en hul span het gewen en baie beter as die Bokke gespeel. Niemand praat eers meer oor die rugby nie, maar oor die debakel as n grap en dat die organiseerders n sluier oor almal se oe getrek het. Wereld Rugby het n groot knou weg.

Bokkie ·

Ek dink julle moet ophou kerm. Dis as of die verloor van n wedstryd die dood veroorsaak het. Is dit nie dalk tyd dat die spel gespeel word en geniet word nie!

Andre ·

Ek stel glad nie meer belang in ons rugby nie, politiek het alles laat verswak. Dit sal nooit weer wees soos in die ou dae. Ek gaan nie my tyd mors om na kwota spelers te kyk nie.
Alle sterkte ook aan DSTV wat gaan knak omdat mense nie meer dit wil kyk nie.

Veritas ·

Rassie Erasmus het vas geglo dat hy oor die talent beskik om die verrotting in SA rugby, om te keer. Jammer mnr. Erasmus, maar jy is te laat. Die enigste manier wat jy die beste spelers in die Bokspan gaan kry, is om nasionale proewe te hou en dan die BESTE spelers te kies. Ongeag of die bestes nou groen, pienk of pers van velkleur is. Is daar regtig niemand by SARFU wat die moed van sy oortuiging het en die kwotastelsel in die openbaar wil blameer vir die gemors in SA rugby, nie? Liewe land! Hoe moeilik kan dit wees om die waarheid te praat?

Frans C ·

Daar is ‘n groot probleem by Suid Afrikaanse afrigters en dit sê ek met alle respek en nie om neerhalend te wees nie.Ons spelers en afrigters vaar goed in spanne wat goed vaar en waar spelers toegewyd en gedissiplineerd is.

Daar is min afrigters wat ‘n span van die grond af kan opbou en sukses kan behaal.Die meeste bou spanne om bekende gekoopte grootnaam spelers,dikwels ten koste van ander plaaslike provinsies. Kom ons vergeet van kleur,

Deon Davids het iets by die Kings reggekry wat ander nie in kon slaag nie.Jammer dat sy harde werk tot niet gegaan het toe talle spelers die Kings om ‘n verskeidenheid redes
verlaat het.

‘n Ander afrigter is Ackerman.Dit is jammer dat hy nou sy ou span afbreek om ‘n nuwe span in Engeland te bou.Dat spelers Suid Afrika om geld redes en ander verlaat is verstaanbaar,want ‘n rugby loopbaan is van korte duur ivg met ander werk.

Die beste afrigter mi tans is John Mitchell by die Bulle.Hopelik bly hy daar en kan die
Bulle weer ‘n rugbykrag word.Hopelik sal hul as dit gebeur nie ook die pad oorsee vat nie.

Rassie gaan sukkel want hy moet drie base tevrede stel,die rugby publiek,Saru en die minister van Sport.As jy gelyktydig op twee stoele probeer sit val jy gewoonlik tussen die twee.As jy gelyktydig op al drie probeer sit,sit jy die hele lot mis,soos Saterdag se
fiasko bewys het.

Johan ·

Wesley slaan die spyker op die kop oor die feit dat die eksperiment ‘n mislukking was. Die eerste 30 minute was SO VOORSPELBAAR – skrumskakel en al wat leef en beef in die groen trui skop! As iemand wat nog nie rugby gekyk het nie dit aanskou het, sou hy verstom gewees het oor die dubbelle stel reels. Die span in die groen truie moet dan skop en die span in die rooi trui moet hardloop. Hy sou dit nie kon verstaan nie!!!!

Frans C som die hele ding ook reg op so vanuit die afrigters perspektief. Gaan niks herhaal nie – stem saam met hom.

Wel tans het Rassie een van die swakste (indien nie die swakste) rekord nie – wenpersentasie van 0 %. Sterkte Rassie – dit kan net beter gaan.

Driesie ·

Dis tyd om die spel te geniet en minder kommentaar te lewer

@Johan ·

Waarvan praat jy Johan dieselfde wesley waarvan jy praat slaat die spyker op die kop is dieselfde ou wat voor die Wallis wedstryd gese het “goeie span behoort die werk te doen” ,dieselfe span wat toe verloor het! Hy sluk nou sy woorde en se dit was maar net n lekker mislukking en die ou sondebokke staan nou maar net na Wallis op sewende plek na die proef wedstryd om diepte te vind onthou jy nou!Die ou laat my aan ou toetie dink wat plus punte en nogmaals baie goeie aspekte uit n 57 -0 wereld rekord verloor kan sien….duidelik die klits kweit met sy kwota oogklappe op….siestog..

Kwagga ·

Die spel word net geniet as die span darem ‘n spel speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.