Wes-Kaap bly Polisie se beste

Graham Hendricks – die eindstryd se beste speler. (Foto: Facebook)

Wes-Kaap se Polisiespan is steeds bo ná afloop van die nasionale rugbyweek van die SA Polisiediens op Griekwapark in Kimberley.

Hy het sy titel behou deur die Oos-Kaap se geregsdienaars met 33-30 in ʼn skouspelagtige en uiters spannende eindstryd te klop.

Die OK se vertoning was ʼn enorme verrassing nadat die WK hom vroeër met 46-5 in die rondomtalie verniel het.

Graham Hendricks van die wenspan is as die speler van die wedstryd aangewys.

Om die Kapenaars se bors verder uit te stoot het hulle die Noord-Kaap met 84-17 in die A2-eindstryd vermorsel.

Laaste rondomtalie-uitslae –

Hoofkantoor 62, Mpumalanga 8; KwaZulu-Natal 29, Noordwes 21; Noord-Kaap 63, Limpopo 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.