Wie is die Bokke se beste senterpaar?

Damian de Allende – Rassie het ’n hoe dunk van hom. (Foto: Inus Grobler)

Die legkaart is voorlangs byna voltooi, maar agterlangs wag daar nog baie kopkrap op die Springbokafrigter, Rassie Erasmus.

Erasmus se hoofpyn is ’n paar stukkies wat steeds ontbreek: die onduidelikheid oor wie die Springbokke se beste senterpaar is en watter spelers vir Willie le Roux, Handré Pollard en Faf de Klerk kan instaan as hulle sou seerkry of nie beskikbaar is nie.

Dis hoekom Erasmus in die volgende paar toetse steeds proefnemings gaan doen in sy soektog om die beste span, en geskikte plaasvervangers, te vind.

Die Sharks se senterkombinasie van André Esterhuizen en Lukhanyo Am, wat Saterdag in Durban teen die Argentynse Poemas in die Rugbykampioenskap gespeel het, het nie heeltemal oortuig nie.

Tot dusver het Erasmus drie stelle kombinasies in sy vyf toetse gebruik en probeer hy steeds om op die regte knoppie te druk.

Am en Esterhuizen, Esterhuizen en Jesse Kriel (2 toetse) en Damian de Allende en Am (2 toetse) het tot dusver saam gespeel.

Erasmus het ’n baie hoë dunk van De Allende, wat binnekort weer ná sy beserings sal speel, maar hy het my al genoeg sooibrand gegee (dalk was dit omdat Allister Coetzee hom in ’n stormram verander het en sy vaardighede afgeskeep het). Wat seker is, is dat De Allende die voorkeurbinnesenter sal wees, met Kriel of Am straks aan sy buitekant.

Dit was jarelank een van Springbokrugby se groot bates, die samespel van Tjol Lategan en Ryk van Schoor, Danie Gerber en Willie du Plessis, Hennie le Roux en Japie Mulder, Jean de Villiers en Frans Steyn, en De Villiers en Jaques Fourie as senterpare.

Hulle het mekaar aangevul, rustigheid gebring, die beste uit die losskakel gehaal en baie kanse vir die agterste driehoek geskep.

Erasmus se ander knelpunte is wie is die adjudante vir Le Roux op heelagter (Warrick Gelant?), op losskakel vir Pollard (Elton Jantjies of Damian Willemse?) of vir De Klerk op skrumskakel (Embrose Papier, Ivan van Zyl of Ross Cronje?)

Dis stem ’n mens beslis nie tot rustigheid nie, veral nie as jy vanjaar nog teen die Al Blacks, Wallabies, Ierland, Engeland (met hul beste spelers weer beskikbaar) en Wallis moet speel nie.

Die Poemas sukkel met dieselfde probleem en het drie senters, die ervare Jeronimo de la Fuente, die sewesspeler Santiago Alvarez Fourcade en die 20-jarige Santiago Carreras by hul groep betrek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Rynhardt ·

Rassie Erasmus en Bokke gaan nie opgewasse teen All Blacks wees nie!Die All Blacks gaan hul n groot pakslae gee soos wat hul reeds met Australie gedoen het.Erasmus is in vir n groot skok!???

Bul ·

Die senterpaar Saterdag.was glad nie sleg nie. Esterhuizen is jonk en sterk en as hy hou by goeie vedediging kan hy soos Japie Mulder van ouds speel. Die Ellende moet asb weggehou word van ‘n Springbok trui ek dink meeste stutte het groter spoed van die merk af.

nico k ·

Ek was nooit ‘n groot ondersteuner van Esterhuizen nie, maar in toetsrugby het mens ‘n sterk binnesenter nodig. Hy is nie die tipe wat uitblink in hardloop rugby nie. Maar in toetsrugby gebeur dit min. En Rynhardt maak nou asof dit iets nuuts is dat ons nie opgewasse is teen die All Blacks nie. Ons verloor nog altyd 2 derdes van ons toetse teen hulle. Jy kan nie elke keer die afrigter uitgooi as ons teen die All Balcks verloor nie. Almal gaan tekere oor ons wen in 95. Van 92 tot 96 het ons 6 keer teen die All Blacks verloor en 2 gewen.

Genieve ·

Asb Rassie nie nou Damian nie die senterspaar was nie so sleg nie moenie as jy van iemand hou sommer nou dink dat hy die geskikte persoon nie nie.

lollie ·

De Allende en Kriel by verre. Ek dink nie ek het al ooit so ‘n stadige Bok-senterpaar soos laas Saterdag gesien nie. Bygesê, ek verkies ook ‘n ratse losskakel nie ‘n donkiekar soos Pollard nie.

Henry ·

Waarom Venter die afgelope spul jare oor die hoof gesien word, is duister.
Mynsinsiens is hy ‘n slim spelskepper en lynbreker wat nie sy gelyke op senter het nie.
En ek is vir seker nie ‘n Cheetah piet nie, maar waardeer ‘n begaafde bolspeler, vanwaar ookal…

Henk ·

Die Ellende is nie n senter se gat werd nie, wat nog te se n binne senter!! En dit het hy homself oor en oor bewys. Geen vermoee om reguit te maak nie, swak verdediging, geen vermoee om deur n gaping te gaan nie. n Absolute risiko

Veritas ·

Die laaste ordentlike binnesenter wat die Bokke gehad het, was Eben Olivier. Wie van die wat hom sien speel het, sal sy breekslae en kronkellopies ooit vergeet? Die opposisie het nooit geweet wat om van hom te verwag nie. Sy vinnige besluitneming het almal aan die raai gehou. Selfs sy spanmaats moes bontstaan.

Hennie ·

Die Springbokke se beste binne senter speel in Frankryk en dis nie Frans Steyn nie. Die Bokke en Bulle mis Jan Serfontein, hy het ook Jessie Kriel se spel gelig. Esterhuizen is ok maar die paloeka aan sy buitekant is in dieselfde klas as Gcobani Bobo, geen verbeelding nie.

Ben ·

Stem saam met Hennie – Beste Senter paar is Jan Serfontein en Jessie Kriel. Die Ellende is stadig en teen die All Blacks is sy verdeding nie goed genoeg nie. Ek sou nog steeds vir Pollard speel anderste vir Curwin Bosch. Die goot bekommernis is die heelagter. Saterdag was Willie ‘n losskakel? Die All Blacks gaan dit uitbuit. As Jan Serfontein nie beskikbaar is dan vir Esterhuizen. Rassie is in vir ‘n groot skok teen die All Blacks. Die eerste reel in Rugby – Verdedig jou doelyn. Laat hulle bloedsweet om punte aan te teken. Die Springbokke gee vir die All Blacks geskenke met die maklike driee wat hulle druk. Dit is nie Springbok Rugby nie!!! “Touches” ??

Niklaas ·

Die perfekte Bok senter is baie skaars. Kriel maak dom foute. Esterhuizen is sterk maar soms is sy verdediging vrot. Am is maar gemiddeld. Ek dink Rassie gaan stampkar De Allende weer inspan sodra het reg is. Waarom word daar nie gekyk na spelskeppers soos Lionel Cronje op senter nie ?

Boerseun ·

Die min hoeveelhede mense wat nog opdaag vir die kwota snert wys dat die spel in SA sy agterstewe begin sien.

Jan ·

Vanaf donkiekar na 2 betroubare stampkarre , met Willie wat as die spelbreker in die agterlyn inkom, oor die voordeel kom en sorg dat hy die die pass uitkry na n resieskar, wat hy wel goed kan doen, werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.