Wêreldrugby, is daar dan twee stelle reëls?

Eben Etzebeth in die toets teen Engeland met Pieter-Steph du Toit en Duane Vermeulen wat hom ondersteun. (Foto: Twitter @Springboks)

Só kan dit mos nie aangaan nie.

Dis nou die besluit van Wêreldrugby om die hoofstuk af te sluit oor die Engelse losskakel, Owen Farrell, se blatante skouerloop op die Bok-plaasvervanger, André Esterhuizen, in Saterdag se toetswedstryd tussen die Springbokke en Engeland op Twickenham.

As die Australiese skeidsregter Angus Gardiner ʼn strafskop aan die Bokke (dit was in die 83ste minuut) aan die Bokke toegeken het, kon die Bokke dalk gewen het.

Wat byna erger is, is dat die uitwysbeampte, die Nieu-Seelander Keith Brown, in die toegelate 24 uur niks verkeerd met die skouerloop kon sien nie en Wêreldrugby dit so aanvaar het.

Dalk speel ek duiwelsadvokaat, maar is dit nie dalk omdat die Engelse en All Blacks mekaar Saterdag pak nie?

Sê nou maar dit was Bakkies Botha of Bismarck du Plessis… Sê nou maar Esterhuizen het Farrell, sonder om sy arms te gebruik, disnis geloop… Sê nou maar dit was ʼn speler van die Suidsee-eilande?

Is dit suur druiwe omdat Engeland met 12-11 gewen het dat ons nou hieroor praat en skryf?

Nee, dis ʼn beginselsaak. Dit gaan oor regverdigheid, die handhawing en toepassing van die reëls en om vuilspel (onwettige hoogvatte) uit rugby te roei.

Kom ons kyk wat sê reël 9.13 oor vuilspel: ʼn Speler mag nie ʼn teenstander vroeg, laat of gevaarlik doodvat nie. Gevaarlike doodvatte sluit in, maar is nie beperk nie tot, doodvat of pogings tot doodvat van ʼn teenstander bo die skouerlyn, selfs indien die doodvat onder die skouerlyn begin.

En spesifiek, wat sê reël 16  oor die geval van ʼn skouerloop: ‘n Speler moet nie ‘n opponent wat die bal dra stormloop of platloop sonder om te probeer om daardie speler vas  te gryp nie.

Gaan kyk maar na die video, Farrell het nie sy arms gebruik (of eens probeer gebruik) nie. Hy het sy kop weggedraai, hy het met die skouer gelei. Hy wou wraak neem vir ʼn voorval in die 70ste minuut toe Esterhuizen hom byna droomland toe gestuur het met ʼn wettige doodvat.

Farrell s’n was gevaarlike spel, uit en gedaan.

Farrell het alles in sy vermoë gedoen om Esterhuizen te stuit, om sy span te laat wen.

Dis hoekom die Engelse spelers so verbouereerd was toe die voorval op televisie gewys het. Dis hoekom Farrell-hulle so hoog in die lug gespring toe Gardiner sy besluit geneem het om hom nie te straf nie en die eindfuitjie geblaas het.

Kan ons dus vir Wêreldrugby ernstig opneem oor die vyf reëlwysigings wat verlede jaar ingestel is, een van hulle juis om onwettige hoogvatte uit te roei?

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Andrew ·

Ek dink SA’ners gaan nou weer vir jare aangaan oor DIE tackle….maar ek dink ons het die game laaaank voor daai tackle verloor. Ons lynstane was pateties, tog het ons kaptein 3 strafskoppe op Engeland se 5m eerder kantlyn toe gevat ipv pale toe skop in die eerste halfte, nie eers te praat van ons basiese hanteringsfoute wat oor en oor gemaak is nie. Jammer, Bokke,die tackle is nie die rede vir die verloor nie.

Lukie Carelsen ·

Dis nie die punt nie.
Ons is verneuk deur ‘n blatante, moedswillige skeidsregter.
Skande, skande, skane!
Finish en klaar!

Marius ·

Dis nie die Hoofrede dat ons verloor het nie Ja, maar dis meer ‘n saak van Dubbele standaarde en waar tog ‘n baie duidelike kans vir ‘n Bok wen blatant ontneem was, sonder om te skroom – Dis onaanvaarbaar…

Gatvol ·

Andrew jy is reg. Vir die wat so sanik ingesluit die rubrieksrywer, word groot en vat dit op die ken. As die situasie andersom was sou dit dieselfde gesanik afgegee het? Some you win some you lose. Dit is die verloop van die lewe.

Andrew ·

Nee Lukie, dis PRESIES die punt, ons is nie verneuk nie, ons was ons eie grootste vyand.

Yes, die skydsregter het ‘n slegte call gemaak (in die 81 ste minuut) en daai besluit in die laaste paar sekondes het gemaak dat die Bokke verloor het, maar as daai tackle in die 2de, 10de of 60ste minuut van die game plaasgevind het sou jy nie SO kwaad gewees het daaroor nie. Ons moes nooit onsself in daardie situasie gesit het waar ons staatmaak op die ander span om ‘n fout te maak sodat ons een laaste kans pale toe kan kry nie.

Laat ons ook nie vergeet nie – Engeland het vir 10 minute met 14 spelers gespeel waarin SA nie ‘n enkele punt kon aanteken nie. Dis nie enige skydsregter se skuld nie.

My punt is (van my eerste post), as ons die 3 strafskoppe pale toe gevat het in die eerste helfte, was ons in die 81ste minuut reeds met 9 punte voor, so ons het reeds gewen.

Hoe nou....... ·

Kom ons probeer dit ook – die president is nou geskep en Wereld Rugby kannie omdraai nie! Watch this space – hier kom baie beserings.

Marius ·

Stem saam met Rassie. Dit was ‘n baie effektiewe verdedigingsmetode wat die Bokke nou ook moet probeer, wie weet, dalk kan ons ook so wen teen die All-Blacks met die laaste paar minute in die Wêreldbeker uitdun rondtes…

Genieve ·

En dit was nie al hulle was ook nog omkant gewees hoekom nog die lynregters nie dit ook opgemerk het nie en die beslissing wat uiters pateties.

Andy ·

Die vraag is wat gaan SA rugby doen. Dit net daar los soos gewoonlik. Wat gaan SA skeidsregters down. Absoluut niks. Wat gaan die afrigting span doen. Niks. Solank as wat niemand die saak verder vat nie gaan dit elke keer gebeur. Die ondersteuners kan nie iets doen nie en SA rugby is te jannie jammer om iets te doen.

Eina ·

Ek is net bly ons kan darem weer Internatiomale sport mee ding. Daardie pot lensies word nou lekker suur…

Nel ·

Kyk maar Farrell se optrede net na dit gebeur het, hy weet hy het droog gemaak. En dan sy optrede na die tyd…….

Evert ·

SA blynog die swart skaap van sport. Die blatante verneukery van die Aussie ref sal hom nog inhaal. As dit teen enige ander span gebeur het sou die beleidmakers in hul bier versuip het.

What a joke! ·

Soos altyd mis jy die punt rollie…ai dit is nie so moelik nie man…OE ja og n ding kolissi hoort nie daar! Hy is net n naam op die veld niks meer nie net daar om n kwota te vul! Ek meen bewys my verkeerd wat het hy gemaak? Niks ,nothing ,Nada,boggerol…n simptoom van die nuwe Suid Afrika…geen wonder alles val uit mekaar nie…

Potta ·

Lollie, soos gewoonlik hardloop jy weer in ‘n rigting in wat niks met die punt van bespreking te doen het nie. Mooi so

Rinkhals ·

Soos meeste in die nuwe SA het hy nie ‘n clue nie. Dan stem ek saam oor Kolisi – kamstig “in charge” maar almal om hom moet die werk, veral die dinkwerk, doen want kyk daar in die boonste verdieping gaan zero aan.

Stips ·

Is dit dan nou maar die einde daarvan? Meeste mense,die engelse kommentator, oud spelers(selfs britte) ens ens meen die besluit is verkeerd! Sekerlik moet daar n platform wees om die besluit te appeleer! Dit gaan niks aan die eindtelling maak nie maar daar is n groot wanbalans tussen waneer reels vir watse spanne tel! Ons gaan dit moet aanvat want dit bederf die sport vir almal!!

Stan ·

My siening is dat skeidsregters besig is om rugby dood te maak!! Hoekom is paviljoene so leeg, want dis besluite soos die van Saterdag wat mense weghou van stadions af. Dit beinvloed baie meer as net n uitslag op n wedstryd, dis kos afrigters en spelers hulle toekoms. En wat die ergste is is die feit dat dit meestal met ons gebeur, Poite en Bismarck, en ons aanvaar dit net……..

What a joke! ·

Pieter ja ek stem met jou en ek Stem met jou Stan!Hul die refs is untouchable vir alles insluitend uiters SWAK besluite! Wonder hoeveel hy betaal is om die game te gooi! Waar trek jy die Lyn??? Dink definitief hy het die tuis span daar bevoordeel juis omdat hy bang was om die regte besluit te neem ,party manne se dit is suur druiwe inteendeel nee dit wys jou hoeveel van die ou bierpens whiskey suipers eintlik van die spel AF weet!!! Een van ons manne met so n tackle en dit was rooi,bloed flippen rooi!Die werfbokke het nie verdien om te wen nadat hul soveel geleenthede weg gesmuit nie maar jy kan sien van n myl af as n ref so blatante verkeerde besluit maak en dit maak n mens kwaad en laat jou wonder hoe eg hul besluite is?

Johan ·

Ons moes die game wen ongeag die skeidsregter se beslissing in die laaste minuut MAAR ons is nie vêr van die wêreld beker af nie en gebeer so iets nou in n wêreld beker uitklop wedstryd was dit totaal n ander storie.

H.A. ·

Engelse haat Boere, en die wêreld geniet dit. Al die jare nog net dieselfde.

Wesley ·

Eintlike “plaasboere” seker nie, ja, maar jy het Boere met n hoofletter gespel, so ek glo jy bedoel Afrikaners of wit afrikaans-sprekendes of afkoms:
Frans Malherbe
Malcolm Marx
Steven Kitsoff
Eben Etzebeth
Pieter-Steph du Toit
Duane Vermeulen
Ivan van Zyl
Handre Pollard
Jesse Kriel
Thomas du Toit
Wilco Louw
RG Snyman
Lood de Jager
Andre Esterhuizen

14/23tal vir die laaste toets. 60 persent van hul. Probeer weer John.

Cuda ·

Dis mos net die span wat verloor wat kla oor “refs”. Die wen span kan niks verkeerd sien nie. Kyk na Jones. Tydens die strafskop wat WP in die semi gekry het teen die Bulle en waarmee hulle deur is na finaal, het ‘n WP speler Liebenberg teen die kop geskouer sonder arms. Niemand het dadels oor dit gesê nie. Soos ‘n vorige kommentaar hier bo sê, “die paviljoene loop leeg”!

What a joke! ·

Ek se weer die werfbokke het droog gemaak,Marx her n patetiese game gehad, aanslane soos jy nie kan glo op hoogsbetaalde sogenaamde proffesionele vlak nie !..ek meen tog manne dit is wat die ouens vir n lewe doen al dan nie??? Maar aanslaan na aanslaan en oor ingooi op
skeef oorgooi nee wat iets is nie reg nie ondersoek die ouens selfs Marx!Is die ouens gekoop vir die dag??? Maar wat my nog meer knorrig maak is blatante verkeerde besluite deur die skeidsregters want hul is mos verhewe bo die wet en kom elke keer daarmee weg!!! Dit is die punt mense!!!! De hel met verloor maar die refs maak die spel dood met hul wisselvalige blatante besluite!!!Ek wonder regtig besluite en geld betrokke daarby!

Johan ·

Maak span swart dan kla niemand nie. Hul gaan net heelryd ver wen

Anoniem ·

Dank net asb dié V A A K ref af wat sulke stupid besluite neem ! Pateties (tjaila tyd)

Anoniem ·

Dit gaan oor wie kon die grootste tjek skryf en dit bepaal die uitslag !

Anoniem ·

Ek hoop regtig ons sien hom nooit, ooit weer as REF nie ! Gee vir hom tog net asb ‘n ander takie bv aftrede !

Callie ·

Huil die ou Suid Afrikaners weer. Niks fout met die tackle. Was op die bors. Impak het manne uitmekaar gegooi voor sy arms kon vashou. Asb. Belaglik

Valerie ·

Vandat ek kan onthou moan en tjank Suid-Afrikaners as hulle verloor maar nooit sê hulle iets as die geluk aan hulle kant is nie. Tipiese bedelaar-sindroompie.

JJG Smith ·

Wanneer gaan die ou klomp ophou huil en aanvaar hulle het verloor

Johann ·

Toemaar, die All Blacks sal Saterdag die Rose vermorsel!! (Skrale troos maar darem!)

dries ·

hallo almal
stel die uitslag tersyde, ook wat vooraf gegaan het. Daai tackle was onwettig. Punt. As Bismarck afgestuur is vir sy tackle op Carter waar hy wel gepoog het om sy arms te gebruik, moes Farrrell ‘n rooi kaart gekry het Saterdag. Die tipe voorvalle en besluite wat daarna geneem word maak rugby as sport seer, sommer baie seer. En kom ons kyk positief na die bokke, hulle is op pad mense! Lekker dag vir almal.

rollie ·

Oppad waarheen? Dis 5 uit 11, nog swakker as verlede jaar toe mense gesê het ons het die swakste coach ooit.

Derick ·

Moenie SA refs weg gooi nie. Hulle help sekere spanne om in finals te speel en dan val daai span uit die bus uit. X WP speeler
Egon Secons is een van hulle.
Almal praat so oor die kwota kaptein, het hy Saterdag gespeel? lol

Frans C ·

Vandag is dit net so belangrik om te weet hoe ‘n skeidsregter blaas en die ‘wette’ reëls
vertolk en toepas as om die teenstanders se spel te ontleed.

Almal weet dat Gardiner die lynstaanreël verkeerd vertolk wanneer dit by ‘n dryfmaal vanaf die lynstaan aangaan.Hy laat opponente toe om te begin dryf nog voor die baldraer se voete behoorlik grondvat.

Dit het die Engelse instaat gestel om die Bokke se dryfmaal veral op die 5 meter effektief te stuit net soos die Crusaders dit met die Lions gedoen het in die Super 15 finaal toe hy ook die skeidregter was.

So het hy een van die vernaamste aanvalswapens op die 5 meter lyn van sowel die Lions
en Bokke ongedaan gemaak.Hierdie skeidsregter moet mi net op ‘n rugbyveld toegelaat word om onkruid uit te trek en niks meer nie.

Uit die spinnekopkamera kan ‘n mens sien hoe die Engelse los en vaskop skuins inskrum op die haker.Hierdie taktiek is deur die Argentyne ontwikkel en met sukses toegepas,maar is sedertdien as onwettig verklaar.Nou dat dit by hulle weggeneem is,is hul skrum nie meer so goed nie.

Die Bokke het verloor nie as gevolg van ‘n omstrede beslissing nie,maar dom besluite
en moes die Engelse poegaai geskrum het toe hul agt teen 7 was.Vergeet van wêreldrugby,dit is ‘n ‘old boys club’ wat nooit teen hul ‘clan’ sal optree nie.

All Black ·

Genugtig die ou bokkie ondersteuners kan kla en verskonings soek. Daar moet twee stelle reels wees. Een vir kwota spanne en een vir wenspanne wat rugby wil speel sonder verskonings. Die Kwota span is gewoonlik aan die verloorkant met verskoning wat jou 90min lank laat luister na die gekerm en klagtes. Plaas die kwota spannetjie spelers op meriete kies en die game begin speel vir 80min. Miskien dan sal die bokkies weer begin wen. Verskonings tel niks en om suur te wees ook nie. Al wat tel is die scoreboard.

JG ·

@ All Black…nog steeds suur oor Wellington se uitslag ou Beer ???

Lourens W Pieterse ·

‘n Afrigter wat ek by Pretoria rugby klub gehad het het altyd gese: “Jou spel moet van so ‘n aard wees dat die skeidsregter se beslissing nie ‘n invloed op die uitslag kan hê nie” Dit is maar net Saterdag weer bewys, ons was nie goed in al die fasette van die spel nie en ons het basiese foute gemaak. Dit is hoekom ons verloor het. Punt!

vlokkie ·

Austr.; NZ; Ierland; Kanada en die Britte staan aan die einde van die dag en sing ‘GOD SAVE THE QUEEN”!

Wesley ·

Rassie leer die manne nou hoe om mooi met die skouers te loop, hehe! Dit is mos nou binne die reels, volgens Wereld Rugby. “No comment”, se die woordvoerder van WR. Wonder hoeveel beseerde koplose spelers hul nou gaan he. Hul is nou mooi rooi in die gesig, Rassie hou van sy speletjies speel. As jy nogal bekommerd raak oor Rassie wat, dalk :) , hierdie taktiek vir sy spelers aanleer, dan gee dit jou die antwoord of dit reg is of nie.

Okay al die grappies op n stokkie… Dit was n hoog skouer, teen die reels en gevaarlik. Maar dit is verby en ons vat die verloor so. Maar dit is nogsteeds in die beleid van Wereld Rugby om om te sien na die wette van die spel, tot na die eindfluitjie geblaas is. Dit is deel van hul pligte. Pleks hul uitreik en se dit was verkeerd, die skeidsregter het n fout begaan (ala Poite), die wedstryd kommissaris Farrell “cite” vir 2 weke of so, en ons sal dalk kan vergewe, tot verbetering in hul publike beeld. Maar hul bly stil, bewys net al hierdie mooi praatjies van veiliger rugby is als n leuen, en eintlike doelwitte om rugby n vuil spel te maak met verskillende reels, iets wat glad nie aantrekking is vir jong nuwelinge en ouers wat hul seuns toelaat om rugby te speel nie.

Robert ·

Saterdag gaan die Pommies hoop hulle het nooit teen die AB’s gespeel nie, ek sien ‘n slagting :-)

Fred ·

Mense dit was n hoogvat – maar die game is verloor deur ons eie toedoen en soos reeds gese is party wen jy en party verloor jy. Wat my wel pla is dat ons kan huil en kla oor toetsrugby se skeidregter blapse maar op ons eie voorstoep en in die currie beker is dit algemeen en niemand kla nie. In teendeel dis ok ,, solank my span wen – so as rugbynasie moet ons nie kla nie, ons standaarde is lankal dubbel en swak skeidregters is geen probleem nie want dit het die norm geword.

Frans C ·

Kyk mooi na die foto bo aan die berig.Etzebeth se voete is nog in die lug en die Engelsman
is reeds besig om hom terug te dryf.Dit is ontoelaatbaar en is in enige skeidsregter se boek,behalwe die ou,’n strafskop,keer op keer en by herhaaldelike oortreding eers ‘n geel en dan ‘n rooi kaart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.