WB bevestig Springbokke se basisse in Japan

Die Springbokke se voorlopige basisse vir die groepronde van aanstaande jaar se toernooi om die Wêreldbeker (WB) in Japan is deur die organiserende liggaam aangekondig.

Dit is in die stede Oerajasoe, Oemaezaki, Itsjinomija en Kobe geleë.

Al vier is op die hoofeiland Honsjoe en aan die Stille Oseaan-kant van Japan.

Die 20 deelnemende spanne sal altesame 52 basiskampe gebruik.

Wêreldrugby (WR) het die keuse goedgekeur, en die ooreenkomste met die gasheerstede moet nou afgehandel word.

Die organiseerder sê die onderskeie spanne is in die toekenning geken en verseker die beste moontlike oefenomgewing.

Die basisse sluit oefengeriewe binnens- en buitenshuis, ʼn swembad, ʼn gimnasium en huisvesting in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.