Wêreldbeker-losskakel op die bank vir Boland

Theuns Kotzé (Foto: Twitter)

Theuns Kotzé (Foto: Twitter)

Die Bolandse Kavaliers spog Vrydag in die opstelronde van die Curriebeker teen die OP Kings op Wellington met `n Wêreldbeker-losskakel op die bank.

Die Namibiese losskakel Theuns Kotzé vervang Gavin Hauptfleisch op die bank. Op 28 het hy 29 toetse en twee Wêreldbekertoernooie agter die blad.

Daar is slegs een gedwonge verandering en `n voortspruitende posisionele skuif in die opdrafspan

Danwell Demas skuif na die regtervleuel in die plek van die beseerde Sergio Torrens. Demas se plek word deur Craig Pheiffer gevul.

In nog `n verandering op die bank vervang die gewese Bolandse Cravenweek- en SA Skolehaker, Francois Esterhuizen, vir JC Genade.

Die Kavaliers is skerp in die kollig ná die indrukwekkende wyse waarop die span die Sharks-vyftiental verlede week 37-25 met opwindende hardlooprugby geklop het.

Die wedstryd op Wellington begin 16:00.

Die span –

15. Nico Scheepers, 14. Danwel Demas, 13. Ryan Nell (kaptein), 12. Christopher Bosch, 11. Craig Pheiffer, 10. Adriaan Carelse, 9. Marnus Hugo, 8. Zandré Jordaan (onderkaptein), 7. Shaun McDonald, 6. Shaun Adendorff, 5. Okkie van Zyl, 4. Hanno Kitshoff, 3. Basil Short, 2. Chadley Wenn, 1. Francois Hanekom. Bank: 16. Francois Esterhuizen, 17. SP Wessels, 18. Keenan Cronjé, 19. Wayne Wilschut, 20. Jovelian de Koker, 21. Edwin Sass, 22. Theuns Kotzé.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.