Wéér ʼn nuwe kaptein vir die Blou Bulle

Burger Odendaal – nuwe kaptein. (Foto GB Jordaan)

Die Blou Bulle is genoodsaak om hul derde kaptein vir die huidige Curriebekerseisoen te kies nadat Boom Prinsloo deur griep platgetrek is.

Die senter Burger Odendaal neem by hom oor, nadat hy (Prinsloo) vroeër Ruan Steenkamp se plek ingeneem het.

ʼn Borsbesering het Steenkamp se deelname aan die reeks voortydig kortgeknip.

Shaun Adendorff neem Prinsloo se plek in die opdrafspan in, en die nuwe losvoorspeler-aanwins van die Goue Leeus af, Jano Venter, bevind hom op die bank.

Abongile Nonkontwana is die ander opdrafflank in Jannes Kirsten se plek.

Die vaskopstut Conraad van Vuuren is weer fiks en vervang John-Roy Jenkinson, en Dayan van der Westhuizen, wat aan die Kings geleen was, is die nuwe bankstut in Matthys Basson se plek.

Warrick Galant se vrystelling uit die Springbokkamp lei tot sy terugkeer op heelagter.

Marco van Staden of Clyde Davids sal die ander voorspeler op die bank wees. Nie een van die twee het al Curriebekerrugby gespeel nie.

Die span –

15. Warrick Gelant, 14. Kefentse Mahlo, 13. Dries Swanepoel, 12. Burger Odendaal (kaptein), 11. Jamba Ulengo, 10. Tony Jantjies, 9. Piet van Zyl, 8. Nic de Jager, 7. Abongile Nonkontwana, 6. Shaun Adendorff, 5. Ruben van Heerden, 4. Irné Herbst, 3. Conraad van Vuuren, 2. Jan-Henning Campher, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Johan Grobbelaar, 17. Dayan van der Westhuisen, 18. Jano Venter, 19. Marco van Staden/Clyde Davids, 20. André Warner, 21. Joshua Stander, 22. JT Jackson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Callie ·

Wou al in my lewe vuisslaan om die bulle se trotse rekord en eer te beskerm. Wil nou vuisslaan as iemand my vra om na een van hulle wedstrydete kyk. Wil jy my vertel hulle kon in 6 jaar nog nie n stut of skrum afrigter kry nie.Dan praat ons nie van die res nie. Geen trots, geen integriteit, geen plan, geen wil, geen gees hopenlik gou, geen span meer

Jan ·

Wat ek wil weet is waar het hul aan Boom Prinsloo gekom. Die speler is nie ‘n flank nie, omrede hy altyd in die agterlyn is. Die harde werk word voorlangs gedoen deur die ander spelers. Die Bulle kon definitief beter spelers gekry het. Hul kon eerder die flank van die OP kings — Cloete gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.