Wêreldbekerpad van 2019 vol duwweltjies

wereldrugby-logo-grootOm die Wêreldbeker te kan wen, moet jy enige en alle spanne klop, maar hoekom moet jy dit vir jouself nog moeiliker maak?

Dis hoekom ondersteuners so vies en teleurgesteld is, want dit kan baie maklik gebeur dat die Bokke in 2019 in Japan saam met die All Blacks of Engeland, asook Argentinië en dalk ook nog Italië en Samoa ingedeel kan word.

Die loting vir 2019 se toernooi  word op 10 Mei in Kyoto gedoen.

Die top3-spanne van elke groep van die vorige WB-toernooi in Engeland het outomaties gekwalifiseer. (Dis 11 spanne en Japan wat die toernooi aanbied, en nog agt ander spanne wat in kwalifiserende wedstryde meeding.

♦  Wêreldrugby se ranglys, wat ná Saterdag se Sesnasies-reeks vasgeknoop is, bepaal die drie groepe waarvolgens die voorste 12 spanne ingedeel is. Die agt kwalifiseerders sal in twee verdere afdelings ingedeel word.

Daar sal net soos in 2015 vier groepe van vyf spanne elk wees.

Die Bokke het sewende, ja sewende, voor die loting geëindig nadat hulle agt van hul 12 toetse in 2016 verloor het.

Die Bokke sal dus teen een van die top4-spanne speel (Nieu-Seeland, Engeland, Australië en Ierland), een van die spanne van 5 tot 8 vryspring  (Skotland, Frankryk en Wallis), teen nog ʼn span van 9 tot 12 speel (Argentinië, Fidji, Japan en Georgie”) en dan nog teen twee kwalifiseerders.

Die Bokke het in 1995 onder meer vir Australië, Samoa, Frankryk en Nieu-Seeland geklop om die titel te wen en was in 2007 in ʼn relatiewe maklike groep (Engeland, Samoa, Tonga en die VSA). Die Bokke het Fidji in die kwarteindronde geklop, Argentinië in die halfeind en Engeland in die eindstryd. Geen All Blacks, Wallabies of Ierland as teenstander nie.

Nou lê ʼn berg voor, omdat Allister Coetzee-hulle drooggemaak het.

Wêreldranglys –
1 Nieu-Seeland 94.78
2 Engeland 89.53
3 Australië 86.35
4 Ierland 84.66
5 Skotland 82.18
6 Frankryk 82.00
7 Suid-Afrika 81.79
8 Wallis 81.36
9 Argentinië 79.91
10 Fidji 76.46
11 Japan 74.22
12 Georgië 72.92

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans C ·

Met Coetzee aan die stuur van sake is die Bokke se ellende nog nie verby nie.

Boesman ·

Politiek, politieke inmenging en ‘n swak, baie swak afrigter het SA rugby waar dit is. Dis n hengse opddraende pad wat voorlê.

MANIE ·

Allister het self gese hy gaan nie bedank. Wil hom net bedank vir die gemors waarin hy en sy anc cronies rygby gelos het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.