Wegholsege vir Streeptruie in Frankryk

Die Westelike Provinsie het sy Franse toer met ʼn wegholoorwinning afgeskop toe hy Narbonne Saterdag in Millau met 59-14 verslaan het.

Die Streeptruie was rustyd met 24-7 voor.

Narbonne speel die komende seisoen in die Franse Pro D2-liga nadat hy die vorige seisoen heel laaste in die Top14-reeks geëindig het. Hy kon net sewe van sy 30 wedstryde wen.

Die wedstryd op die Millau-sportpark was deel van die stad se Somerrugbyfees, wat vanjaar die tweede keer plaasvind.

Die WP speel Donderdag in die ander feeswedstryd teen Montpellier, wat verlede seisoen eerste op die Top14-punteleer was.

♦ In Potchefstroom het die Pumas hul littelosmaker teen die Luiperds met 28-13 gewen.

Puntemakers –

Narbonne 14 (7) – Drieë: Strafdrie, nóg ʼn drie. Doelskop: 1.

WP 57 (24) – Drieë: Juarno Augustus, Paul de Wet (2), Dan Kriel, Scarra Ntobeni (2), Salmaan Moerat, Dillyn Leyds (2). Doelskoppe: Josh Stander (4), Dillyn Leyds (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bollie ·

Goeie oorwinning as jy in ag neem dat die WP se huidige Bokke nie gespeel het nie en dat die Franse span tog nog nie die jaar in hul pro 14 gespeel het (en seker nog met oorsese spelers ook). Ek sal verbaas as die WP Montpellier klop met al sy oorsese sterre.

Werner E ·

Ja nee, dit is verseker ‘n groot prestasie vir WP. Wen ‘n span wat in die 2de Franse liga laaste was in die vorige seisoen en die volgende seisoen in die derde liga speel.

As dit die maatstaf is waaraan WP hulle self meet, dan kan ek nie enige lig vir hulle sien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.