Wie gaan spelers betaal of in privatisering belê?

wp-rugby-logo-cropDie aansoek om voorlopige likwidasie van WP Rugby (Edms) Beperk het nie net tot onsekerheid oor Suid-Afrikaanse rugby se franchise’e gelei nie maar ook tot vrae oor die betaling van die spelers en die beoogde privatisering laat ontstaan.

Die aansoek was vir die meeste en getrouste rugby-ondersteuner ʼn skok, maar is nogtans nie ʼn groot verrassing nie. Die meeste ingeligtes in die rugbymilieu is nie te verras oor die nuwe verwikkelinge nie. Trouens, van die ander franchise’e is in naastenby dieselfde bootjie.

♦  Die eerste kwessie na die aankondiging Maandag deur die WPRVU se president Thelo Wakefield gaan oor die betaling van die Stormers se spelers.

Wakefield sê aan die een kant al die spelers, se kontrakte sal eerbiedig word en hulle sal betaal word. Hy sê nie waar die geld vandaan sal kom nie.

Die vraag is hoe dit gedoen gaan word. As die maatskappy WP Rugby (Edms) Beperk gelikwideer word, sal enige inkomste wat hulle toeval immers deel van die insolvente boedel word. Wakefield verwys na WP Rugby (Edms) as die sakebeen ‘wat alle professionele rugby hanteer’.

Dit is teenstrydig met sy stelling dat die WPRVU as die ‘bewaker’ van die WP en Stormers spelers optree. Is hulle deel van die sakebeen wat na professionele rugby omsien of nie?

En dan wil jy weet waarméé die spelers betaal gaan word. Dít sal sowat R100 miljoen oor die volgende jaar kos – en dit sluit nie die junior professionele kontrakte en die algemene administrasie van die WP Rugbyunie in nie. Hoe sal huidige en voornemende borge reageer?

♦  ʼn Belangrike tweede onsekerheid is hoe die insolvensie beoogde privatisering van Suid-Afrikaanse rugby sal raak. Voornemende aandeelhouers sal ongetwyfeld deur die  WP-maatskappy se insolvensie afgeskrik word om tot rugby toe te tree.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

BEN ·

Daar is twee sake wat die unies se sakke raak. Die een is geforseerde transformasie en die tweede is kaartjie pryse. As ek my gesin wil rugby toe vat op Saterdag gaan dit my in totaal in die omgewing van R700 kos. Sorry ek koop eerder vleis en kyk TV. Geen mens kan vir atmosfeer hierdie tipe geld betaal nie. Dis jammer maar is feite.

Nico K ·

Dis waar dat minder mense gaan rugby kyk, maar die unies kry nog baie geld met borge, advertensies en TV regte. Ek dink dit is net swak sake bestuur deur die mense aan beheer. En hulle betaal spelers meer as wat die unies kan bekostig. (Maar ek moet erken, as hulle dit nie doen nie gaan die spelers eenvoudig oorsee.)

callie ·

Enige besigheid word met n begroting bedryf. Alle inkomste, losie verkope, tv inkomste, borge, kaartjie verkope ens. beloop n bedrag. Die bestuur kan mos nie meer spelers teen groter bedrae kontrakteer en n bestuur teen lagwekkende vergoedings aanstel of klubs se gelde betaal en gmeer spandeer as wat die inkomste beloop nie.
As spelers loop oor geld kan dit nie gekeer word nie maar die mark gaan erens versadig word. Kwotas jaag buitendien baie spelers landuit, SA rugby is in die afgrond met die tipe afrigters en met die doel om 50% spelers van kleur in die volgende werelbeker te speel is dit dalk nou die tyd om vas te staan. Deel spelers in kategoriee met X aantal in n kategorie en X bedrag per kategorie. Alle spanne daaraan onderhewig. Spelers kan nou ook nie na ander unies oorloop vir geld nie. Die bestes gaan nou weer oorsee maar mag nie vir bokke gekies word. Bestuur word beperk tot X aantal per unie teen X vergoeding. Doen dit dan kan rugby in SA nou finaal sink of dalk opstaan. Tans sink rugby buitendien baie vinnig. Al hierdie moeilikheid het begin by kwotas wat rugby liefhebbers weghou van wedstryde want spanne verloor, kaartjies raak belaglik duur en Suid Afrikaners weet dit is nie die beste span wat speel nie.

Arie ·

Die ander gaan spoedig volg, dit is die gevolg van kwotas want twintig jaar na apartheid moet hulle steeds in gehelp word. So die mense raak minder em kaartjies al hoe duurder

Anoniem ·

Dit is vir my geensins ‘n verrassing nie. OP, WP, BOLAND en SWD rugby is deur ‘n sekere groepering “gekaap”. Ons weet almal wat in OP rugby gebeur het en nou volg die WP in hulle voetspore. Boland en SWD rugby is ook alreeds feitlik in sy maai, kyk maar net wie het almal hierdie unies die laaste tyd verlaat. Transformasie spanne vir wie wen nie saakmaak nie = lëe pawiljoene-borgskappe=BANKROTSKAP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.