Wie gaan die septer swaai: Jantjies of Mo’unga?

Elton Jantjies (Foto: GB Jordaan)

Dis een van daardie dinge waaroor ʼn mens maar net kan kop skud.

Hoekom is Elton Jantjies die spil waarom die Lions se agterlyn in die Superrugby-reeks draai, maar kan hy sy peil oënskynlik nie na toetsvlak oordra nie?

Is dit ʼn gebrek aan selfvertroue? Het hy ʼn gebrek aan grootwedstryd-temperament? Sukkel hy om aan te pas wanneer hy onder ʼn ander afrigter speel? Volg hy net sy eie kop of het hy reeds in die Superreeks sy plafon bereik?

Saterdag in Christchurch kry hy nog ʼn kans om sy kritici verkeerd te bewys wanneer die Lions in die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders speel.

Hy word geweeg teen ʼn jonger weergawe van Elton Jantjies: die 24-jarige Richie Mo’unga.

Mo’unga het dieselfde paadjie as Jantjies gestap.

Jantjies (1,76 m en 88 kg) het op skool vir die Hoërskool Florida aan die Wes-Rand se eerste span gespeel.

Mo’unga (1,76 en 83 kg) het op skool vir die Hoërskool St. Andrew’s in Christchurch se eerste span gespeel.

Jantjies was in 2010 in die SA o.20-span en het vyf keer vir die Jong Bokkies gespeel.

Mo’unga het in 2014 vyf keer vir die All Blacks se o.20-span gespeel.

Maar Jantjies, hoewel hy nog net 28 jaar oud is (hy verjaar op 1 Augustus), is baie meer ervare en dis hoekom daar soveel meer van hom verwag word.

Hy het reeds in 26 toetse gespeel, 109 keer vir die Lions en ook 13 keer vir die Stormers.

Mo’unga het nog net in een toets (in Junie in die derde toets teen die Franse) en 40 keer vir die Crusaders gespeel.

Maar waar Mo’unga se All Black-pad uitgestippel is, is Jantjies by ʼn soveelste kruispad.

Mo’unga word as die logiese opvolger van Beauden Barrett beskou. Hy is nog nie die volmaakte produk nie, want sy taktiese skopwerk is nie van internasionale gehalte nie – soms probeer hy te veel dinge op sy eie doen en soms voer hy verkeerde keuses uit. Maar hy het hom reeds as ʼn wedstrydwenner bewys.

En Jantjies?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frans C ·

‘n Losskakel is maar net so goed of swak as die diens wat hy agter ‘n pak ontvang.Kry die pak swaar,sukkel die beste losskakels.Beauden Barrett kon in die semi-finaal teen die Crusaders nie sy stempel afdruk nie.
Die Lions het mi nie ‘n kans om in net drie dae vlugvlouheid af te skud nie en gaan mi sukkel om by die Crusaders se speltempo teen die einde te bly.

Jean ·

Dit is goed jy begin alreeds met verskonings om die teleurstelling sagter te maak vir jouself…
Ai het die Crusaders dan nie die Leeus op tuis grond gewen nie met vlugflouheid en al nie so lank terug nie??. Nou hoe dan nou.?..ek dink jy weet al te goed hul is nie goed venoeg om die Crusaders op tuis grond te wen nie… los maar die verskonings ons is nie stupid nie…

Henry ·

Jean
Wil al lyk asof jy nie weet/onthou(?) dat Kwagga Smith ‘n rooi kaart tydens laas jaar se finaal ontvang het nie?
Sodoende het die Crusaders daarin geslaag om teen slegs 14 man vir die ganse duur van die tweede helfte te speel en uiteindelik die wedstryd met 25-17 gewen.
Nie so vreeeeeeslik wonderlik indien in ag geneem word dat die Leeus met slegs 14 man, eintlik die tweede helfte gewen het nie. Rustyd telling was 15-3 vir Crusaders.
Dws tweede helfte het die 14 man Leeus met 14-10 gewen.
Albei spanne was dit eens dat die wedstryd na Smith se afstuur, nie ‘n regverdige tweestryd was nie.
Hopelik sal die eindstryd se wenner nie hierdie jaar weer deur skytsregters se beslissing of ‘n onbesonne oortreding van spelers bepaal word nie.

@Henry ·

Verskonings en nogmaals verskonings! Het die Leeus toe gewen of verloor? N verloor bly n verloor of hul nou tien rooi kaarte afgestaan het of geen nie…punt bly hul het verloor en voor dit as wel…maak jouself reg vir nog n rugby les…..Crusaders met 20 punte..

Lukie Carelsen ·

Naas Botha kon agter ‘n verloorpak nog steeds die wedstryd dikteer en wen.

Jean ·

Hehe ai jy is seker sarkasties ne…Jantjies of Mo unga….nou wie kan nou eintlik rugby speel…kom ons kyk hoe die een kwota n rugby les geleer gaan word…ek meen altwee is dan tog kwotas ne gekies op meriete….

Henry ·

Ek het nooit geweet dat NZ ook ‘n kwotastelsel bedryf nie!

Frans C ·

Dit is moeilik as jy NZ toe vlieg om jou biologiese tydhorlosie aan te pas.Geen span wat soontoe gevlieg het kon al ‘n eindwedstryd daar wen.As jy nou mooi gekyk het,het die Bulls al sy oorwinnings in Suid Afrika behaal en die Chiefs met 61-17 platgevee in 2009.

Van al die Superrugby eindstryde nl 22 het die NZ spanne 15 (68%) gewen.Die Bulls 3 uit 22 (13%)Aussies 4 uit 22 (18%) en van dit alles het slegs die Crusaders ‘n eindstryd hier gewen.Dit vertel mos sy eie verhaal.

Lukie Carelsen ·

En Janjies? “…kom huis toe – Katryntjie wag op jou!”

Dis waar jy hoort Jantjies, by die huis en nie op die rugbyveld nie!

Lukie Carelsen ·

Frans, daar’s baie ander spelers wat beter is EN op vorm is.

Frans C ·

Daar mag wees maar nie by die Lions nie,as daar is noem hulle.

Lukie Carelsen ·

Ek kan jou 10 losskakels opnoem (in ander provinsies en oorsee) wat beter is as Jantjies. Hulle moes lankal reeds deur die Lions betrek gewees het. Jantjies is soos Henk hierbo tereg sê lankal “past his sell by date”.
Dis nou te laat. Hy gaan in die finaal vir die Lions speel en dis water onder die brug. Hopelik sal hy nooit weer ‘n bok trui aantrek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.