Wêreldrugby skuif hoogvat-duiklyn nóg laer

Wêreldrugby (WR) het aangekondig dat hy die duiklyn vir ʼn hoogvat nóg laer gaan skuif in ʼn verdere poging om kopbeserings te voorkom.

Waar ʼn hoogvat tans beskou word as ʼn duikslag van skouerhoogte af boontoe, sal ʼn nuwe proefreël bepaal dat ʼn speler nie hoër as die armholtes gevat mag word nie.

Dit sal met die 2018/2019-seisoen in die Noordelike Halfrond in werking tree.

Luidens berigte in die Britse media het die jongste navorsing deur die Engelse Rugbyunie (RFU) getoon dat die voorkoms van harsingskudding die sewende agtereenvolgende jaar toegeneem het, en dat 22% van alle beserings kopbeserings is.

WR sê sy eie navorsing het getoon dat 76% van kopbeserings uit duikslae spruit.

In 72% van die gevalle is dit die speler wat die duikslag uitvoer wat beseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sakkie ·

“In 72% van die gevalle is dit die speler wat die duikslag uitvoer wat beseer word.”
Nou hoe op dees aarde gaan die verlaging van die hoogvat duiklyn enige iets verander. Die reel is gemaak om die speler wat geduik word te beskerm, maar dis duidelik nie hulle wat seerkry nie. Dis nogal ironies hahaha

Henk ·

Wat n belaglike klomp whisky suipende amateurs op n raad doen wat besluite oor rugby en reels maak sal net die duiwel alleen weet

Stephanus ·

Nou word dit wragtag belaglik!! Die skeidsregter gaan hulle hande vol hê met hierdie nuwe reël.

Robert ·

Wat het van die laagvat geword. bring dit maar terug as die enigste manier om persoon te stuit.

Nouja ·

Die dag sal aanbreek waneer die ouens n reël gaan uitdink en afdwing wat die Nieu Seelandse dominansie in rugby sal probeer fnuik.

Sputnik ·

Sakkie, dink só daaraan: Hulle wil die 72% wat seerkry verminder en die 28% wat nie seerkry nie, vermeerder – siedaar! Oplossing! ;-)

Veritas ·

‘Touchrugby’ klink vir my na die beste oplossing. Kry insette van SA se koning van plettervatte, Naas Botha.

Callie ·

Ou Veritas, jy is ook seker een van die wat Naas haat oor hy jou en jou span in trane in gespeel het. Die reel is soos wat die manne hierbo skryf, totaal belaglik. Rugby skryf sy eie doodsvonnis met al die reels. Hoe stop jy n ou wat buk nou. Net sterkte vir leeus, nie dat dit gaan help nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.