Welwitschias versterk span ná Leeus-loesing

Darryl de la Harpe met die bal. (Foto: Facebook)

Die afrigter van Namibië se Welwitschias, Lyn Jones, het die span wat met 14-112 teen die Goue Leeus verloor het, heelwat versterk vir Sondag se kragmeting teen die Pumas in die Bill Jardinestadion in Johannesburg.

Die verskuiwing van David Philander (26 toetse) na heelagter en die insluiting van Gino Wilson (vleuel, vyf toetse), Darryl de la Harpe (senter, 33 toetse) en Rohan Kitshoff (flank, 30 toetse) behoort die span gewis te versterk.

Philander vervang Aurelio Plato op heelagter en Wilson neem sy (Philander se) plek op linkervleuel in. De la Harpe vervang Francois Wiese, en Kitshoff vir Thomasau Forbes.

Ruan Ludick, ʼn toetsslot (vier toetse) wat ʼn deel van die Britse seisoen vir die Walliese klub Merthyr gespeel het, is op die bank gekies.

Die span –

15. David Philander, 14. Lesley Klim, 13. JCGreyling, 12. Darryl de la Harpe, 11. Gino Wilson, 10. Theuns Kotzé, 9. Eugene Jantjies (kaptein), 8. Victor Rodrique, 7. Leneve Damens, 6. Rohan Kitshoff, 5. Max Katjijeko, 4. Thomas Kali, 3. Andries Rousseau, 2. Shaun du Preez, 1. Collen Smith. Bank: 16. Orbet Nortjé, 17. Christo McNish, 18. AJ de Klerk, 19. Ruan Ludick, 20. Adrian Booysen, 21. Cameron Klassen, 22. Heinrich Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.