Wen rugbykaartjies vir die Wêreldbeker in Japan!

’n Ontmoeting tussen die Springbokke en Nieu-Seeland is altyd iets vir die rugby-fynproewer – behalwe natuurlik in die 2003-weergawe, toe die Nieu-Seelanders Rudolf Straeuli se span met 29–9 ore aangesit het.

Maar al die ander kragmetings was naelbyt-affêres, met die Bokke wat in 1995 (15–12 in die eindstryd) en 1999 (22–18 in die bronsmedaljewedstryd) gewen het. Richie McCaw-hulle het in die laaste Wêreldbeker-toernooi die pyp gerook toe hulle die halfeindstryd met 20–18 gewen het.

Wen rugbykaartjies vir die Wêreldbeker in Japan!

Vier gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen danksy Maroela Media en Virseker om die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland op 21 September 2019 in Japan te sien. Die wedstryd vind plaas by die internasionale stadion in Yokohama, Japan.

Die prys, ter waarde van R80 000 elk, sluit in:

  • Retoerkaartjies na en van Japan
  • Vier nagte verblyf in ʼn sentraal geleë hotel in Tokio
  • Ontbyt daagliks
  • Vervoer in ʼn bus: lughawe/hotel/stadion/hotel/lughawe
  • Twee wedstrydkaartjies vir die “pool B”-wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland by die Yokohama-stadion
  • Reisversekering
  • Logistieke ondersteuning deur ʼn SA Rugby-verteenwoordiger
  • Datums: Vertrek 18 September 2019 vanaf OR Tambo in Johannesburg; vertrek 23 September 2019 vanaf Tokio terug na Johannesburg

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 17 Augustus 2019.
Vier dubbelreispakkette kan gewen word.

Klik hier om in te skryf. 

  • Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). Enige verwysing na “ons”, “met” en “deur” verwys na Auto & General.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariné Lourens ·

Dagsê Peet

Jammer om te hoor dat jy sukkel. Indien jy Internet Explorer as webblaaier gebruik, kan dit die probleem wees. Probeer die skakel in ‘n ander webblaaier (bv. Google Chrome of Microsoft Edge) oopmaak en kyk of hy dan werk. Indien nie, stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected] sodat ons kyk hoe ons verder kan help.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Juanize

Dankie vir jou navraag. Jy kan inskryf soveel kere as wat jy wil.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Terloops

Dankie vir jou navraag. Jou metgesel mag minderjarig wees, dit is geen probleem nie!

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Terloops ·

Hi MM, mag jou metgesel minderjarig wees? Sou graag my seun wou saamvat.

Karien ·

Hi, net ‘n vraag. As jy inskryf en die wiel wat draai val op strafskop 0. Kry jy nogsteeds 1 inskrywing?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.