Whiteley deel van Lions se afrigterspan

Warren Whiteley.. (Foto GB Jordaan)

Die 32-jarige Warren Whiteley sal deel van die Lions se opset bly, al het ’n ernstige kniebesering die einde van sy Superrugbyseisoen beteken, selfs nog voordat dit begin het.

Die voormalige Springbokkaptein het die Lions in drie agtereenvolgende Superrugby-eindstryde (in 2016, 2017 en 2018) aangevoer. Hy sal voortaan die Johannesburgers se lynstaan-afrigter wees.

Intussen sal Elton Jantjies die Lions in hul Superheld-Sondagwedstryd teen die Bulls in Soweto aanvoer. Jannie du Plessis en Dan Kriel is ook in die beginspan.

Lions teen Bulls: Tiaan Swanepoel (heelagter), Jamba Ulengo (regtervleuel), Duncan Matthews (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (kaptein en losskakel), Andre Warner (skrumskakel), Len Massyn (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Ruben Schoeman (slot), Jannie du Plessis (stut), Pieter Jansen (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Roelof Smit, Cyle Brink, Manuel Rass, Tyrone Green, Jo-Hanko de Villiers, Wilhelm van der Sluys, Jan-Louis la Grange en Wandisile Simelane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerrie ·

Hy moet hom maar stil gedra anders kry hy weer seer,al is dit te doen het met afrigting

Werner ·

Wazza het n lys van uitstekende prestasies. Hy was as Springbok-kaptein onoorwonne in twee toetse (100%). Was kaptein van die Leeus in drie Super-eindstryde ens ens ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.