Western Force wen met stewige SA bydrae

Marcel Brache (Foto: Western Force)

Spelers met Suid-Afrikaanse bande het ʼn stewige bydrae tot die Western Force se sege in die eerste wedstryd van die proeflopie vir Andrew Forrester se Wêreldrugbyreeks (WSR) gelewer.

Die Force het Fidji se Warriors, sy naasbestes, Vrydag met 24-12 in ʼn volgepakte stadion – byna 20 000 mense – in Perth geklop.

Marcel Brache (senter), wat Superrugby vir die Stormers gespeel het, het die eerste drie in die nuwe reeks gedruk.

Brynard Stander (agsteman) het ʼn drie geruk, en die Springbok Peter Grant (heelagter) het met twee doelskoppe geslaag.

Stander het die Sharks in die reeks om die Curriebeker verteenwoordig.

Luidens berigte het die wedstryd rugby van ʼn goeie gehalte opgelewer.

In Australië word WSR – wat tot stand gebring is om die Force aan die lewe te hou nadat sy Superrugby-franchise gekanselleer is – reeds genoem as ʼn moontlike vierde afdeling van ʼn herskikte Sanzaar-Superreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.