Wêreldrugby se Rassie-klagtes glo binnekort bekend

Rassie Erasmus langs die veld gedurende die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Volgens mediaberigte sal Wêreldrugby glo binnekort sy formele aanklagte teen Rassie Erasmus bekendmaak. SA Rugby (Saru) sal dan genoeg tyd gegun word om daarop te reageer.

Erasmus het ’n video van 62 minute uitgereik waar hy videogrepe uitwys waar hy glo die Springbokke in die eerste toets in Kaapstad teen die Britse en Ierse Leeus te na gekom is en daar nie genoegsame respek aan die Bokke, en veral nie aan die Bokkaptein, Siya Kolisi, betoon is nie.

Veral Australië se Nic Berry het onder Erasmus se bekwame videoredigeer-vingers deurgeloop en Rugby Australië het die “aanval” onder meer as “onaanvaarbaar” bestempel.

Die tugverhoor sal egter nie binne die volgende twee weke plaasvind nie, wat beteken dat die Wêreldbeker-wenner ongestoord met sy pligte as Saru se direkteur van rugby sal kan voortgaan.

“Wedstrydbeamptes word as die ruggraat van die sport beskou en sonder hulle sou daar geen spel wees nie. Wêreldrugby veroordeel enige openbare kritiek ten opsigte van hul optrede en integriteit wat hul rol kan ondermyn,” het die internasionale rugbybeheerliggaam destyds in ’n verklaring gesê.

Sir Clive Woodward het egter in een van sy Daily Mail-rubrieke geskryf dat Erasmus se video al “ou nuus” is en dat Wêreldrugby eerder op sy teenwoordigheid langs die veld moes konsentreer.

Volgens die 65-jarige Engelsman kan die Suid-Afrikaner se wateraandra-pligte ’n invloed op ’n skeidsregter se vertoning hê.

“Hy is immers dieselfde tyd op die veld as hulle wanneer hulle belangrike besluite moet neem. Hy doen dit al sedert die wedstryd tussen die SA A-span en die Leeus en Wêreldrugby moes toe al sy stem dik gemaak het,” het Woodward gekla.

’n Moontlike uiteinde van die tugverhoor is dat Erasmus nie by die stadion toegelaat word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Tydens elke wedstryd is daar beamptes wat die skeidsregter beoordeel, want dit is hoe hulle rangorde bepaal word. Dit sal interessant wees om te sien wat hulle van Berry se wedstryd hantering gedink het.

Cecilia ·

Manie hopelik word hy af gegradeer trug na Laerskole rugby want hy is heeltemal onbevoeg.
Ausies is seker bang daar word in hul en d ref se geldsake gekrap en ontdek dat daar omkoop geld erens betaal is

Riaan ·

Skeidsregters het nie ‘n maklike taak nie, ek sal dit toegee, maar dit is verregaande dat hulle verhewe is bo kritiek. ‘n Skeidsregter kan soos wat Suid-Afrika al beleef het, ‘n span uit die wereldbeker uit blaas. Gaan werk gerus die finansiële implikasies daarvan uit. Hoekom word die kritiek gesien as ‘n aanval in die eerste plek.

Hoekom ·

Daar word tans wereld wyd ‘n oorlog gevoer teen waarheid en eerlikheid…

VaalDonkie ·

Toe ek op laerskool Rugby gespeel het, het ons ook eenkeer so onder ‘n skeidsregter deurgeloop. So erg was hy, dat ons afrigter hom na die wedstryd met die vuis geslaan het. Hy was nie eers ‘n bakleierige soort nie. Maar hy was so kwaad dat hy homself nie kon beheer nie. Ons het net daaroor gelag. Niemand het berading nodig gehad nie.

Anoniem ·

In Pretoria se oudaagse Carlton liga is eenogige skeidsregters gou gou reggesien.

Herms ·

Bestaan die internasionale rugbybeheerliggaam uit die anc uit. Dit wil my so voorkom want hulle hou nie van kritiek nie…..

Bertie ·

En wanneer gaan die kindertjies hulle met grootmens sake begin besig hou?

Tokkel ·

Sir Woodward, as jy nie sulke onbevoegde skeidsregters gestuur het na SA nie, sou niks van hierdie gebeur het nie. Hierdie is julle fout en julle is oor die vingers getik, anders was dit onder die mat ingevee. Vra liewers onverskoning aan SA en beweeg aan. Ons sal Rassie back en dankie Rassie dat jy omgee oor die sport Rugby! Dit is sleg as iemand wat foutteer nie hul foute erken nie, Sir Woodward!

Francois Le Cochon ·

As Rassie verbied word, sal hy seker rookseine vanaf die parkeerterrein stuur.

Philip ·

Rassie hou daarvan om baie betrokke te wees by elke beweging van die spel. Met die destydse wedstryde van die cheetas het hy glo altyd op die pawiljoen se dak gesit met veelkeurige vlaggies soos n outydse spoorwee stasiemeester en n verkyker in die hand.Die man kan blykbaar baie goed kommunikeer.

Cecilia ·

Natuurlik sal d Ausies te kere gaan. Want hulle is meesters v oneerlikheid as dit kom by wedstryd knoeiery!.
Rassie staan op vir sy span wat duidelik nie net deur d fluitjieblaser benadeel is nie maar deur al d wedstrydbeamptes. D fluitjiebek wou niks hòor as Kholisie praat nie maar het aan d B&I lions se kaptein se lippe gehang.
So as hy nie d kritiek kan vat nie moet hy hom bepaal by skole rugby.
Doen jou werk 100% reg en niemand sal hulle monde uitspoel nie.
Dalk moet Wereld rugby liggaam begin dink daaraan om d wedstrydbeamptes geheim te hou totdat hul opu veld verskyn. Dan kan geen span met d beamptes knoei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.