Welwitschias pak Blou Bulle met ‘nuwe’ opdrafspan

Die Welwitschias pak die Blou Bulle Saterdag by die Hoërskool Garsfontein in Pretoria met ʼn grootliks nuwe opdrafspan.

Dis genoodsaak deur die op hande synde deelname van die nasionale span aan Wêreldrugby se Nasiesreeks in Montevideo, Uruguay.

Justin Nel (heelagter), Ethan Beukes, Francois Wiese (senters), Nikin Cloete (linkervleuel), Dirk van Weidts (losskakel), Cameron Klassen (skrumskakel), Munio Kasiringua (slot), Neil van Vuuren (haker) en Christo McNish is nuut in die opdrafspan, en die bank is met Nelius Theron, Denzil van Wyk, Thomas Kali, Russell van Wyk en Aurelio Plato aangevul.

David Philander skuif van heelagter af regtervleuel toe, en Rohan Kitshoff is die nuwe kaptein.

Van die nuwelinge het Nel (tien), Russell van Wyk (nege) en Cameron Klassen (een) toetservaring.

Die span –

15. Justin Nel, 14. David Philander, 13. Ethan Beukes, 12. Francois Wiese, 11. Nikin Cloete, 10. Dirk van Weidts, 9. Cameron Klassen, 8. Roderique Victor, 7. Rohan Kitshoff (kaptein), 6. Thomasau Forbes, 5. Max Katjijeko, 4. Munio Kasiringua, 3. Andries Rousseau, 2. Neil van Vuuren, 1. Christo McNish. Bank: 16. Orbet Nortjé, 17. Desiderius Sethie, 18. Nelius Theron, 19. Denzil van Wyk, 20. Thomas Kali, 21. Russell van Wyk, 22. Aurelio Plato.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.