Wessels sê toe nee vir Munster, nou na Melbourne Rebels

Dit lyk nie of Rassie Erasmus vanjaar al na Suid-Afrika sal kom om sy pos as direkteur van afrigting by SA Rugby te aanvaar nie.

Erasmus is amptelik vanaf 1 Januarie by SA Rugby aangestel maar sou vroeër deur Munster vrygestel word as die klub ʼn hoofafrigter in sy plek gekry het.

Dave Wessels, gewese afrigter van die Western Force in Perth wat uit die Superreeks is, is in Brittanje en Ierland as Erasmus se opvolger genoem. Die media en ook beamptes het dit as ʼn gegewe gestel dat Erasmus deur sy landgenoot Wessels opgevolg sou word.

Vrydagoggend het die nuus egter uit Australië gekom dat Wessels besluit het om die Munster-pos van die hand te wys en eerder by die Melbourne Rebels as hoofafrigter in te val.

Wessels sê hy voel uiteraard gevlei oor die belangstelling van elders, maar dat hy ʼn groot lojaliteit jeens Australiese rugby het en dankbaar is vir die geleentheid wat die Melbourne Rebels hom bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Callie ·

Rassie, moenie dat ons agterkom jy het so gereel dat jy darem nie die jaar nog deur bokrugby vernederings moet gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.