Wie gaan hulle aan sulke rugby steur, Saru?

André Swarts – 28 punte. (Foto: Griekwas)

Die SA Rugbyunie (Saru) sal diep en ernstig moet besin of dit die moeite werd is om met die Supersportreeks in sy huidige formaat voor te gaan.

Hoe lyk dié uitslae vir mededingendheid? Griekwas 80, Luiperds 14; Blou Bulle 73, Welwitschias 20; Westelike Provinsie 36, Grens 5; Vrystaat 56, Griffons 31; SWD 34,OP 20; Pumas 35, Goue Leeus 26.

Slegs twee van Saterdag se wedstryde het wenmarges van minder as 25 opgelewer. Verlede week was daar net een.

Hoeveel ondersteuners gaan hul tyd mors om dié reeks te ondersteun?

Niemand sal verbaas wees nie as die potensiële rugbykykers naweke ander vermaak soek. Rugby kan sukkel om hulle terug te lok.

Toe Grens die afgelope week die wedstryd teen die WP op sy Facebook-blad geadverteer het, was die eerste lesersreaksie: “Is daar ʼn kroeg?”

Dit lyk of die plasing intussen verwyder is, maar ʼn mens wil hoop dat die rugbybase deeglik daarvan kennis geneem het. Dis die skrif aan die muur.

ʼn Vraag wat al hoe dringender opduik, is hoeveel van die huidige bonde is nog dié status werd?

Terug by die naweek se wedstryde:

Griekwas se losskakel, André Swarts, het 28 punte met twee drieë en nege doelskoppe opgestapel.

Enver Brandt (linkervleuel) en AJ le Roux (haker) het elk drie drieë gedruk. Dit beteken Brandt het ses keer in twee wedstryde agter die doellyn gaan kuier. Verlede jaar se topdrieë-oes in die reeks was nege.

Nóg manne wat drie drieë elk gedruk het, was die Vrystaat se Tertius Kruger (senter), die Griffons se Anrich Alberts (haker) en die WP se Duncan Saal (vleuel).

Earll Douwrie – 23 punte. (Foto: The Bulls)

Earll Douwrie, die Blou Bulle se heelagter, het 23 punte met ʼn drie en nege doelskoppe behaal.

Ernst Stapelberg, die Vrystaatse losskakel het 15 punte (ʼn drie en vyf doelskoppe) behaal, voor hy beseer, en deur Ruben de Haas vervang is.

De Haas is die seun van Pieter de Haas en kleinseun van Gerard de Haas, albei gewese Curriebekerspelers van die Vrystaat, en hy het Amerika vanjaar reeds in drie toetse verteenwoordig.

Chris Smith, die Pumas se losskakel, het drie elk doelskoppe en strafdoele (15 punte) op die telbord geplaas.

Puntemakers –

OP 20 (8) – Drieë: Rowan Gouws, Allandré van Rooyen, Dewald Barnard. Doelskop: Henrique Olivier. Strafdoel: Henrique Olivier.

SWD 34 (14) – Drieë: Marlo Weich, Leighton Eksteen, Jacques Vermaak, Tyler Fisher (2). Doelskoppe: Leighton Eksteen, Divan Nel (2). Strafdoel: Divan Nel.

Griekwas 80 (42) – Drieë: AJ le Roux, Sias Koen (3), Conway Pretorius (2), André Swarts (2), Enver Brandt (3), Tythan Adams. Doelskoppe: André Swarts (9), Eric Zana.

Luiperds 14 (7) – Driee: HP Swart, Evardi Boshoff. Doelskoppe: DP de Lange, Schalk Hugo.

Goue Leeus 26 (12) – Drieë: Corné Fourie, Rhyno Herbst, Shaun Reynolds, Siyabonga Masuku. Doelskoppe: Shaun Reynolds (3).

Pumas 35 (17) – Drieë: De-Jay Terblanche, JP Lewis (2), Devon Williams. Doelskoppe: Chris Smit (3). Strafdoele: Chris Smit (3).

Griffons 31 (17) – Drieë: Anrich Alberts (3), Gabriël Engelbrecht (2). Doelskoppe: Jaun Kotzé (3).

Vrystaat 56 (21) – Drieë: Tertius Kruger (3), Jasper van der Westhuizen, Vuyani Maqina, Ali Mgijima, Gunter Janse van Vuuren, Ernst Stapeberg. Doelskoppe: Ernst Stapelberg (5), Ruben de Haas (3).

Grens 7 (7) – Drie: Strafdrie.

WP 36 (19) – Drieë: Duncan Saal (3), Joshua Stander, Moegamat Kannemayer, Johannes du Toit. Doelskoppe: Joshua Stander (3)

Blou Bulle 73 (0) – Drieë: Corniel Els, Ruben van Heerden, André Warner, Andell Loubser (2), JT Jackson (2), Duncan Matthews (2), Earll Douwrie, Jan-Henning Campher. Doelskoppe: Earll Douwrie (9).

Welwitschias 20 (13) – Drieë: AJ de Klerk, Adriaan Booysen. Doelskoppe: Eugene Jantjies, Pieter Steenkamp. Strafdoele: Pieter Steenkamp (2).

Opgesomde punteleer –

Noord

Pumas 9, Blou Bulle 5, Valke 5, Goue Leeus 1, Welwitschias 0.

Sentraal

Griekwas 10, Griffons 6, Vrystaat 5, Sharks 1, Luiperds 0.

Suid

WP 10, Boland 5, SWD 5, Grens 0, OP 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antie se Man ·

Ek verstaan nou nie. Jare terug het talle mense en skrywers asook die rugbyrade gekla oor rugby te min driee oplewer en die tellings so laag en naby mekaar was. Dit het hulle beweer gaan toeskouers weghou en rugby doodmaak. Nou na baie jare gaan die rugbyowerhede steeds voort om die reels so te verander dat daar meer driee gedruk word want dit sal klaarblyklik die toeskouers lok wat driee wil sien. En nou gebeur dit-byna elke wedstryd is ‘n drieefees-en nou kla die skrywer. Belaglik

N Lourens Reitz ·

Dit is nie waaroor die skrywer kla nie. Dit gaan hieroor die mededingendheid van die oponent

HENNIE NEUHOFF ·

Ek stem saam met N Lourens Reitz. Wat is die “kompitisie waarde” van hierdie wedstryde met punte verskille van 60+ ?. Ek sal geen moeite doen om na ‘n wedstryd te kyk waar ek vooraf weet die punteverskil gaan meer as 50 wees.

Wessie ·

Vir my is die vraag wat is die doelwit van die kompetisie? My versrandhouding daarvan is dat dit rugby in sy totaliteit moet bevorder….jong manne die kans gun om hulle talent te ontwikkel, kleiner Unies die geleentheid gee om meer wedstryde te kan speel ens. Ek sou graag wou sien dat die wedstryde in kleiner Unies/dorpe gespeel moet word juis weens die bogenoemde sienings. Daar is tenminste meer waardeering en ondersteuning vir die geleentheid wat die platform bied.

Lol ·

Grens het die jaar eers verlede week begin oefen na interne administrasie probleme en korrupsie. Arme spelers is amateurs. WP klop hul slegs met 31 punte? Ek sien probleme vir WP kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.