Whiteley uit; Etzebeth lei Bokke op toer

Eben Etzebeth – lei toerspan. (Foto Sanzaarrugby)

Warren Whiteley is nie beskikbaar vir die Springbokke se jaareindtoer na Europa nie, en Eben Etzebeth sal die toerspan lei.

Dit is Donderdag in Kaapstad deur die SA Rugbyunie (Saru) bevestig.

Luidens ʼn verklaring sal Whiteley nog minstens twee maande weens ʼn liesbesering op die krukkelys wees.

Saru sê Coenie Oosthuizen (gebreekte arm) en Uzair Cassiem (rib) sal vir die toer beskikbaar wees, maar verskeie ander Bokke kan weens beserings nie oorweeg word nie.

Vir Duane Vermeulen (liesoperasie), Frans Malherbe (nek), Jaco Kriel en Ruan Combrinck (albei ʼn skoueroperasie) is daar nie sprake van toer nie.

Die kontrakgroep en aangewese Bokke sal van Maandag 23 Oktober af op Stellenbosch saamtrek om met die oog op die toer geëvalueer en voorberei te word.

Die toerspan sal die daaropvolgende Sondag bevestig word en die Dinsdag in Johannesburg byeenkom.

Ierland (11 November in Dublin), Frankryk (18 November in Parys), Italië (25 November in Padua) en Wallis (2 Desember in Cardiff) is in die Bokke se visier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rianto ·

Wees verseker Rhule en Paige…. swak keuses sal deur swak afrigter gekies word!! R JvR sal nie gekies word… wat natuurlik n goeie keuse kan wees…

Mag ek verkeerd wees!!

wesley ·

Defnitief n kragspeler in die gaterlyn nodig, en nou dat Commies beseer is, sal RJvR defnitief moet ingespan word, hy het homself goed vertoon op toer laas jaar, die nat velde daar bo het n kraglopie of twee in die middeveld nodig. Jammer, maar Kriel maak nie die “cut” daar op die oomblik nie. Dalk Serfontein buite toe skuif en Rohan 12 maak? En bring Frans Steyn ook terug, ek hou van Andries, alhoewel sy spelpeil bietjie daal nou, maar sy hart is nog altyd braaf. Hy is te lig op voet vir die noorde. Leyds en Skosan sal ek mee bly vir vleuels, Nkosi saamvat op toer, en Kriel op bank speel vir senter en vleuel dekking. Sal niks doen voor nie, dinge werk mooi hoe dit nou gaan… Net probleem op agsteman nou dat Whiteley uit is. Slegte nuus daai een…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.