Welkom terug, Frans Steyn

Frans Steyn (Foto: Twitter)

Die 33-jarige Frans Steyn het ʼn drie in sy eerste wedstryd vir die Cheetahs se senior span gedruk toe die Vrystaters die Griekwas in Kimberley geklop het.

Die Cheetahs het uiteindelik ses drieë gedruk om die opwarmingswedstryd teen die Noord-Kapenaars met 40 – 7 te wen.

Steyn, wat in 2007 en in 2019 die Wêreldbeker-rugbytoernooi saam met die Springbokke gewen het, het besluit om sy loopbaan in Bloemfontein af te sluit nadat hy onder meer vir die Haaie en Montpellier gespeel het.

Die Cheetahs se Chris Massyn, wat vandag op die Vrystaters se plaasvervangersbank was, het vroeër gesê dat ervare spelers soos Steyn en Ruan Pienaar trots is om weer rugby in die Vrystaat-trui te speel.

“Die Cheetahs se tradisies en geskiedenis spreek vanself; dit is ongelooflik spesiaal om die trui oor jou kop te trek. Ons speel ʼn unieke tipe rugby en ons ondersteuners is ons trots – hulle staan saam met jou deur dik en dun,” het Massyn gesê.

  • Puntemakers:

Cheetahs: Drieë: Rosko Specman, Malcolm Jaer, Andisa Ntsila, Frans Steyn, Carel-Jan Coetzee en Louis van der Westhuizen. Doelskoppe: Ruan Pienaar (5) en Adrian Carelse.

Griekwas: Drie: Daniel Kasende. Doelskop: Ashlon Davids.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dubbelloop

Dit is so verblydend om steeds te lees dat Vrystaat rugby daar is en dat dit goed gaan met hulle. Ek wens die Cheetahs kon ook nou teen die ander 4 spanne speel. Go Cheetahs go.

AJ

WELKOM TERUG Frans Steyn!

… en Ruan Pienaar!

Lekker om julle weer in die Vrystaat te sien!