Watter reg het die Aussies om vier Superspanne te behou?

Dit maak mos nie sin nie?

Suid-Afrikaanse spanne: 33 Superrugbywedstryde gespeel, 18 gewen, 15 verloor. Australiese spanne: 28 gespeel, 6 gewen, 22 verloor.

Maar as dit wat vertel word waar is, sal twee Suid-Afrikaanse spanne Maandag in die stof byt, terwyl net een Australiese franchise nie aanstaande jaar Superrugby speel nie.

Die Waratahs, een van die vaandeldraers van Australiese rugby, is Vrydag met 38-28 deur die Hurricanes in Wellington geklop om die Aussies se sooibrand te vererger.

Dit was die Waratahs se vyfde nederlaag vanjaar, en hul oorwinnings was, net soos Pale Toe! al berig het,  net teen ander Australiese spanne behaal.

Ja, as die Force in die slag bly, sal die ander Australiese franchises daarby baat vind, maar ek glo nie dit sal die bloeding kan keer nie.

Die Waratahs was met rustyd reeds met 33-7 agter en hoewel hulle ʼn paar spelbrekers, soos Israel Folau en Michael Hooper het, is daar te veel ander leemtes. Hul skrumwerk was swak, hulle het te veel hanteerfoute begaan en in die eerste helfte swak verdedig.

Die Hurricanes, verlede jaar se kampioen, steek effe af by die Crusaders en Chiefs en sal hul spelpeil moet lig om die beker in die Nieu-Seelandse hoofstad te hou, die talentvolle Barrett-broers ofte nie.

Puntemakers –

Hurricanes (33) 38: Drieë: Ngani Laumape 2, Beauden Barrett, Jordie Barrett, Wes Goosen, Mark  Abott. Doelskoppe: Jordie Barrett 4.
Waratahs (3) 28: Drieë: Bryce Hanigan, Ned Hegarty, Jake Gordon, Ned Kellaway. Doelskoppe: Michael Foley 4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lourens Benade ·

Die Superrugby spektakel was nog altyd daarop gemik om die mees suksesvolle kompitisie in wereldrugy, naamlik die Curriebeker-reeks te vernietig, want Oz en NZ weet dit is waar SA se rugby kapitaal opgebou word. Met SA se kortsigtige rugby administrateurs was dit nie te moeilik om die doelwit te bereik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.