Wêreldspanne 2017: Daar is gedoriewaar ʼn Bok

Daar is gedoriewaar ʼn Springbok in een van die 2017-“wêreldspanne” wat teen die jaareinde oral uitslaan.

ʼn Paneel kenners van die BBC sluit die haker Malcolm Marx in hul span van die afgelope jaar se beste spelers in.

Die BBC-kenners kies benewens Marx vyf All Blacks, drie elk Wallisers en Iere, twee Engelse en ʼn Australiër.

Die korporasie se kykers en luisteraars kies vyf Engelse, vier All Blacks, drie Iere, ʼn Skot, ʼn Walliser en ʼn Aussie. Meer as 100 000 van hulle het hul spanne vir dié doel ingestuur.

Die Franse sportblad L’Equipe kies nie minder nie as elf All Blacks, drie Engelse en ʼn Skot in sy vyftiental.

Les bes sluit die gesaghebbende tydskrif Rugby World se Toptien twee elk All Blacks, Wallabies en Engelse, ʼn Fidjiaan, ʼn Skot, ʼn Walliser en ʼn Ier in.

Dié tydskrif beskou Leone Nakarawa, ʼn slot van Fidji, as die wêreld se derde beste rugbyspeler, maar hy haal nie een van die ander spanne nie.

Die All Blacks se losskakel Beauden Barrett, hul slot Brodie Retallick en die Engelse slot Maro Itoje (al kies L’Equipe hom op agsteman) is die enigste spelers wat al vier lyste haal.

Skrale troos vir Suid-Afrika is dat Frankryk, Argentinie en Italië geen spelers op die lyste kon lewer nie.

Met sy enkele benoeming verkeer hy op gelyke voet met Fidji.

BBC-kenners se span

15. Israel Folau (Australië), 14. Rieko Ione (Nieu-Seeland), 13. Jonathan Davies (Wallis), 12. Owen Farrell (Engeland), 11. Liam Williams (Wallis), 10. Beauden Barrett (NS), 9. Conor Murray (Ierland), 8. Kieran Reid (Nieu-Seeland), 7. Sam Warburton (Wallis), 6. Sean O’Brien (Ierland), 5. Brodie Retallick (Nieu-Seeland), 4. Maro Itoje (Engeland), 3 Tadhg Furlong (Ierland), 2. Malcolm Marx (Suid-Afrika), 1. Joe Moody (Nieu-Seeland).

BBC-kykers en -luisteraars se span

15. Stuart Hogg (Skotland), 14. Elliot Daly (Engeland), 13. Jonathan Davies (Wallis), 12. Owen Farrell (Engeland), 11. Rieko Ioane (Nieu-Seeland), 10. Beauden Barrett (Nieu-Seeland), 9. Conor Murray (Ierland), 8. Kieran Read (Nieu-Seeland), 7. Michael Hooper (Australië), 6. Sean O’Brien (Ierland), 5. Brodie Retallick (Nieu-Seeland), 4. Maro Itoje (Engeland), 3. Tadhg Furlong (Ierland), 2. Jamie George (Engeland), 1. Mako Vunipola (Engeland).

L’Equipe se span

15. Stuart Hogg (Skotland), 14. Waisake Naholo (Nieu-Seeland), 13. Jonathan Joseph (Engeland), 12. Sonny Bill Williams (Nieu-Seeland), 11. Rieko Ioane (Nieu-Seeland), 10. Beauden Barrett (Nieu-Seeland), 9. Aaron Smith (Nieu-Seeland), 8. Maro Itoje (Engeland), 7. Kieran Read (Nieu-Seeland), 6. Jerome Kaino (Nieu-Seeland), 5. Sam Whitelock (Nieu-Seeland), 4. Brodie Retallick(Nieu-Seeland), 3. Owen Francks (Nieu-Seeland), 2. Dane Coles (Nieu-Seeland), 1. Mako Vunipola (Engeland).

Rugby World se Toptien

Top 10: 1. Owen Farrell (Engeland), 2. Beauden Barrett (Nieu-Seeland), 3. Leone Nakarawa (Fidji), 4. Maro Itoje (Engeland), 5. Israel Folau (Australië), 6. Stuart Hogg (Skotland), 7. Jonathan Davies (Wallis), 8. Michael Hooper (Australië), 9. Tadhg Furlong (Ierland), 10. Brodie Retallick (Nieu-Seeland).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos1 ·

Ek dink hulle het deurmekaar geword. Gedink die van Marx moet van Rusland af wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.