Wêreldbeker se bodproses hersien ná gewirwar

Die bodproses vir die aanbieding van die Rugbywêreldbeker sal allig hersien word in die lig van die afgelope gewirwar met die toewysing van 2023 se toernooi.

Wêreldrugby (WR) se dagbestuur het aangedui dat Suid-Afrika die voorkeurbiëer was, maar sy raad het die toernooi aan Frankryk toegeken.

Dit het die wêreldliggaam, maar veral sy dagbestuur, erg in die verleentheid geplaas.

Luidens berigte van oorsee het Brett Gosper, WR se hoof- uitvoerende beampte, aangedui dat die beleid waarkragtens die dagbestuur ʼn aanbeveling aan die raad doen heel waarskynlik geskrap sal word.

Die geslote stemming en die tydsverloop van twee weke tussen die bekendstelling van die onafhanklike aanslag en die stemming deur die WR-raad sal ook onder die loep kom, het hy gesê.

Gosper reken die verwerping van die dagbestuur se aanbeveling deur die raad het die bodproses ondermyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.