Wie gaan Allister se Bokke lei?

Bokkaptein Schalk Burger tydens `n mediakonferensie verlede jaar.                    (Foto: GB Jordaan)

Bokkaptein Schalk Burger tydens `n mediakonferensie verlede jaar. (Foto: GB Jordaan)

Een van die nuwe Springbokafrigter, Allister Coetzee, se groot kopsorge sal die Bok-kapteinskap wees.

Eintlik is daar net drie ooglopende kandidate: Duane Vermeulen, Adriaan Strauss en Schalk Burger, want die Sharks se Pat Lambie maak binnekort eers sy terugkeer ná ʼn lang besering en is hy ons beste losskakel?

Elke Bok-afrigter het sy eie voorkeur.  Dink maar aan Kitch Christie en Francois Pienaar, Nick Mallett en Gary Teichmann (voordat Mallett die grootste fout  van sy afrigtersloopbaan gemaak het deur Teichmann te pos), Jake White (en Peter de Villiers) en John Smit en Heyneke Meyer en Jean de Villiers (voordat hy beseer is).

Een van die grootste vereistes is dat die kaptein sy plek in die span moet verdien, anders trap ons weer in Peter de Villliers se strik toe hy Smit as kaptein behou het, maar Bismarck du Plessis die beste haker was.

Dis hoekom daar vrae om Strauss hang, want op huidige peil kan ʼn mens vra: verdien Strauss sy plek in die Bokke se beginspan?  Sal hy in elke toets die eerstekeuse-haker wees? Ek ag hom hoog, hy is gewild onder sy spanmaats en het uitstekende leierseienskappe, maar ….

Coetzee het gesê die status quo geld ten opsigte van oorsese spelers.  Sal Bismarck du Plessis weer in die prentjie kom? En wat is Coetzee (en die ses Superrugby-franchises se afrigters wat hom weekliks op die hoogte van hul spelers se peil sal hou) se menings oor Scarra Ntubeni, Malcolm Marx en selfs Edgar Marutlulle?

Vermeulen is seker van sy plek (dis hoekom ek glo dat Warren Whiteley, ondanks sy deugde, nie die paal sal haal nie), maar  Saru het verlede week die  knuppel in die hoenderhok gegooi deur te sê dat die Bok-kaptein in Suid-Afrika moet speel. Ek stem heeltemal daarmee saam, maar dan sal Saru ʼn baie groot oordragbedrag aan Toulon moet betaal om Vermeulen terug na Suid-Afrika te lok.

Dis hoekom Francois Louw ook buite rekening gelaat kan word, want hy het hom weer tot Bath verbind.

Dit plaas Burger in die binnebaan. Hy is seker van sy plek, was voorheen al die Bokke se kaptein (hul 55ste een) en stap ʼn baie lang paadjie met Coetzee.

Wat teen hom tel, is sy ouderdom (32) en dat hy daarna mik om sy loopbaan by Saracens af te sluit. Maar as Coetzee hom die Bokkapteinskap sou aanbied, is ek seker dat hy nuwe planne sal beraam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JP ·

Daar is ook beter spelers as Schalk Burger so ek glo sy plek is nie so seker nie, maar a mens weet nooit nie. Hy is wel ‘n gunstelling van AC

Willie ·

Tog asb. nie vir loop en val Burger nie. Vermeulen is n verraaier, asb tog nie. Toe die Stormers hom die nodigste (ter ondersteuning) nodig gehad het, was hy in Frankryk om n trui te ontvang. Hy moet NOOIT weer vir SA of enige SA franchise speel nie. Wat nog van bok kaptein.AC gebruik ONS mense. (Ek is ń Stormer.)

Scalla ·

Hy sal seker vir Burger op losskakel kies en hom sommer kaptein maak

Jan ·

Wat maak dit saak wie kaptein is dis mos dis anc se span maak sommer vir Sipho kaptein…….ek stel nie verder belang in die gemors nie

Jan ·

Solank A C net weg bly van die aftree- oord en op merite kies sal hy sukses behaal

jonathan ·

x stem.gee plaaslike spelers die geleentheid.hulle het alles om n afrigter gelukkig te maak.dit word week na week op die speelveld bewys.oor kapteinskap hoef daar nie kop gektap te word nie.hier is oor genoeg talent.los maar die ou manne. hulle het klaar hul job gedoen. hoop a c gaan raak vat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.