In ʼn sonderlinge prestasie het ʼn Suid-Afrikaanse rugbyspeler Saterdag vier drieë in die Pumas se Premierliga gedruk pas ʼn week nadat hy 22 punte in ʼn uitspeelwedstryd in Spanje behaal het.
Juandré Kleynhans, ʼn gewese onderouderdomspler van die Griffons, het eers 22 punte vir die klub Getxo Artea in sy sege van 85-0 teen Club Deportivo Aparejadores Rugby Burgos behaal.
Hy het in die eerste helfte twee keer gaan druk en vier drieë verdoel, en in die tweede helfte nog twee verdoel voor die plaasvervangers opgestuur is.
ʼn Week later het Kleynhans, wat ewe tuis op heelagter of vleuel is, vier drieë vir die onoorwonne Sasol van Secunda gedruk in sy sege van 53-28 oor Witrivier.
Hy het die afgelope seisoen in tien wedstryde vir Getxo gespeel en 120 punte met tien drieë, 20 doelskoppe en tien strafdoele op sy kerfstok geplaas.
Kleynhans hoop om in Oktober by die Spanse klub wat hy pas help verniel het aan te sluit. Hy glo dit bied beter moontlikhede en sê die afgelope swak vertoning is daaraan toe te skryf dat die klub se oorsese spelers se visums verval het, en hy vir die bepaalde kragmeting op sy tweede span aangewese was.
Die gewese Bulls-skrumskakel Ruan Snyman en ʼn gewese Sharks-o.21-slot, Johan Wagenaar, het vanjaar vir Burgos gespeel.
Hi Piet. Dankie vir die berig. Die wedstryd was sasol teen witrivier:)