Wie is in die wedloop as Bokkaptein?

Siya Kolisi en Eben Etzebeth – albei die Bokke se leiers dalk nie teen Italië beskikbaar nie.

Wie gaan die Springbokke lei as Eben Etzebeth nie Saterdag in Padova teen Italië kan speel met die onderkaptein Siya Kolisi wat weens gesinsverpligtinge ook nie beskikbaar is nie?

Duane Vermeulen!

Etzebeth het Saterdagaand sy knie teen die Franse in Parys beseer. Hoewel die X-strale Sondag niks buitengewoons gewys het nie, sal daar eers later oor sy beskikbaarheid besluit kan word. Malcolm Marx (skouerbesering) se X-strale het ook nie probleme getoon nie, maar hy sal Maandagmiddag skanderings ondergaan.

♦  Dit wys jou net hoe vinnig dinge in rugby, en veral in Suid-Afrikaanse rugby, kan verander. Twee weke gelede was Vermeulen glad nie betrokke by die Springbokke nie en het hy saam met Toulon in Frankryk voorberei. Dit het gevolg nadat hy lank beseer was en nie deur Allister Coetzee oorweeg kon word vir die Rugbykampioenskap, en ook nie vir die jaareindtoertoer, nie.

Toe Pieter-Steph du Toit, wat flank teen Ierland gespeel het, harsingskudding opdoen en die vaskopstut Coenie Oosthuizen sy knieligament beseer, is ʼn SOS aan Vermeulen gestuur om Oosthuizen in die toergroep te vervang.

Hy het onmiddellik by die Bokke ingeval en dadelik leiding geneem. Hy het nog nie ʼn vertoning van toetsgehalte gelewer nie, maar sy kennis van die Franse en sy fisieke benadering het daartoe bygedra dat Francois Louw en Kolisi stewige vertonings  as flankpaar gelewer het.

Vermeulen was aan die begin van die jaar een van die voorkeurkandidate om as kaptein by Adriaan Strauss oor te neem, maar heeltemal tereg is Warren Whiteley aangestel, omdat hy in Suid-Afrika speel.

Whiteley se liesbesering, wat hom sedert die derde toets in Junie teen die Franse langs die kantlyn gehou het, was ʼn baie groot terugslag, want Etzebeth is nie die antwoord nie, ondanks sy vurige inklimspel.

Dis geen geheim nie dat Rassie Erasmus, wat as direkteur van afrigting die toutjies ná die toer sal trek, Vermeulen as sy kaptein wil hê.

Nou kan daardie wens bewaarheid word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

kenner ·

Die lostrio het egter baie beter as ‘n eenheid vertoon. Dit help om spelers soos Louw nie uit posisie te kies nie en Kolisi kon weer sy normale spel speel.

Willie ·

Die hele span het my beindruk nie… geen struktuur, of beheer! Ek is nou n jukskei ondersteuner van formaat!

Nico ·

Solank vermeulen betrokke is by bokke kan hulle maar elke wedstryd verloor!
Snaaks hoe almal Etzebeth opgehemel het en hom nou skielik afkraak.

Kobus ·

Vermeulen is n uit gemaak te saak.

kies jou beste speler of louw.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.