Wêreldvyftiental met sewe uit SA dreun Japan op

Adriaan Strauss – drie. (Foto: GB Jordaan)

ʼn Wereldvyftiental met sewe Suid-Afrikaanse spelers in die opdrafspan het Japan Saterdag in Foekoeoka behoorlik opgedreun.

Die saamgestelde span het met 47-27 gewen, nadat hy rustyd naelskraap met 14-13 voor was.

Bygesê, vyf van die Japanners het nog nie toetsrugby gespeel nie.

Die gewese Springbokkaptein Adriaan Strauss het een van die wenspan se sewe drieë gedruk.

Behalwe Strauss het die span die volgende Suid-Afrikaners in die opdrafspan ingesluit: Jacques van Rooyen (vaskopstut, Lions), Ruan Smith (loskopstut, Toyota Verblitz), RG Snyman (slot, Honda Heat), Kwagga Smith (flank, Lions), Willie Britz (agsteman, NTT Communications), Harold Vorster (binnesenter, Lions).

JP Smith, ʼn veelsydige agterspeler van die Stormers, was op die bank.

Die wedstryd vorm deel van Japan se voorbereiding vir die November-toetse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.