Wees versigtig vir Rose se dorings

Eddie Jones. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Die Springbokke speel Saterdag teen Engeland op Twickenham en nadat die Rose verlede naweek gelykop teen die All Blacks gespeel het, sal die Suid-Afrikaners beslis op hul hoede moet wees.

Veral met die uitgeslape Eddie Jones aan die stuur van sake.

Hoewel die 62-jarige Australiese afrigter gereeld in die spervuur is – sir Clive Woodward het net ʼn paar maande gelede geskryf dat hy die Engelse op die rugbyveld terughou – weet die Springbokke dat hy nie onderskat moet word nie.

“Eddie voer altyd iets in die mou om sy teenstanders te uitoorlê en ek dink nie hy gaan dit sommer skielik net laat staan nie. Daarom is dit baie belangrik dat ons sal konsentreer en nie vir hulle terugstaan nie. Ons staal onsself vir ʼn baie taai wedstryd,” het Deon Davids, Springbok-assistentafrigter, gesê.

Jones het byvoorbeeld reeds aangedui dat Maro Itoje dalk as een van die losvoorspelers teen die Suid-Afrikaners sal uitdraf.

Maro Itoje. Foto: Twitter.

“Ons sal waarskynlik drie lynstaanspesialiste benodig om teen die Springbokke diens te doen; veral as ʼn mens hul voorliefde vir skoprugby in ag neem,” het hy gesê.

Die skuif beteken dat die 28-jarige speler saam met Sam Simmonds en Billy Vunipola ʼn gevaarlike lostrio kan vorm, terwyl Dave Ribbons dan Itoje se slotskoene sal volstaan.

So van Itoje gepraat – hy het juis vandeesweek die Springbokke se spelpatroon bevraagteken.

“Suid-Afrika speel nog dieselfde tipe rugby as wat hulle in hul eerste internasionale wedstryd gespeel het – hul skrumwerk, skoppe en verdediging is beslis sterk punte,” het hy geskerts.

“Ek is egter baie opgewonde om met die Springbokke op Twickenham kragte te meet”

  • Jacques Nienaber maak later vandag sy span vir die naweek se wedstryd bekend.

Engeland-groep:

Voorspelers: Alex Coles, Luke Cowan-Dickie, Tom Curry, Ellis Genge, Jamie George, Joe Heyes, Jonny Hill, Maro Itoje, David Ribbans, Sean Robinson, Bevan Rodd, Sam Simmonds, Kyle Sinckler, Jack Singleton, Will Stuart, Hugh Tizard, Billy Vunipola, Mako Vunipola en Jack Wills.

Agterspelers: Joe Cokanasiga, Owen Farrell, Tommy Freeman, George Furbank, Will Joseph, Jonny May, Alex Mitchell, Cadan Murley, Jack Nowell, Guy Porter, Adam Radwan, Henry Slade, Marcus Smith, Freddie Steward, Manu Tuilagi, Jack van Poortvliet en Ben Youngs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Eddie Jones moet nie onderskat word deur die bokke nie, hy is n man met planne.

Andrew ·

Agg nee wat die een wen die bokke weer maklik. onthou ons was nie n kans gegee teen hulle in die world cup final nie en toe hardloop ons die engelse bleek.

Boer ·

As daar een speler is wat vir Maro wag is dit Eben daai 2 sit nie om dieselfde vuur nie. Kom ons kyk wat gebeur Saterdag ek hoop net die ref boor ons nie. Go Bokke!!!!!!!!!!!!!

vuurvliegie ·

Statestiek wys die Bokke boor hulself. Vra vir Rassie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.