Welkom hier, julle

Madosh Tambwe het met sy vaart beïndruk. Foto: Twitter

Sestien wedstryde en vier oorwinnings. Dít is die hartseer verhaal van Suid-Afrika se vier rugbyspanne in die openingsrondes van die Verenigde Rugbykampioenskap.

Dinge was ongetwyfeld nie maklik nie – 4G-velde, verdagte skeidsregterbeslissings, vinniger speeltempo’s en ’n bietjie vreemde weerstoestande het sake bemoeilik.

Daarbenewens sukkel die Suid-Afrikaners veral by die afbreekpunte in Europa, maar volgens Dylan Richardson (die Sharks-speler wat binnekort dalk sy Skotland-buiging kan maak) sal die plaaslike spanne haas onstuitbaar wees wanneer hulle al die reël-interpretasies onder die knie het.

Volgens die Bulls se Jake White het sy span waardevolle lesse geleer en hulle sal voortaan onder meer ’n beter vertoning in die eerste helfte moet lewer – hulle kan nie elke keer ’n rustydagterstand van 16–3 in die laaste 40 minute van die spel probeer uitwis nie.

“Ons is in ’n nuwe kompetisie en daar word baie gepraat oor die skeidsregtervertonings en oor ons vermoë om aan te pas. Daar moet egter nog baie wedstryde gespeel word en die spanne moet nou na Suid-Afrika kom; ek is seker dinge kan verander,” het White gesê.

Maar bygesê, die Cheetahs het ook gereeld hul Europese teenstanders in Bloemfontein laat les opsê …

  • Bepalings:

27 November:

Stormers teen Zebre Parma, Sharks teen Scarlets, Bulls teen Munster.

28 November:

Lions teen Cardiff.

3 Desember:

Bulls teen Scarlets.

4 Desember:

Sharks teen Zebre Parma, Lions teen Munster, Stormers teen Cardiff.

  • Punteleer:
  1. Ulster 20 punte
  2. Leinster 19 punte
  3. Munster 19 punte
  4. Glasgow Warriors 15 punte
  5. Ospreys 13 punte
  6. Edinburgh 13 punte
  7. Cardiff Blues 10 punte
  8. Benetton 10 punte
  9. Stormers 7 punte
  10. Dragons 7 punte
  11. Connacht 6 punte
  12. Lions 6 punte
  13. Scarlets 6 punte
  14. Sharks 5 punte
  15. Bulls 5 punte
  16. Zebre 1 punt

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Hulle bring hulle beste spelers julle speel met kwota spanne soos voorgeskryf deur die ANC regering gebaseer op velkleur wat die sa spanne se ondergang gaan wees.

Snuffelgids ·

Ek hoop ons is so gaaf om die wedstryde 15h00 en 17h00 te speel…welkom in die Afrika son

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.