Welwitschias span 12 toetsspelers teen Valke in

Die Welwitschias het 12 toetsspelers ingesluit in die 22-tal wat Saterdag in die Barnardstadion op Kemptonpark in die Supersport-uitdaagreeks teen die Valke speel.

Sewe van hulle het Wêreldbekerrugby gespeel – die kaptein, Eugene Jantjies, in drie toernooie.

Met 53 toetse agter die blad is Jantjies die mees ervare speler in die groep.

Die losskakel Theuns Kotzé het in 34 gespeel, die senter Darryl de la Harpe in 33, die flank Rohan Kitshoff in 30, en die heelagter David Philander in 26.

Laasgenoemde het jare gelede Nieu-Seeland toe verhuis en onder meer die provinsiale span Poverty Bay verteenwoordig.

Die ander toetsspelers is Shaun du Preez (haker, 5), AJ de Klerk (stut, 12), Leneve Damens (agsteman, 9), Gino Wilson (vleuel, 5), JC Greyling (senter, 15), Gerhard Lotter (reserwe-haker, 4) en Cameron Klassen (reserweskrumskakel, 1).

Lyn Jones, die Welwitschias se afrigter, het onlangs aan Pale Toe! gesê hy beoog dat die span ongestruktureerde dinkrugby sal speel, en het drie jaar nodig om dit behoorlik te vestig.

Die span –

1. Christo McNish, 2. Shaun du Preez, 3. AJ de Klerk, 4. Muniovito Kasiringua, 5. Max Katjijeko, 6. Thomasua Forbes, 7. Rohan Kitshoff, 8. Leneve Damens (onderkaptein), 9. Eugene Jantjies (kaptein), 10. Theuns Kotzé, 11. Gino Wilson, 12. Darryl de la Harpe, 13. JC Greyling, 14. Lesley Klim, 15. David Philander. Bank: 16. Gerhard Lötter, 17. Collen Smit, 18. Mahapisa Tjeriko, 19. Victor Roderigues, 20. Francois Wiese, 21. Cameron Klassen, 22. Aurelio Plato. Reisende reserwe: Andries Rousseau (stut).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.