Wêreldbeker-toernooi: Skop tog net af!

Die All Blacks bly die groot gunsteling in die toernooi. (Foto: Facebook)

Dis hoog tyd dat die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan begin.

Die trant van die berigte is oraloor byna dieselfde, jy kan maar net die spanne se naam verander en siedaar.

Wanneer jy ʼn Springbok-ondersteuner is, sal jy met vorige Bok-afrigters soos Nick Mallett, Jake White en Heyneke Meyer saamstem dat die Bokke die toernooi kan wen.

Oud-Springbok-kapteins soos Corné Krige, John Smit en Victor Matfield en Bok-legendes soos Bryan Habana huldig dieselfde mening.

Dink maar net daaraan as hulle die dag nie so sê nie.

Die Bokke het immers die WB-toernooi al twee keer vantevore gewen en slegs ʼn maand gelede die Rugbykampioenskap verower. Hulle is vierde op die wêreldranglys, beseringsvry en het ʼn meesterplan ontwerp om die All Blacks te ontspoor.

Hulle is ook al byna drie weke in Japan om aan die hitte en humiditeit gewoond te raak en het die tuisspan in ʼn opwarmwedstryd met 41-7 geklop.

Hulle pas baie goed aan, word op die hande gedra en het die Japanse kultuur omarm.

As jy ʼn Engelse ondersteuner is, sal jy instemmend kop knik oor oud-afrigter Clive Woodward se mening dat die Engelse kan wen.

Engeland is immers derde op die wêreldranglys, het die trofee in 2003 verower en in hul laaste twee opwarmwedstryde teen Ierland en Italië gewys wat in hulle steek.

Die Engelse afrigter Eddie Jones het Japan by 2015 se toernooi afgerig toe hulle die Bokke in Brighton geklop het en weet wat op hulle wag.

Die Engelse pas baie goed aan, het vlugflouheid reeds afgeskud en word op die hande gedra.

Die All Blacks bly die groot gunstelinge, al het hulle die Rugbykampioenskap aan die Bokke afgestaan en teen die Wallabies die eerste Bledisloe-toets verloor.

Die All Blacks was jare lank die voorste span op die ranglys en het Tonga in hul laaste opwarmwedstryd (met 14 man) met 92-7 vermorsel.

Hulle mik na ʼn derde opeenvolgende WB-kroon en het hul speelstyl aangepas om dit te kan doen.

Wallis (eerste op die ranglys) en Ierland (tweede) stap dieselfde paadjie, en so ook die Wallabies.

Daar is die afgelope twee weke allerhande spanne gekies, die beste WB-spelers van alle tye is aangewys, die beste oomblikke van vorige WB-toernooie is uitgebeeld.

Maar wanneer twee seekatte weer nader getrek word om voorspellings te maak, besef jy opnuut hoekom ondersteuners kriewelrig raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gatiep ·

Hierdie Wereldbeker-toernooi gaan n paar groot skokke meebring.

bollie ·

Posisies op die wêreldranglys is nie tans soos in hierdie berig weergegee nie. Die volgorde is: Ierland, NS, Engeland, SA, Wallis. Sal ook graag wil weet wat is die meesterplan.

kolla ·

Kan die skrywer asseblief meer inligting gee oor hierdie meestersplan, ek dink meeste van ons weet nie/kon nog nie heeltemal agterkom wat dit is nie. Ek kan net raai – Up and unders die heeltyd en hoop ons verdediging hou?

Jan P ·

Ek sien erg uit na die wb. Gaan die beste ooit wees! Verwag n paar interesante uitslae. Glo BOKKE gaan ons trots maak!! Kom ons los almal ons snedigheid en ondersteun die bokke!!

corne ·

Hulle gaan in die hek duik gaan dit nie maak nie. En met n kaptein wat spot met afrikaans op tv as hy hier kom die bokke sing en se moeinie uitsaai nie verdiende loon

sannie ·

Jan P ons land is vol negatiewe mense. Kry julle so jammer

Frik ·

Sannie, SA is in ‘n krisis. Daar is dinge wat belangriker is as rugby. Wen of verloor, ons gespartel om te oorleef sal voortduur.

Andre Coetzee ·

Ja meesterplan ?? Lol nee wat.Verstaan net dit.Kollisi sou nie eers plek gekey het in enige van die New Zealand se super spanne nie.All die vlanke daar is beter as hy…maar hy is SA se kaptein? Lagwekkend.Nee wat die Bok ondersteuners moet weer aarde toe kom.Die bokke gaan soos krieket tweede kom daar.

Jan P ·

????????Baie trots om n positiewe Suid-Afrikaner, en Springbok ondersteuner te wees!! Al die klomp suurgatte moet maar n brug bou en oor hulle siektes Kom!!!

Rinkhals ·

Kyk positiwiteit wen wereldbekers. Vergeet van die kwaliteit spelers, afrigting, fiksheid, spel en verdediging patroon en mees belangrik leierskap deur kaptein en senior spelers. Dit beteken niks maar kyk ons is positief. Dis wanneer mens na die faktore by die bokke kyk dat positiwiteitsvlakke bietjie daal. Maar dis net vir negatiewe rugbykenners.

ja nee ·

Kolisi sou nie plek gekry het in 1 van NZ se super rugby spanne nie, hy sou plek gekry het in al 5 spanne! Die krieket was sewende, ver van tweede af? Jou kennis van sport kom maar redelik tweede…

Werner ·

Ek dink die meesterplan is om sonder die bal te speel. Skop besit weg en verdedig net! Hoewel Pieter-Stef n vorige speler is, is hy n slot en nie n flank nie.

ja nee ·

Gelukkig is jy n sitkamerbank toeskouer en nie die afrigter nie…

cathy ·

Soos gewoonlik ‘n hele klomp negatiewe bitterbekke. GO bokke go! Ek en baie ander is agter julle! :)

Werner ·

Die Bokke se meesterplan sal wees om sonder die bal te speel. Skop besit weg en verdedig net. Tipiese Wallis rugby.

Nico K ·

Dis vir my onverstaanbaar dat mense soos Frik wat so negatief teenoor rugby is, nog steeds die rugby berigte lees?

Judge Dredd ·

Moet tog net nie so positief wees dat julle jul kinders en mede Afrikaners se toekoms prysgee nie – o wag – die het jul alreeds gedoen.

Ant ·

Soos ek in n vorige berig gelees het, verstaan ek dat die meesterplan die opskiet verdediging is. Wat my pla is dat as hy ( Rassie ) klaar sy kaarte speel, gaan hul mos weet wat om te verwag dan nie ? Tensy dit nie sy regte meesterplan is nie, en hy mind-games speel. Go Boks !

Pietsnot ·

Kolisi sou nie eers plek gekry het in n klubspan nie. Sy beste posisie is in sy sitkamer voor sy tv

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.