Welwitschias verstel span wat net-net verloor

Namibië het ietwat verstel aan die opdrafspan wat net-net teen die Grens verloor het, vir sy eerskomende kragmeting in die Curriebeker- Eerste Liga teen Boland in Windhoek.

Manie Grobler neem aan die vaskopkant van die skrum by AJ de Klerk oor, wat op die bank gekies is.

Die jong Denzil van Wyk neem by Mahepiso Tjeriko op slot oor, en Rohan Kitshoff op die flank by Max Katjijeko.

Eugene Jantjies skuif van losskakel na skrumskakel toe, en Theuns Kotzé is terug in die nommer 10-trui.

Die span –

15. Macho Prinsloo, 14. Johan Tromp, 13. Lesley Kim, 12. Darryl de la Harpe, 11. David Philander, 10. Theuns Kotzé, 9. Eugene Jantjies, 8. Thomas Kali, 7. Thomasau Forbes, 6. Rohan Kitshoff, 5. Denzil van Wyk, 4. Ruan Ludick, 3. Manie Grobler, 2. Obert Nortjé, 1. Hauta Veii. Bank: 16. Daniël van Vuuren, 17. AJ de Klerk, 18. Nelius Theron, 19. Monio Kasiringua, 20. Riaan de Klerk, 21. Pieter Steenkamp, 22. Heinrich Smit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.