White sê Bokke se ware toets is hierdie Sondag

Jake

Jake White, die man wat die Springbokke na Wêreldbeker-glorie in 2007 gelei het, glo Wallis is ’n moeilike hindernis in Siya Kolisi-hulle se opmars na die finaal.

Die Bokke het tydens vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi ’n betreklik maklike roete na die halfeindstryd gevolg.

Hulle het die openingswedstryd teen die All Blacks met 10 punte verloor, waarna hulle met kleiner rugbylande soos Namibië, Italië en Kanada afgereken het om tweede in hul groep te eindig.

Toegegee, Japan was hoegenaamd nie die kanonvoer van ouds nie en die Suid-Afrikaners het goed gedoen om hulle met 26 – 3 in die kwarteindstryd te klop.

Maar, sê White, die Rooi Drake kan beslis meer vuur spoeg as waaraan die Bokke die afgelope ruk gewoond is.

“ Suid-Afrika het dinge sover maklik gehad en hulle weet dit. Hulle sou altyd tweede in hul groep geëindig het en toe speel hulle teen Japan in die uitspeelwedstryd,” het White aan www.rugbyworldcup.com gesê.

“Die enigste keer waar hulle werklik getoets was, was teen Nieu-Seeland, so dit is moeilik om te sê hoe goed hulle werklik is. Hulle was weliswaar goed genoeg om die ander wedstryde te wen, maar die ware toets begin nou.”

Die Rooi Drake het die laaste paar wedstryde teen die Bokke gewen, maar die Suid-Afrikaners het in 2015 ’n aksiebelaaide Wêreldbeker-kwarteindstryd teen die einste Walliese span op Twickenham gewen.

Die Bokke weet dus hoe om wedstryde in ’n groot toernooi te wen.

Tog voel White dat Alun Wyn Jones se span baie momentum van hul Franse sege in vanjaar se kwarteindstryd gekry het. Hulle moes ’n agterstand van 12 punte teen die Fransmanne uitgewis het om 20 – 19 te wen; al het Sebastien Vahaamahina se rooi kaart hulle baie gehelp.

“Wallis het nie verlede week die wêreld aan die brand gespeel nie, maar hulle het steeds die wedstryd gewen. En dit help die momentumproses baie,” het White gesê.

  • Die Bokke het ook in 2011 hul Wêreldbeker-groepwedstryd teen Wallis gewen. Die Suid-Afrikaners het met 17 – 16 in Wellington gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Regs! ·

Die Bokke het goeie kans om Wallis te klop, maar ek dink hulle gaan volgende week vasval!

Werner ·

Dalk kan Jake ons net weer herinner teen wie het die bokke in 2007 gespeel. Definitief nie teen Frankryk, Ierland, Australia of NieuZeeland nie. Wel teen Namibia, Fidji en Engeland. Praat van n lucky-packet draw. Nou wil hy grootmond wees.

Leser ·

As ek hy is sal ek my mond hou.
Waarom nou grootmeneer grootmeneer speel?

Andre ·

Luister net hoe sing die Wallisieers hul volkslied. Met trots.

Rupert Ashford ·

Wallis was gelukkig in die kwarteind, maar dit is dalk hulle behoud – hulle kan nou alles insit sonder bekommernis. Bokke? Wel hoeveel beter kan hulle as wat ons tot dusver gesien het?

wynand ·

NZ het teen net teen ons gespeel en toe Canada, Namibie, en nie teen Italie nie,
so hulle het net een moeilike game gehad.
Nou wat noem mens nou dit? Moeilik of maklik?
Dink weer…….. Jake, dink weer………………………

Jake ·

Dit is so dat Bokke dalk maklike wedstryde gahd het, maar as jy mooi kyk na Wallis se wedstryd teen Frankryk het hulle maar gesukkel en eers bygekom en net net gewen toe n sleutelspeler met rooi kaart van die veld is. Veertien teen vyftien op hierdie vlak is alles behalwe n gelyke kompetisie en glo ek nie Wallis kan baie vertroue opbou uit die wedstryd nie. Ons kan hulle nie regtig afskryf nie, maar ek glo die bokke het die manne en skietgoed om wel te wen.

Andre ·

Jake White weet dat Eddie Jones nie wéér gaan help om die ‘gelaste kwotaspan’ te laat wen nie.

Eddie Jones is nou by Engeland … die WENSPAN!

Piesang ·

As dit nie vir Eddie Jones was in 2007 wat Jakop de Wit gehelo het nie, sou ons wasrskynlik nie teen Eng gewen het nie. Tree af Jake en kweek African Violets.

Ignatius ·

Die Springbokke gaan die wedstryd verloor want Faf skop balbesit weg en ons het nie goeie stelskoppers wat die bal tussen die pale kan stuur nie.
Die Springbokke moet balbesit hou en nie wegskop nie want dit plaas hulle(Springbokke) onder druk en dit gee die oponente geleentheid om punte aan te teken.

Sarel ·

Die bokke sal.met ‘n ander game plan moet kom as hulle wil deurgaan. Japan het hulle lank weerhou van punte. Eerste 20 verlede week was definitief ‘n verloor teen Japan. Die Engelse het goed gewen van begin tot einde. Beperkte foute was onvermydelik.

aj ·

‘Lost in translation!’

Die bont kwotaspan en amptenare “verstaan” mekaar nie.

Op internasionale vlak is daar nie plek vir spanne waar ‘misverstand’ die ‘default’ toestand is nie.

Selfs die “body language” tussen die individue verskil so drasties dat daar voltyds ‘n Babelse verwarring, heers?

Die ANC se “mixgrill” eksperiment is besig om te vrot?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.