Wie gaan die Springbokke se toerkaptein wees?

Warren Whiteley – sal hy die toerkaptein wees? (Foto GB Jordaan)

Eben Etzebeth of Warren Whiteley?

Dis een van die strikvrae waarmee die Springbokafrigter, Allister Coetzee, en sy mede-keurders sal worstel wanneer hulle die Bok-kaptein en toerspan moet kies vir die komende toetse teen Ierland (11 November), Frankryk (18 November), Italië (25 November) en Wallis (2 Desember).

Whiteley is aanvanklik net vir die reeks van drie toetse in Junie teen die Franse aangewys. Hy het hom baie goed van sy taak in die eerste twee toetse gekwyt, was gewild en het met sy besielende leierskap  en spel die voorbeld gestel.

Hy het saam met sy sewe Lions-spanmaats gedy, maar toe beseer hy sy lies voor die derde toets en was hy sedertdien langs die kantlyn. Volgens die Bokke se spandokter, Konrad von Hagen, verloop sy rehabilitasie goed en is die kans baie goed dat hy saam met die Bokke sal kan toer.

In sy afwesigheid het Etzebeth die mantel met gemengde welslae oorgeneem.

Hy het sedert die derde toets teen die Hane ook in ses toetse in die Rugbykampioenskap (twee elk teen die Poemas, Wallabies en All Blacks) voor uitgedraf. Hy het die Bokke tot net drie oorwinnings aangevoer, terwyl die Bokke twee keer deur die All Blacks geklop is en twee keer gelykop teen die Wallabies gespeel het – met ander woorde ʼn wenpersentasie van 44 persent.

In Albany het Etzebeth glad nie oortuig teen die All Blacks nie (watter Bok het?) en teen die Wallabies was daar soms vrae oor sy leierskap.

Maar hy het baie gegroei, is ʼn seker keuse en raak al hoe gewilder as kaptein.

As ek my geld daarop sou waag, is Etzebeth redelik seker van die toerkapteinskap.

♦  Maar ek het ook ʼn voëltjie hoor fluit dat Rassie Erasmus, wat binne die volgende paar maande in beheer van afrigting van alle nasionale spanne sal  wees, vir Duane Vermeulen in die oog het.

As dit gebeur en Vermeulen word in die nr. 8-trui gekies, is Whiteley se dae getel. As Vermeulen flank speel, kan dit egter die deur vir Whiteley oophou.

Intussen behoort Etzebeth die kapteinsrol te vervul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

job jobson ·

Maki saki wie kaptein vir SA span is- NZ n Engeland bly maar i doring in die vlees. Maak vir ELTON JANTJIES kaptein.

job jobson ·

AC maak vir Elton kaptein – Hy is i skopwenner, al is dit doelloos. Die Springbokke het in elk geval geen visie, bly maar i TELEURSTELLING!

Waghond ·

Whiteley moet die kaptein wees met Etzebeth as onderkaptein.

job jobson ·

Waghond,ek stem nie saam nie. Elton ,Elton!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Bokkie. ·

Die een of die ander, maak nie saak nie, albei goeie kapteins!!

wesley ·

Warren is nogsteeds die kaptein met die meeste en presteerende ervaring. Hy was gekies eerste as kaptein, en glo nie net as plekhouer vir die Franse nie. Met sy terugkeer moet hy weer die mantel gegee word. Ongetwyfeld!

job jobson ·

Bantam, jys reg Captain Beast met Elton onder die belt. White nie n E Se bed as hulle se onderdane – minder stress.

Louwrens ·

Warren Whiteley moet beslis sou ook dink Kolisi is beter as Etzebeth .Etzebeth is baie goeie speler maar wragties as Dwayne Vermeulen weer in die Springbok span inkom weet ek nie dan moet keurders hul koppe laat lees die bokke het wragties goed gedoen sonder al die oorsese spelers

Nico ·

Los asseblief die oorsese rugbyspelers uit hier is genoeg spelers om uit te kan kies

Oupa Vleuel ·

Sekondeer. Hulle sal so waar as wragtig ook nooit leer nie! Die gedurige inbringery van oorsese spelers is vir die span se trots al amper net so demoraliserend as die kwotastelsel! Dit is die SPAN met trots en gees wat wen, nie enkele sg, super ego’s nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.