Wêreldbeker: Iere bederf Bokke se Sondag

Ireland se James Ryan van die bal in die lynstaan (22 September 2019) (Foto: AP Photo/Christophe Ena)

Die Springbokke wou juis ʼn wedstryd teen Ierland in die kwarteindronde van vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi vermy, maar van dié planne het daar dadels van gekom.

Nadat die Bokke Saterdag in Jokohama met 23-13 deur die All Blacks in hul groepwedstryd in Groep B geklop is, het Rassie Erasmus-hulle sekerlik duime vasgehou dat Skotland Sondag, ook in Jokohama, die Iere kon verras in hul kragmeting in Groep C.

Maar nadat die Iere die Skotte met 27-3 gewurg het, wag hulle nou na alle waarskynlikheid op die Bokke in die kwarteind, terwyl die veel swakker Skotte die All Blacks sal pak.

Die Iere was rustyd met 19-3 voor en volg dieselfde bloudruk as Erasmus-hulle.

Beheer sake voorlangs en gebruik ʼn skoppende skakelpaar, Conor Murray en Johnny Sexton, om al die toutjies te trek.

Die Bokke se voorspelers is in staat om hul man teen die Iere te staan, maar kan Faf de Klerk en Handré Pollard met die Iere se Conor/Murray-kombinasie saamgesels?

Die Iere maak ook die spel stadig, hulle maak ook van opskietverdediging gebruik, hulle binnesenter Bundee Aklee dons netsoos Damian de Allende ook met elke bal in en hulle het, netsoos die Bokke, vinnige het vaardige buiteagterspelers om munt uit die teenstanders se foute te slaan.

En dan gedy hulle ook nog as dit sou reën.

* Punte; Ierland: 27 (19): Driee: James Ryan, Rory Best, Tadhg Furlong, Andrew Conway. Doelskoppe: Johnny Sexton, Conor Murray. Strafdoel: Jack Carty.

Skotland 3 (3): Strafdoel: Greg Laidlaw.

 

England se Luke Cowan-Dickie (22 September 2019) (Foto: Naoya Osato/Kyodo News via AP)

Engeland het in Saporro nie gelyk soos ʼn span wat die Webb Ellis-trofee omhoog kan hou nie nadat hulle Tonga met 35-3 geklop het nadat die Rose met rustyd net met 18-3 voor was.

Dis dieselfde Tonga-span wat slegs ʼn week of wat gelede met 92-7 deur die All Blacks oorrompel is.

Dit was wel waardevolle wedstrydoefening vir die Rose, hulle kon aan Japanse toestande gewoond raak, maar hulle kon eers drie minute voor die einde ’n bonuspunt drie druk, terwyl hulle ook 13 hanteerfoute begaan het.

Maar hulle het nie van hul wedstrydplan afgewyk nie en dit was dalk net die regte medisyne waarop die afrigter, Eddie Jones, gewag het.

Nou weet die spelers wat om vorentoe toe verwag, waarop hulle kan en moet verbeter en of daar ander spelers in die groep is wat na vore kan tree

* Punte: Engeland 35 (18): Drieë: Manu Tuilagi (2), Jamie George, Luke Cowan-Dickie. Doelskoppe: Owen Farrell (3). Strafdoele: Farrel (3).

Tonga 3 (3): Strafdoel: Sonatane Takulua.

 

Namibië se Damian Stevens (22 September 2019) (Foto: Yuki Sato/Kyodo News via AP)

In Sondag se eerste wedstryd in Higoshioka het Italië vir Namibië met 47-22 geklop, maar die Namibiërs het baie vriende gemaak.

Ja, hulle het geen kans om die uitkloprondes te haal nie, maar die passie waarmee hulle gespeel het en die feit dat hulle nooit gaan lê het nie, het die ondersteuners opgewonde gemaak en hulle toegejuig.

Hou maar dop, die agente in Suid-Afrika (en in Europa) gaan die tjekboeke vir veral die vleuel Chad Plato uithaal, want dié man het vaart en durf.

* Punte: Italië 47 (21): Drieë: Strafdrie (7 punte), Tommaso Allan, Tito Tebaldi, Edoardo Padovani, Carlo Canna, Jake Polledri, Matteo Minozzi. Doelskoppe: Allan (3), Carlo Canna (2).

Namibië: 22 (7): Drieë: Damian Stevens, JC Greyling, Chad Plato. Doelskoppe: Cliven Loubser (2). Strafdoel: Loubser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

LC ·

JV
Jys reg , stuur Fad de Klerk huis toe, maar nie Faf de Klerk nie.
Jou spelling se dit alles. Skool toe vir jou ou maat jy het dit nodig, o dan sal jy miskien rugby verstaan

Lekker lag ·

Bokke moet nog Italie klop, en hul het al teen Italie verloor. Sal nie verder as kwart finaal vorder nie.

Werner ·

Dit is juis hoekom die RugbyWereldBeker in n grap ontaard. As dit volgens krieket-formaat gespeel word (almal teen almal) sou ons nie soos in 2007 op ander spanne kon staat maak nie.

Juanita ·

Agree 100%, 20 teams & each one plays 19 games – earn you money boykies

MB ·

Almal gaan so mal oor Faf maar hy het seker nie n ander keuse gehad nie want Pollard was ook nie op die veld nie. Pollard kan net agter n wen span speel en indien die span agter is weet hy nie wat om to doen nie en dit maak dit alles vir die span erger. Kry n ondentlike losskakel en self die skrumskakel sal beter vertoon. Waarom is Frans Steyn nie op gestuur toe Pollard so swak geskop het nie.

jakes ·

Rassie en sy afrigtingspan is te blameer vir die sirkus saterdag. Herchel Jantjies en Frans Steyn moes na 20 minute vir Faf en Willie vervang het. Ek het ook rugby gespeel en afgerig en dis onverklaarbaar dat Rassie nie kon sien waar die swakpunte in die Bokke se spel was nie. Faf moes nie gaan toer het nie want hy is hopeloos te stadig en Willie is lankal verby sy beste. Ek sien tans nie lig in die tonnel nie of as Rassie dalk lig sien is dit beslis n trein wat oppad is.

Gatiep ·

Jakes,
Ditto. Dit is mos makliker om die skeidsregter die skuld te gee.

Willi ·

Hoekom word daar van die bokke gepraat. Hulle speel in ‘n protea trui en nie soos die ander spanne met hulle nasionale embleem nie. Dus net sulke “jokers” en “chokers” as hulle mede krieket spelers. Dis ‘n skande en vernederend. Op dieselfde pad as die bafana’s wat goed inpas op die huidige politieke klimaat. Miskien moet rassie bafana gaan leer bal skop.

Frans C ·

Daar is niks verkeerd met die sg ‘box kick’ nie,almal gebruik dit ,maar dan moet dit opgevolg word om die ontvanger onder druk te plaas en die bal terug te wen van die losskrum wat ontstaan.

Dit gebeur nie omdat die skoppies onakkuraat is en dan net die bal aan die opposisie gee
om mee aan te val.Ons sien te veel spelers wat oor die breekpunte duik en aan die verkeerde kant beland,of by laagvat agter die speler val en daar lê.Dit is obstruksie.

Die kuns van af en inskop is verloor.Die beginsel was altyd dat jy die bal so hoog en ver skop in normale omstandighede dat die stadigste ou in die span by die bal kan uitkom.
So kan jy van jou voorspelers gelyk by die afbreekpunt laat aankom en sonder om die man of die bal te speel bo oor hom dryf en staande bly.Dit verhoed dat hy die bal plaas
en gee jou baljagters ‘n kans om die bal te bemeester.

In ierder geval as ‘n pak bo oor die ontvanger gedryf het gaan hy die bal gou los en sorg dat hy daar uitkom.Moet net nie op die ou duik of val nie.Enige agterspeler wat tussen
‘n klomp voorspelers beland sal nie weer so gretig wees om die bal te vang nie.

Kyk gerus na die manier waarop Engeland skrum.Die los en vaskop skrum in op die haker wat dat gesien word aan die manier waarop die flanke ondersteun.Dit is onwettig.

JohanL ·

Frans, ek het in vorige berig (week of twee gelede) geskryf dat die Frankryk / Argentinie wedstryd belangrik kan wees en albei spanne het ‘n kans. Nie self gekyk nie, maar klink my was riller en Argentinie kon net sowel gewen het.

Ek het so “snaakse” gevoel ek speel eerder Iere in kwart-eind as Engeland (waarskynlik? sou ons die AB’s gewen het) in semi. Iewers moet ons in elk geval die sterker spanne speel as jy die WB wil wen. Ek baseer my gevoel op die – ‘n gevoel en niks anders nie. Sal graag wil hoor wat jy dink? – as ek jou in hoek mag druk :)

Matt ·

Wonder net of al die aanbieders van rugbyprogramme en ook ons eenogige kommentators nog steeds vir Pollard as die wêreld se beste loskakel sien. Ek is al keelvol om te hoor hoe ons spelers alewig as die wêreld se bestes verkondig word, maar hul prestasies is swak, veral as daar druk toegepas word. En ja, die bokke bestaan nie meer nie, ongeag wie wat sê, dit is nou die Protea (blommetjie) span.

Frans C ·

Die Bokke moet by hengelaars gaan leer.As die nie eers een byt kry nie dan verander hul die aas,hul maak dus ‘n plan.Die Bokke het net een plan en hou vol daar mee of dit nou werk of nie.
Dit wil voorkom of daar nie aan alternatiewe planne gewerk is nie en dat die kaptein en senior spelers nie die moed het om bymekaar te kom en te besluit om die patroon te verander nie en iets anders te probeer nie.

Ek weet ek vra ook dat sekere spelers vervang moet word,maar is na alles nie seker of hul beter gaan vaar nie as die spelpatroon nie verander nie.

ja nee ·

Ek dink nie mense verstaan lekker dat Faf en Willie sukkel so omdat Pollard sukkel nie. Hy het geen game management nie en dis hoekom hy die genoem kan word in enige lys van goeie losskakels nie. Bokke moet tevergete kyk n a 9 en 15 om die aanvalle te loods en rigting te gee. As ons n 10 het wat sy stempel kan afdruk kan die 9 dalk vir hom die bal gee.

JB ·

Ja nee, julle praat heeltemal te vroeg van n kwart eindstryd…

ProotGraat ·

Engeland in ‘n kwarteind? Watter jaar se WB volg jy???

Pietsnot ·

As almal teen almal moes speel, sou die protea-bokke al vroeg huis toe gekom het. Faf en Pollard speel onder opdragte van Rassie. Hy coach alle flair uit spelers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.